2025
Ná Hierdie Lewe: Antwoorde op ʼn Paar Vrae
Vir die Krag van die Jeug Julie 2025


Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Julie 2025

Hierdie Lewe

Antwoorde op ʼn Paar Vrae

Hemelse Vader se plan kan ons perspektief en vrede gee oor die lewe ná die dood.

ʼn leer in die wolke

Illustrasie deur Thomas Arnaud

Wat gebeur ná ons dood?

Dit is moontlik die vraag in die hele godsdiens. Die antwoorde wat ons deur Jesus Christus en sy evangelie het, is kragtig. Hierdie lewe is nie die einde nie. Omdat Jesus Christus opgestaan het, sal ons geeste met ons liggame herenig word en ons sal almal eendag opstaan.

Daar is natuurlik ander besonderhede oor die lewe ná die dood wat deur hedendaagse openbaring na ons toe gekom het wat ander vrae kan beantwoord wat ons dalk het. Hier volg ʼn paar idees met ʼn paar kort antwoorde.

Hoe is geestesliggame?

Gees is ʼn soort materie, net “fyner of suiwerder” (Leer en Verbonde 131:7). Geestesliggame lyk soos volwasse menslike liggame.

Waar is die geesteswêreld?

Hier, oral om ons.

Wat gebeur in die geesteswêreld?

Geeste wat die evangelie aangeneem het, word onder meer georganiseer om die evangelie te verkondig aan geeste wat nie die evangelie aangeneem het nie. Daardie geeste kan kies om dit te aanvaar of te verwerp.

Hoe lyk herrese liggame?

Herrese liggame kan nie sterf nie, is vlees en been, en is volmaak. Hulle is heerlik en pragtig. “Daar is niks mooier om na te kyk as ʼn herrese man of vrou nie.”

Wat gebeur in die selestiale koninkryk?

Diegene in die hoogste graad van die hemelse koninkryk word soos ons Hemelse Vader en ervaar ʼn volheid van vreugde. Hulle ontvang alles wat die Vader het. Hulle neem deel aan sy werk en heerlikheid. Hulle is vir ewig in die huwelik verseël en woon nou in ewige families en het hulle eie ewige geesteskinders.

Wat van mense wat nooit in hierdie lewe trou nie?

Hemelse Vader is volkome regverdig en barmhartig. “Die Here het belowe dat in die ewigheid geen seёninge van sy seuns en dogters wat die gebooie onderhou, getrou is aan hulle verbonde en begeer wat reg is, weerhou sal word nie.”

My ouers is in die tempel verseël maar is nou geskei. Aan wie is ek verseël?

Jy is dalk “in die verbond gebore” (dit wil sê gebore nadat jou ouers in die tempel verseël is), of jy is dalk aan jou ouers in die tempel verseël nadat hulle aan mekaar verseël is. In beide gevalle bly jou seëninge van krag, selfs al kies jou ouers om te skei en hulle verseëling te kanselleer.

Jou ouers se keuses beïnvloed nie jou seëninge nie. Die belangrikste ding is dat jy getrou bly en self die seëninge van die tempel nastreef. Wat jou gesinsverhoudings betref, moet jy “op die Here vertrou en sy vertroosting soek,” met die wete dat “Hemelse Vader sal verseker dat elke persoon elke seëning ontvang wat sy of haar begeertes en keuses toelaat.”

Wat gebeur met mense wat deur selfmoord sterf?

Ons weet nie wat gebeur met mense wat deur selfmoord sterf nie, en ons kan hulle nie oordeel nie (net soos met alle mense, uiteindelik). “Ongeag die beste pogings van geliefdes, leiers en professionele persone, is selfmoord nie altyd voorkombaar nie. …

“Dit is nie reg vir ʼn persoon om sy of haar eie lewe te neem nie. Slegs God is egter in staat om die persoon se gedagtes, optrede en vlak van toerekenbaarheid te beoordeel (sien 1 Samuel 16:7; Leer en Verbonde 137:9). …

“Diegene wat ʼn geliefde verloor het deur selfmoord, kan hoop en genesing in Jesus Christus en sy Versoening vind.”

Notas

  1. Sien Ether 3:16; Teachings of Presidents of the Church: Joseph Smith (1998), 131–32.

  2. Sien Teachings of Presidents of the Church: Brigham Young (1997), 279.

  3. Sien Leer en Verbonde 138.

  4. Sien Alma 11:45.

  5. Sien Lukas 24:39.

  6. Sien Alma 11:43.

  7. Lorenzo Snow, The Teachings of Lorenzo Snow, ed. Clyde J. Williams (1996), 99.

  8. Sien Moses 1:39.

  9. Sien Psalm 16:11; 3 Nefi 28:10; Leer en Verbonde 76:59, 62; 130:2; 132:19–23.

  10. Dallin H. Oaks, Okt. 1993 algemene konferensie (Ensign, Nov. 1993, 75).

  11. Sien Algemene Handleiding: Diens in Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, 38.4.2.8 , Evangeliese Biblioteek.

  12. Algemene Handleiding, 38.4.2, Evangeliese Biblioteek.

  13. Algemene Handleiding, 38.6.20 , Evangeliese Biblioteek.