Studiehulp
Tabel


Gebeurtenisse in die dae van die vroeë patriarge. (Omdat dit moeilik is om presiese datums vas te stel vir die gebeurtenisse in hierdie afdeling, word datums nie gegee nie.)

v.C. (of V.A.T.—Voor Algemene Tydperk)

4000

Val van Adam.

Bediening van Henog.

Bediening van Noag; die aarde was oorstroom.

Die Toring van Babel is gebou; die Jerediete het na die Beloofde Land gereis.

Bediening van Melgisédek.

Noag het gesterf.

Abram (Abraham) is gebore.

Isak is gebore.

Jakob is gebore.

Josef is gebore.

Josef is na Egipte verkoop.

Josef het voor Farao verskyn.

Jakob (Israel) en sy gesin het afgegaan na Egipte.

Jakob (Israel) het gesterf.

Josef het gesterf.

Moses is gebore.

Moses het die kinders van Israel uit Egipte gelei (die Exodus).

Moses is getransformeer.

Josua het gesterf.

Nadat Josua gesterf het, het die tydperk van die rigters begin, met Otniël as die eerste rigter en Samuel die laaste; die orde en datums van die res is baie onseker.

Saul is as koning gesalf.

Gebeurtenisse in die Verenigde Koninkryk van Israel

1095

Begin van Saul se heerskappy.

1063

Dawid as koning gesalf deur Samuel.

1055

Dawid het koning geword in Hebron.

1047

Dawid het koning geword in Jerusalem; Natan en Gad het geprofeteer.

1015

Salomo het koning geword van die hele Israel.

991

Die tempel is voltooi.

975

Salomo het gesterf; die tien noordelike stamme het in opstand gekom teen Rehábeam, sy seun, en Israel is verdeel.

Gebeurtenisse in Israel

Gebeurtenisse in Juda

Gebeurtenisse in die Geskiedenis van die Boek van Mormon

975

Jeróbeam was koning van Israel.

949

Sisak, koning van Egipte, het Jerusalem geplunder.

875

Agab het in Samaría regeer oor Noord-Israel; Elía het geprofeteer.

851

Elísa het groot wonderwerke gedoen.

792

Amos het geprofeteer.

790

Jona en Hoséa het geprofeteer.

740

Jesaja het begin om te profeteer. (Rome is gestig; Nabonassar was koning van Babilon in 747; Tiglat-Piléser Ⅲ was koning van Assur van 747 tot 734).

728

Hiskía was koning van Juda. (Salmanéser Ⅳ was koning van Assur).

721

Die Noordelike Koninkryk is vernietig; die tien stamme is in slawerny geneem; Miga het geprofeteer.

642

Nahum het geprofeteer.

628

Jeremia en Sefánja het geprofeteer.

609

Obadja het geprofeteer; Daniël is gevange weggevoer na Babilon. (Ninevé het in 606 geval; Nebukadnésar was koning van Babilon van 604 tot 561).

600

Lehi het Jerusalem verlaat.

598

Eségiël het in Babilon geprofeteer; Hábakuk het geprofeteer; Sedekía was koning van Juda.

588

Mulek het van Jerusalem na die beloofde land vertrek.

588

Nefiete het hulleself afgeskei van die Lamaniete (tussen 588 en 570).

587

Nebukadnésar het Jerusalem ingeneem.

Gebeurtenisse in Joodse Geskiedenis

Gebeurtenisse in die Geskiedenis van die Boek van Mormon

537

Kores het ’n dekreet uitgevaardig dat die Jode kon terugkeer uit Babilon.

520

Haggai en Sagaría het geprofeteer.

486

Ester het geleef.

458

Esra is opdrag gegee om hervormings deur te voer.

444

Nehemía is as goewerneur van Judéa aangestel.

432

Maleági het geprofeteer.

400

Jarom het die plate ontvang.

360

Omni het die plate ontvang.

332

Alexander die Grote het Aram en Egipte verower.

323

Alexander het gesterf.

277

Die Septuagint, die vertaling van Joodse skrifture in Grieks, is begin.

167

Mattatías die Makkabeër het teen Aram in opstand gekom.

166

Judas Makkabeus het leier geword van die Jode.

165

Die tempel is gereinig en hertoegewy; Hanoeka het ontstaan.

161

Judas Makkabeus het gesterf.

148

Abinadi het ’n marteldood gesterf; Alma het die Kerk hervestig onder die Nefiete.

124

Benjamin het sy finale toespraak aan die Nefiete gelewer.

100

Alma die Jongere en die seuns van Mosia het hulle werk begin.

91

Die heerskappy van die regters het begin onder die Nefiete.

63

Pompejus het Jerusalem verower, die bewind van die Makkabeërs het in Israel geëindig en Romeinse bewind het begin.

51

Cleopatra het regeer.

41

Herodes en Fasael is gesamentlike viervorste gemaak oor Judéa.

37

Herodes het leier geword in Jerusalem.

31

Die slag van Aktium; Augustus was keiser van Rome vanaf 31 v.C. tot 14 n.C.

30

Cleopatra het gesterf.

17

Herodes het die tempel herbou.

6

Samuel die Lamaniet het geprofeteer van Christus se geboorte.

Gebeurtenisse in die Christelike Geskiedenis

Gebeurtenisse in die Geskiedenis van die Boek van Mormon

n.C.

n.C.

Geboorte van Jesus Christus.

30

Christus se bediening het begin.

33

Christus is gekruisig.

33 of 34

Die herrese Christus het in Amerika verskyn.

35

Paulus het bekeer.

45

Paulus het sy eerste sendingreis onderneem.

58

Paulus is na Rome gestuur.

61

Die geskiedenis van die Handelinge van die Apostels is afgesluit.

62

Rome is deur brand verwoes; Christene is vervolg onder Nero.

70

Christene het gevlug na Pella; Jerusalem is beleër en verower.

95

Christene is vervolg deur Domitianus.

385

Die Nefitiese nasie is vernietig.

421

Moroni het die plate weggebêre.