Liahona
Jakob en Nefi het Jesus Gesien
Maart 2024


“Jakob en Nefi het Jesus Gesien,” Vriend, Maart 2024, 26–27.

Maandelikse Vriend-boodskap, Maart 2024

Jakob en Nefi het Jesus Gesien

Beeld
alt text

Illustrasies deur Andrew Bosley

Jakob was Nefi se jonger broer. Hy is gebore nadat hulle familie Jerusalem verlaat het. Jakob het as kind na die beloofde land gekom.

Beeld
alt text

Jakob en Nefi het albei vir Jesus Christus gesien. Hulle het hul getuienisse met hulle families gedeel om hulle te help om van Jesus te leer.

Beeld
alt text

Hulle het ook die woorde van die profeet Jesaja gedeel. Jesaja het Jesus ook gesien en in die skrifture oor Hom geskryf. Jakob en Nefi het Jesaja se woorde uit die skrifture gebruik om hulle families van Jesus te leer.

Beeld
alt text

Hulle het geleer dat Jesus aarde toe sou kom. Hy sou sterf en weer lewe. Hulle het hul getuienis van Jesus Christus gedeel sodat hulle families sou uitsien na sy koms.

Inkleurbladsy

Jesus is Ons Saligmaker

Beeld
alt text hier

Illustrasie deur Adam Koford

Wanneer voel jy Jesus se liefde?