Skrifture
Idees om Jou Gesinskriftuurstudie te Verbeter


“Idees om Jou Gesinskriftuurstudie te Verbeter,” Skriftuurstudie Idees (2021)

“Idees om Jou Gesinskriftuurstudie te Verbeter,” Skriftuurstudie Idees

Beeld
families bestudeer die skrifture

Idees om Jou Gesinskriftuurstudie te Verbeter

Gereelde gesinskriftuurstudie is ʼn kragtige manier om jou familie te help om die evangelie te leer. Hoeveel en hoe lank julle as ʼn familie lees is nie so belangrik as om vol te hou met jul pogings nie. Wanneer julle skriftuurstudie ʼn belangrike deel van julle gesinslewe maak, sal jy jou familielede help om nader aan Jesus Christus te kom en hulle getuienisse te bou op die fondasie van sy woord.

Oorweeg die volgende vrae:

  • Hoe kan jy familielede aanmoedig om die skrifture op hul eie te bestudeer?

  • Wat kan jy doen om familielede aan te moedig om te deel wat hulle leer?

  • Hoe kan jy die beginsels wat jy in die skrifture leer, beklemtoon in die alledaagse onderrig oomblikke?

Onthou dat die huis die ideale plek is om die evangelie te leer en te onderrig. Jy kan die evangelie tuis leer en onderrig op maniere wat nie by die Kerk in ʼn klas moontlik is nie. Wees kreatief as jy dink aan maniere om jou familie te help om uit die skrifture te leer. Oorweeg ʼn paar van die volgende idees om jou gesin se skriftuurstudie te verbeter.

Gebruik Musiek

Sing liedere wat die beginsels wat in die skrifture geleer word, versterk.

Beeld
man en meisie bestudeer die skrifture

Deel Betekenisvolle Skrifture

Gee familielede tyd om skrifgedeeltes te deel wat hulle tydens hul persoonlike studie betekenisvol gevind het.

Gebruik Jou Eie Woorde

Nooi familielede om in hul eie woorde saam te vat wat hulle leer uit die skrifture wat julle bestudeer.

Pas die Skrifture in Jou Lewe Toe

Nadat ʼn skrifgedeelte gelees is, vra familielede om maniere te deel hoe die gedeelte op hulle lewens van toepassing is.

Vra ʼn Vraag

Nooi familielede om ʼn vraag uit die evangelie te vra en spandeer dan tyd om verse op te soek wat kan help om die vraag te beantwoord.

Vertoon ʼn Skriftuur

Kies ʼn vers wat jy betekenisvol vind en vertoon dit waar familielede dit dikwels sal sien. Nooi familielede om beurte te neem om ʼn skriftuur te kies en te vertoon.

Maak ʼn Skriftuurlys

As ʼn gesin, kies verskeie verse wat julle graag gedurende die komende week wil bespreek.

Memoriseer Skrifgedeeltes

Kies ʼn skrifgedeelte wat betekenisvol is vir jou familie en nooi familielede om dit te memoriseer deur dit daagliks te herhaal of speel ʼn geheue speletjie.

Deel Voorwerplesse

Vind voorwerpe wat verband hou met die hoofstukke en verse wat julle as ʼn familie lees. Nooi familielede om te praat oor hoe elke voorwerp verband hou met die leringe in die skrifture.

Beeld
vrou wat kind onderrig

Kies ʼn Onderwerp

Laat familielede beurte neem om ʼn onderwerp te kies wat die gesin saam sal bestudeer. Gebruik die Topical Guide, die Bible Dictionary, of die Gids tot die Skrifture (scriptures.ChurchofJesusChrist.org) om skrifgedeeltes oor die onderwerp te vind.

Teken ʼn Prentjie

Lees ʼn paar verse as ʼn familie en laat dan tyd toe vir familielede om iets te teken wat verband hou met wat julle lees. Spandeer tyd om mekaar se tekeninge te bespreek.

Beeld ʼn Storie Uit

Nadat die storie gelees is, nooi familielede om dit uit te beeld. Praat daarna oor hoe die storie verband hou met dit wat julle individueel en as ʼn familie ervaar.

Ouderling David A. Bednar het geleer dat: “Elke familiegebed, elke episode van familie skriftuurstudie en elke tuisaand is ʼn kwashaal op die skilderdoek van ons siele. Nie net een gebeurtenis mag baie indrukwekkend of heuglik vertoon nie. Maar net soos die geel en goud en bruin verfhale mekaar komplementeer en ʼn indrukwekkende meesterstuk produseer, sal ons volharding in die skynbaar klein dingetjies tot betekenisvolle geestelike resultate lei” (“More Diligent and Concerned at Home,” Liahona, Nov. 2009, 19–20).