Studiehulp
JSV, Matthéüs 6


JSV, Matthéüs 6:14. Vergelyk Matthéüs 6:13; soortgelyke veranderings is in Lukas 11:4 aangebring

Die Here lei ons nie in versoeking nie.

14 En laat nie toe dat ons in versoeking gelei word nie, maar verlos ons van die bose.

JSV, Matthéüs 6:22. Vergelyk Matthéüs 6:22

Indien ons oë enkel gerig is op die heerlikheid van God, sal ons hele liggaam met lig gevul wees.

22 Die lig van die liggaam is die oog; indien jou oog daarom enkel gerig is op die heerlikheid van God, sal jou hele liggaam met lig gevul word.

JSV, Matthéüs 6:25–27. Vergelyk Matthéüs 6:25; 10:10

Jesus waarsku sy dissipels van die moeisaamheid van hulle werk maar beloof dat Hy die weg sal berei en dat Hemelse Vader vir hulle sal voorsien.

25 En verder, Ek sê vir julle, Gaan julle die wêreld in, en bekommer julle nie oor die wêreld nie; want die wêreld sal julle haat, en sal julle vervolg, en sal julle wegjaag uit hulle sinagoges.

26 Nietemin, julle sal uitgaan van huis tot huis, en die volk leer; en Ek sal voor julle uitgaan.

27 En julle hemelse Vader sal vir julle voorsien, watter dinge julle ook al nodig sal hê vir voedsel, wat julle sal eet; en vir kleding, wat julle sal dra of aantrek.

JSV, Matthéüs 6:38. Vergelyk Matthéüs 6:33

Ons moet eers poog om die koninkryk van God op te bou.

38 Daarom, soek nie die dinge van die wêreld nie, maar soek julle eers om die koninkryk van God op te bou en om sy geregtigheid te vestig, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.