Skrifture
Idees vir die Gebruik van die Evangeliese Biblioteek App


“Idees vir die Gebruik van die Evangeliese Biblioteek App,” Skriftuurstudie Idees (2021)

“Idees vir die Gebruik van die Evangeliese Biblioteek App,” Skriftuurstudie Idees

Beeld
vrou en kind kyk na tablet

Idees vir die Gebruik van die Evangeliese Biblioteek App

Luister

Een van die beste maniere om die skrifture te bestudeer, is om na die opnames te luister. Jy kan dit tuis of byna oral doen. Jy kan ook teen veranderlike spoed en in verskillende tale luister.

Studeer volgens Onderwerp

Jy kan skrifture oor ʼn gegewe onderwerp vind deur die soekfunksie te gebruik en dan die relevante soekresultate na te gaan. Jy kan ook die Evangeliese Onderwerpe publikasie gebruik wat sleutelskrifte vir ʼn gegewe onderwerp voorsien.

Organiseer volgens Onderwerp

Jy kan die inhoud volgens onderwerpe organiseer deur “Etikette” en “Notaboeke” te gebruik. Hierdie onderwerpe kan nuttig wees wanneer jy ʼn praatjie of les voorberei.

Beklemtoon

Jy kan jou skrifture beklemtoon of merk deur ʼn gedeelte te selekteer en dan ʼn styl te kies. Die styl kan ʼn kombinasie van verskillende kleure en ʼn onderstreping of beklemtoning wees.

Skep Skakels

Jy kan skakels tussen skrifture, algemene konferensieboodskappe en ander inhoud skep. Dit kan jou help om te onthou en om vinnig by die verbindings te kom wat jy gemaak het.

Soek Definisies Op

Jy kan maklik die definisie van ʼn woord in die skrifture opsoek, deur dit te selekteer en op die “Definieer” knoppie te kliek.

Gebruik Boekmerke en Skerms

Jy kan vinnig weer terugkom om die inhoud te kies deur boekmerke te gebruik om met sekere plekke en skerms tred te hou. Deur boekmerke te gebruik, kan jy verskillende hoofstukke en ander inhoud gelyktydig oophou.

Stel ʼn Skedule Op

Jy kan ʼn studieplan opstel wat jou help om jou vordering met die bestudering van die skrifture te volg. Jy kan ook herinnerings stel om jou te help om jou studiedoelwitte te bereik. ʼn Skedule kan jou help om die Come, Follow Me skedule te volg of die Boek van Mormon persoonlik te lees.