Liahona
Glo in Christus Voordat Hy Weer Kom
April 2024


“Glo in Christus Voordat Hy Weer Kom,” Vir die Krag van die Jeug, Apr. 2024.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, April 2024

Jarom

Glo in Christus Voordat Hy Weer Kom

Die Nefiete het geloof gehad voordat die Saligmaker gekom het, en ons kan geloof hê voordat Hy weer kom.

Beeld
Jesus Christus besoek die Nefiete

Het jy al ooit gedink hoe dit sou wees om in die Saligmaker te glo voordat Hy aarde toe gekom het? Die antieke Nefiete moes presies dít doen—“sien uit na die Messias, en … glo in Hom wat moet kom asof Hy alreeds was” (Jarom 1:11).

Ons het deesdae skriftuurlike en historiese verslae wat getuig dat Jesus Christus geleef, gesterf en opgestaan het. Ons glo in ʼn Saligmaker wat alreeds gekom het. Maar ons glo ook in ʼn Saligmaker wat weer sal kom.

Voordat Jesus Christus Gekom Het, het die Nefiete Geloof Gehad Om:

Beeld
Koning Benjamin en sy vrou bid

Vir hulle sondes vergewe te word.

“Wie ook al … sal glo dat Christus moet kom, vergifnis mag ontvang van hulle sonde en jubel met uitermate blydskap, asof Hy alreeds onder hulle gekom het” (Mosia 3:13; beklemtoning bygevoeg).

Beeld
Enos

Vergewe hulleself.

“En daar het ʼn stem na my gekom, wat sê: Enos, jou sondes is jou vergewe. … Daarom, my skuld is weggevee. En ek het gesê: Here, hoe word dit gedoen? En Hy het aan my gesê: Vanweë jou geloof in Christus, wie jy nooit tevore gehoor of gesien het nie. En baie jare gaan verby voordat Hy Hom sal openbaar in die vlees; daarom … jou geloof het jou gereinig” (Enos 1:5–8; beklemtoning bygevoeg).

Beeld
Jakob preek

Doen wonderwerke.

“Ons [het] geweet het van Christus, en ons het ʼn hoop gehad van sy heerlikheid baie honderde jare voor sy koms. … In soverre dat ons waarlik kan beveel in die Naam van Jesus en selfs die bome gehoorsaam ons, of die berge, of die golwe van die see” (Jakob 4:4, 6; beklemtoning bygevoeg).

Beeld
Moroni skryf op plate

Ontvang openbaring.

“Daar was baie wie se geloof só uitermate sterk was, selfs voordat Christus gekom het, wat nie teruggehou kon word van binne die sluier nie, maar werklik met hulle eie oë die dinge gesien het” (Ether 12:19; beklemtoning bygevoeg).

Voordat Jesus Christus Weer Kom, Kan Ons Geloof Hê Om:

Vergewe te word, onsself te vergewe, wonderwerke te doen en openbaring te ontvang (soos die Nefiete).

Beeld
jong man wat in die kerk sing

Onsself voorberei vir sy koms.

Wanneer ons daarna streef om ons verbonde te onderhou, berei ons voor om in die selestiale koninkryk te leef. “Want kyk, hierdie lewe is die tyd vir mense om voor te berei om God te ontmoet; ja kyk, die dag van hierdie lewe is die dag vir mense om hulle arbeid te verrig” (Alma 34:32).

Beeld
jeug voor die tempel

Berei die wêreld voor vir sy koms.

Ons is deur President Russell M. Nelson genooi om deel te wees van “die grootste werk op aarde”—die versameling van Israel. “Ons Hemelse Vader het baie van sy edelste geeste—miskien, sou ek sê, sy beste span—vir hierdie laaste fase teruggehou. Daardie edele geeste—daardie beste spelers, daardie helde—is julle!”1

Beeld
jongdames omhels mekaar

Wees hoopvol gedurende moeilike tye.

Wanneer die Saligmaker weer kom, sal die regverdiges in vrede lewe. Die Saligmaker sal heers, en onregverdighede sal reggemaak word. “Want die Here sal in hulle midde wees, en sy heerlikheid sal oor hulle wees, en Hy sal hulle koning wees en hul wetgewer” (Leer en Verbonde 45:59).

Beeld
jong dame

Vertrou op die Opstanding.

Die hele mensdom sal opgewek word. Ons sal volmaakte, onsterflike liggame hê. Ons kan weer geliefdes sien wat oorlede is. “Die gees en die liggaam sal weer herenig word in sy volmaakte vorm; beide ledemate en gewrig sal tot hulle natuurlike gestalte herstel word, net soos ons nou is op hierdie tydstip” (Alma 11:43).

Beeld
Jesus Christus verskyn aan die Nefiete

Die antieke Nefiete het in die Saligmaker geglo voordat Hy gekom het. Ons kan geloof hê dat die Saligmaker weer sal kom—wanneer “[ons] [Hom] sal sien in die wolke van die hemel, beklee met krag en groot heerlikheid” (Leer 45:44; sien ook Handelinge 1:11). Hoe verander die wete dat Hy weer sal kom, wat jy vandag gaan doen?

Nota

  1. Russell M. Nelson, “Hope of Israel” (wêreldwye gewyde diens vir jeug, 3 Junie 2018), Evangeliese Biblioteek.