Skrifture
Mosia 12


Hoofstuk 12

Abinadi word in die gevangenis gewerp omdat hy geprofeteer het oor die vernietiging van die volk en oor die dood van koning Noag—Die valse priesters haal die skrifte aan en maak of hulle die wet van Moses onderhou—Abinadi begin om vir hulle die tien gebooie te leer. Ongeveer 148 v.C.

1 En dit het gebeur dat na ’n tydperk van twee jaar het Abinadi vermom onder hulle ingekom, sodat hulle hom nie geken het nie, en het begin om te profeteer onder hulle, en gesê: So het die Here my gebied, en gesê—Abinadi, gaan en profeteer tot hierdie volk van My, want hulle het hulle harte verhard teen my woorde; hulle het nie bekeer van hul bose dade nie; daarom, Ek sal hulle besoek in my toorn, ja, in my brandende toorn sal Ek hulle abesoek in hulle ongeregtighede en gruwels.

2 Ja, wee hierdie geslag! En die Here het aan my gesê: Strek jou hand uit en profeteer, en sê: So sê die Here, dit sal gebeur dat hierdie geslag vanweë hulle ongeregtighede in aslawerny gebring sal word, en op die bwang geslaan sal word; ja, en gedrywe sal word deur mense en doodgemaak sal word; en die aasvoëls van die lug, en die honde, ja, en die wilde diere, sal hulle vlees verslind.

3 En dit sal gebeur dat die alewe van koning Noag soveel waarde sal hê soos ’n kledingstuk in ’n gloeiende boond; want hy sal weet dat Ek die Here is.

4 En dit sal gebeur dat Ek hierdie volk van my sal tref met sware verdrukkinge, ja, met hongersnood en apestilensie; en Ek sal veroorsaak dat hulle die hele dag lank sal bkerm.

5 Ja, en Ek sal gebied dat hulle alaste sal hê wat op hul rûe vasgebind is, en hulle sal vooruitgedrywe word soos ’n stomme esel.

6 En dit sal gebeur dat Ek hael onder hulle sal stuur, en dit sal hulle tref; en hulle sal ook getref word deur die aoostewind; en binsekte sal ook hulle lande verpes, en hulle graan opvreet.

7 En hulle sal getref word deur ’n groot pestilensie—en dit alles sal Ek doen vanweë hulle aongeregtighede en gruwels.

8 En dit sal gebeur dat tensy hulle bekeer, sal Ek hulle heeltemal avernietig vanaf die aangesig van die aarde; tog sal hulle ’n bkroniek nalaat, en Ek sal dit bewaar vir ander nasies wat die land sal besit; ja, en selfs sal Ek dit doen sodat Ek die gruwels van hierdie volk mag openbaar aan ander nasies. En baie dinge het Abinadi geprofeteer teen hierdie volk.

9 En dit het gebeur dat hulle toornig was op hom; en hulle het hom geneem en hom gebind voor die koning gebring, en aan die koning gesê: Kyk, ons het ’n man voor u gebring wat kwaad geprofeteer het aangaande u volk, en gesê het dat God hulle sal vernietig.

10 En hy het ook kwaad geprofeteer aangaande u lewe, en het gesê dat u lewe soos ’n kledingstuk sal wees in ’n oond van vuur.

11 En verder, hy sê dat u sal wees soos ’n stoppel, naamlik soos ’n droë stoppel van die veld, waaroor die diere loop en vertrap met hulle pote.

12 En verder, hy sê dat u sal wees soos die bloeisels van ’n dissel, wat, wanneer dit heeltemal ryp is, as die wind waai, word dit voortgedrywe oor die aangesig van die land. En hy gee voor dat die Here dit gespreek het. En hy sê dit alles sal oor u kom tensy u bekeer, en dit vanweë u ongeregtigheid.

13 En nou, o koning, watter groot kwaad het u gedoen, of watter groot sondes het u volk gepleeg, dat ons deur God veroordeel moet word, of geoordeel moet word deur hierdie man?

14 En nou, o koning, kyk, ons is onskuldig, en u, o koning, het nie gesondig nie; daarom, hierdie man het gelieg aangaande u, en hy het tevergeefs geprofeteer.

