Handleidings en Roepings
15. Seminaries en Godsdiensinstitute


“15. Seminaries en Godsdiensinstitute,” Seleksies uit die Algemene Handleiding (2023).

“15. Seminaries en Godsdiensinstitute,” Seleksies uit die Algemene Handleiding

jong dame steek haar hand op in klas

15.

Seminaries en Godsdiensinstitute

15.0

Inleiding

Seminaries en Godsdiensinstitute (S&I) help ouers en Kerkleiers om die jeug en jong volwassenes te help om hul geloof in Jesus Christus en sy herstelde evangelie te verhoog.

ʼn S&I-verteenwoordiger word aan elke pen toegewys om leiers te help om S&I-programme te administreer.

15.1

Seminarie

Seminarie is ʼn vierjaarprogram waarin die jeug die evangelie van Jesus Christus bestudeer soos gevind in die skrifture en die leringe van profete van die laaste dae. Seminarie studente is oor die algemeen 14–18 jaar oud.

Die bisdom, jeugleiers en kworum- en klaspresidensies moedig elke jeugdige aan om ten volle aan seminarie deel te neem.

15.1.1

Onderwysers

Seminarie onderwysers moet Kerklede wees wat geloof het in die Here Jesus Christus en ʼn getuienis van sy herstelde evangelie. Hulle moet die beginsels wat hulle onderrig, uitleef en goed met die jeug werk. Indien moontlik, moet onderwysers ʼn geldige tempelaanbeveling hê.

ʼn Lid van die penpresidensie of ʼn toegewysde hoëraadslid roep, sonder af en onthef seminarie onderwysers en pentoesighouers.

Om onderwysers en studente te beskerm, moet twee volwassenes teenwoordig wees in die gebou of huis waar ʼn seminarieklas aangebied word.

15.1.2

Seminarie Opsies

Seminarie is van meer waarde wanneer studente elke weeksdag met ʼn onderwyser kan vergader. Dit mag egter nie moontlik wees nie as gevolg van veiligheidskwessies, reisafstand en ander faktore.

Kerkleiers beraadslaag met hulle S&I-verteenwoordiger om te besluit watter opsie sal:

  • Studente die beste help om die evangelie te leer en geestelik te groei.

  • Studente veilig hou.

  • Gesinne nie onnodig belas nie.

Klasse moet nie op Sondae gehou word nie.

15.1.3

Geboue, Toerusting en Voorrade

Pen- en wyksleiers verseker dat plekke soos byeenkomplekke of huise van lede beskikbaar is vir seminarieklasse.

Die S&I-verteenwoordiger verskaf voorraad vir onderwysers en studente vir elke klas. Studente moet hulle eie skrifture, gedruk of digitaal, saambring.

15.1.5

Krediet en Graduering

Seminariestudente kan meer effektief leer en hul bekering verdiep as hulle gereeld klas bywoon, deelneem en die skrifture buite die klas bestudeer. Wanneer hulle hierdie dinge doen, verdien hulle ook elke jaar seminarie krediet en kan hulle van seminarie gradueer.

Om van seminarie te gradueer, moet ʼn student vier jaar se krediet verdien en kerklike goedkeuring van ʼn lid van die bisdom ontvang.

15.2

Instituut

Instituut bied weeksdag evangeliestudieklasse aan wat geloof en getuienis in Jesus Christus en sy herstelde evangelie versterk. Alle jong enkelvolwassenes tussen 18 en 30 jaar moet aangemoedig word om instituutklasse by te woon, of hulle tersiêre instellings bywoon of nie.

15.3

Kerkskole en Kerk-onderwysstelsel

Vir inligting oor Kerk primêre en sekondêre skole, BYU–Pathway Worldwide [BYU–Pathway Wêreldwyd], en tersiêre instellings, sien CES.ChurchofJesusChrist.org. Inligting oor die voltooiing van kerklike goedkeuring vir studente om hierdie skole by te woon, word ook daar verskaf.

Bykomend kan inligting oor kerklike klarings vir indiensneming deur die CES Ecclesiastical Clearance Office gevind word by help.ChurchofJesusChrist.org.