Studiehulp
JSV, Hebreërs 6


JSV, Hebreërs 6:1–10. Vergelyk Hebreërs 6:1–10

Die beginsels van Christus se leerstelling lei na volmaaktheid.

1 Daarom, sonder om die beginsels van die leer van Christus agter te laat, laat ons aangaan tot volmaaktheid; en laat ons nie opnuut die fondasie van bekering van dooie werke lê nie, en van geloof in God.

2 Van die leerstellings van dope, van die oplegging van hande, en van die opstanding van die dode, en van die ewige oordeel.

3 En ons sal aangaan tot volmaaktheid indien God dit toelaat.

4 Want Hy het dit onmoontlik gemaak vir diegene wat eens verlig was, en gesmaak het van die hemelse gawe, en deelgenote gemaak is van die Heilige Gees,

5 En het die goeie woord van God gesmaak, en die magte van die wêreld wat kom,

6 Indien hulle sal wegval, om weer hernu te word tot bekering; in soverre hulle die Seun van God opnuut tot hulself gekruisig het en Hom openlik beskaam het.

7 Want die dag kom waarin die aarde wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en kruie voortbring wat nuttig is vir hulle wat daarop woon, deur wie dit versorg word, wat nou seëninge van God ontvang, sal deur vuur gereining word.

8 Want dit wat dorings en distels dra word verwerp, en is na aan vervloeking; daarom, hulle wat nie goeie vrugte voortbring nie, sal in die vuur gewerp word; want hulle einde is om verbrand te word.

9 Maar geliefdes, ons is oortuig van beter dinge aangaande julle, en dinge wat met heil gepaardgaan, al spreek ons so.

10 Want God is nie onregverdig nie, daarom sal Hy nie julle werk en arbeid van liefde vergeet nie, wat julle getoon het jeens sy Naam nie, omdat julle die heiliges gedien het, en steeds dien.