Skrifture
Mosia 8


Hoofstuk 8

Ammon leer die volk van Limhi—Hy hoor van die vier en twintig Jereditiese plate—Antieke kronieke kan vertaal word deur sieners—Geen gawe is groter as sienerskap nie. Ongeveer 121 v.C.

1 En dit het gebeur dat nadat koning Limhi ’n einde gemaak het om te spreek met sy volk, want hy het baie dinge gespreek met hulle en slegs ’n paar daarvan het ek geskrywe in hierdie boek, het hy sy volk al die dinge vertel aangaande hulle broers wat in die land Zarahemla was.

2 En hy het Ammon gevra om op te staan voor die skare, en hulle alles te vertel wat met hulle broers gebeur het, vanaf die tyd dat Zenif opgegaan het uit die land, en wel tot die tyd dat hyself opgekom het uit die land.

3 En hy het ook aan hulle die laaste woorde oorvertel wat koning Benjamin hulle geleer het, en hulle verduidelik aan die volk van koning Limhi, sodat hulle al die woorde kon verstaan wat hy gespreek het.

4 En dit het gebeur dat nadat hy dit alles gedoen het, het koning Limhi die skare weggestuur en beveel dat hulle elkeen na sy eie huis moes terugkeer.

5 En dit het gebeur dat hy opdrag gegee het dat die plate wat die akroniek bevat het van sy volk vanaf die tyd dat hulle die land Zarahemla verlaat het, voor Ammon gebring moes word, sodat hy hulle mag lees.

6 Nou, nadat Ammon die kroniek gelees het, het die koning hom gevra of hy tale kon vertolk, en Ammon het aan hom gesê dat hy nie kon nie.

7 En die koning het aan hom gesê: Omdat ek bedroef was oor die verdrukkinge van my volk, het ek drie en veertig manne van my volk ’n reis laat onderneem, die wildernis in, sodat hulle daardeur die land Zarahemla mag vind, sodat ons ’n beroep op ons broers kon doen om ons te verlos uit slawerny.

8 En hulle was verdwaal in die wildernis vir ’n tydperk van baie dae, tog was hulle ywerig, en het nie die land Zarahemla gevind nie, maar het teruggekeer na hierdie land, nadat hulle gereis het in ’n land tussen baie waters, en ’n land ontdek het wat besaai was met die beendere van mense, en van diere, en ook bedek was met ruïnes van geboue van allerlei soorte, en het ’n land ontdek wat bewoon was deur ’n volk wat so talryk was soos die leërskare van Israel.

9 En as ’n getuienis dat die dinge wat hulle gesê het waar is, het hulle avier en twintig plate gebring wat gevul is met graveerwerk, en hulle is van suiwer goud.

10 En kyk, ook, hulle het aborsplate gebring, wat groot is, en hulle is van bbrons en van koper, en is volkome sterk.

11 En verder, hulle het swaarde gebring, die hewwe daarvan het verweer, en die lemme daarvan was deur roes gevreet; en daar is niemand in die land wat in staat is om die taal te vertolk of die graverings wat op die plate is nie. Daarom het ek aan jou gesê: Kan jy vertaal?

12 En ek sê weer aan jou: Weet jy van enigeen wat kan vertaal? Want ek is begerig dat hierdie kronieke in ons taal vertaal moet word; want miskien sal hulle ons ’n kennis gee van ’n oorblyfsel van die volk wat vernietig is, van waar hierdie kronieke gekom het; of miskien sal hulle vir ons ’n kennis gee van hierdie selfde volk wat vernietig is; en ek is begerig om die oorsaak te weet van hulle vernietiging.

13 Nou het Ammon aan hom gesê: Ek kan u vir seker vertel, o koning, van ’n man wat die kronieke kan avertaal; want hy besit iets waarmee hy kan kyk, en alle ou kronieke vertaal; en dit is ’n gawe van God. En die dinge word bvertolkers genoem, en geen mens kan in hulle kyk nie tensy hy beveel word, uit vrees dat hy daarin soek vir dit wat hom nie toekom nie en sou vergaan. En wie ook al beveel word om daarin te kyk, dié word ’n csiener genoem.

14 En kyk, die koning van die volk wat in die land Zarahemla is, is die man wat beveel is om hierdie dinge te doen, en wat hierdie verhewe gawe van God het.

15 En die koning het gesê dat ’n siener groter is as ’n profeet.

16 En Ammon het gesê dat ’n siener ’n openbaarder is en ook ’n profeet; en ’n gawe wat groter is, kan geen mens hê nie, tensy hy die krag van God sou besit, wat geen mens kan nie; tog mag ’n mens groot krag hê, wat aan hom gegee is deur God.

17 Maar ’n siener kan weet van dinge wat verby is, en ook van dinge wat moet kom, en deur hulle sal alle dinge geopenbaar word, of eerder, sal geheime dinge bekendgemaak word, en verborge dinge sal aan die lig kom, en dinge wat nie bekend is nie, sal bekendgemaak word deur hulle, en ook sal dinge bekendgemaak word deur hulle wat andersins nie bekend kan wees nie.

18 Dus het God ’n wyse voorsien dat die mens, deur geloof, magtige wonderwerke mag verrig; daarom word hy ’n groot voordeel vir sy medemens.

19 En nou, toe Ammon ’n einde gemaak het om hierdie woorde te spreek, het die koning hom uitermate verbly, en God gedank en gesê: Ongetwyfeld is daar ’n agroot verborgenheid in hierdie plate opgesluit, en hierdie vertolkers is ongetwyfeld berei vir die doel om al sulke verborgenhede te ontvou aan die kinders van mense.

20 O, hoe wonderbaarlik is die werke van die Here, en hoe lankmoedig is Hy met sy volk; ja, en hoe blind en ondeurdringbaar is die begrippe van die kinders van mense; want hulle wil nie na wysheid soek nie, nóg begeer hulle dat asy oor hulle moet regeer!

21 Ja, hulle is soos ’n wilde trop wat wegvlug van die skaapherder, en verstrooi raak, en verjaag word, en opgevreet word deur die wilde diere van die woud.