Skrifture
Waarom die Skrifture Bestudeer?


“Waarom die Skrifture Bestudeer?” Skriftuurstudie Idees (2021)

“Waarom die Skrifture Bestudeer?” Skriftuurstudie Idees

Beeld
Christ institutes the sacrament among the Nephites [Christus stel die nagmaal onder die Nefiete in], deur Andrew Bosley

Waarom die Skrifture Bestudeer?

Wanneer ons die skrifture ywerig bestudeer, kom ons nader aan Jesus Christus en leer ons om sy evangelie en soenoffer beter te verstaan. Die profeet Nefi het ons op hierdie manier aangemoedig:

“Daarom, julle moet vorentoe beur met ʼn standvastigheid in Christus, met ʼn volmaakte helderheid van hoop, en ʼn liefde van God en van alle mense. Daarom, as julle vorentoe sal beur, verlustig julle in die woord van Christus, en volhard tot die einde, kyk, so sê die Vader: Julle sal die ewige lewe hê” (2 Nefi 31:20).

Beeld
familie wat die skrifture lees

Die leringe uit die skrifture sal ons help om na ons Hemelse Vader terug te keer. Ons profete van die laaste dae het ons gevra om dit gereeld as individue, en waar van toepassing, as gesinne te bestudeer. Hulle het ons genooi om te leer uit die ervarings van diegene in die skrifture en om die skrifverslae en leringe op ons lewens toe te pas, soos Nefi raad gee in 1 Nefi 19:23. Beide antieke en moderne profete het ons genooi om die skrifture te bestudeer en ons te “verlustig [julle] in die woorde van Christus” (2 Nefi 32:3).

Beeld
man wat die skrifture lees

President Russell M. Nelson het ook hierdie belangrike waarheid geleer oor “verlustig” in die skrifture:

“Om te verlustig beteken meer as om net te proe. Om te verlustig beteken dit word geniet. Ons geniet die skrifture deur dit te bestudeer in ʼn gees van genotvolle ontdekking en getroue gehoorsaamheid. Wanneer ons ons verlustig in die woorde van Christus, is dit gegraveer ‘op die vleestafels van die hart’ [2 Korinthiërs 3:3]. Dit word ʼn integrale deel van ons aard” (“Living by Scriptural Guidance,” Ensign, Nov. 2000, 17).

As ons volhard om aan persoonlike en gesinskriftuurstudie deel te neem, kan ons en ons families gelei, beskerm en versterk word teen die vele uitdagings van ons dag.