15 En kyk, ons is sterk, ons sal nie in slawerny kom nie, of gevange geneem word deur ons vyande nie; ja, en u was voorspoedig gewees in die land, en u sal ook voorspoedig wees.

16 Kyk, hier is die man, ons lewer hom oor in u hande; u kan met hom doen soos u goeddink.

17 En dit het gebeur dat koning Noag beveel het dat Abinadi in die gevangenis gewerp moes word; en hy het beveel dat die apriesters hulle moes bymekaarmaak, sodat hy met hulle mag raad hou wat hy met hom sou doen.

18 En dit het gebeur dat hulle aan die koning gesê het: Bring hom hierheen sodat ons hom kan uitvra; en die koning het beveel dat hy voor hulle gebring moes word.

19 En hulle het begin om hom uit te vra, sodat hulle hom kon verstrik, sodat hulle daardeur iets mag hê waarmee hulle hom kon aankla; maar hy het hulle moedig geantwoord en al hulle vrae weerstaan, ja, tot hulle verbasing; want hy het hulle aweerstaan in al hulle vrae, en het hulle beskaam in al hulle woorde.

20 En dit het gebeur dat een van hulle aan hom gesê het: Wat beteken die woorde wat geskrywe is, en wat geleer is deur ons vaders, wat sê:

21 aHoe lieflik op die berge is die voete van hom wat blye tydings bring; wat vrede verkondig, wat blye tydings van die goeie bring; wat heil verkondig; wat aan Sion sê, Jou God heers;

22 Julle wagte sal die stem verhef; met die stemme tesame sal hulle sing; want hulle sal van oog tot oog sien wanneer die Here Sion weer sal bring;

23 Breek uit in gejubel, sing saam julle verwoeste plekke van Jerusalem; want die Here het sy volk vertroos, Hy het Jerusalem verlos;

24 Die Here het sy heilige aarm ontbloot voor die oë van al die nasies, en al die eindes van die aarde sal die heil van onse God sien?

25 En nou het Abinadi aan hulle gesê: Is julle apriesters, en gee voor om hierdie volk te leer, en om die gees van profesie te verstaan, en tog begeer om van my te weet wat hierdie dinge beteken?

26 Ek sê vir julle, wee julle omdat julle die weë van die Here verdraai! Want as julle hierdie dinge verstaan, het julle hulle nie onderrig nie; daarom, julle het die weë van die Here verdraai.

27 Julle het nie julle harte daarop gestel om te averstaan nie; daarom, julle was nie wys nie. Daarom, wat leer julle hierdie volk?

28 En hulle het gesê: Ons leer die wet van Moses.

29 En verder het hy aan hulle gesê: As julle die awet van Moses leer, hoekom onderhou julle dit nie? Hoekom rig julle jul harte op rykdom? Hoekom pleeg julle bhoererye en spandeer julle krag met hoere; ja, en veroorsaak dat hierdie volk sondig, sodat die Here rede het om my te stuur om te profeteer teen hierdie volk, ja, naamlik ’n groot kwaad teen hierdie volk?

30 Weet julle nie dat ek die waarheid spreek nie? Ja, julle weet dat ek die waarheid spreek; en julle behoort te bewe voor God.

31 En dit sal gebeur dat julle geslaan sal word oor julle ongeregtighede, want julle het gesê dat julle die wet van Moses leer. En wat weet julle aangaande die wet van Moses? aKom heil deur die wet van Moses? Wat sê julle?

32 En hulle het geantwoord en gesê dat heil wel deur die wet van Moses kom.

33 Maar nou het Abinadi aan hulle gesê: Ek weet dat as julle die gebooie van God onderhou, julle gered sal word; ja, as julle die gebooie onderhou wat die Here aan Moses oorhandig het op die berg aSinai, wat sê:

34 aEk is die Here jou God, wat jou buitgebring het uit die land Egipte, uit die huis van slawerny.

35 Jy sal geen aander God voor my hê nie.

36 Jy sal vir jou geen gesnede beeld maak, of enige gelykenis van enigiets in die hemel daarbo, of dinge wat onder op die aarde is nie.

37 Nou het Abinadi aan hulle gesê, Het julle dit alles gedoen? Ek sê vir julle, Nee, julle het nie. En het julle hierdie volk ageleer dat hulle al hierdie dinge moes doen? Ek sê vir julle, Nee, julle het nie.