Ordinansies en Proklamasies
Die Familie: ʼn Proklamasie aan die Wêreld


Ons, die Eerste Presidentsie en die Raad van die Twaalf Aposels van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste dae , verklaar plegtig dat die huwelik tussen ʼn man en vrou verorden is deur God en dat die familie sentraal is tot die Skepper se plan vir die ewige lot van Sy kinders.

Alle menslike wesens —man en vrou—is in die beeld van God geskape. Elkeen is ʼn geliefde seun of dogter van hemelse ouers, en, as sodanig, het elkeen ʼn goddelike natuur en lot. Geslag is ʼn noodsaaklike kenmerk van individuele vooraardse, sterflike en ewige identiteit en doel.

In die vooraardse koningkryk, het geestelike seuns en dogters God geken en aanbid as hul Ewige Vader en het Sy plan aanvaar waardeur Sy kinders ʼn fisiese liggaam en aardse ondervinding kon verkry om na perfeksie te vorder en om uiteindelik hul goddelike bestemming as erfgename van die ewige lewe te behaal. Die goddelike plan van geluk maak dit moontlik vir familie verhoudinge, om na die dood voort te duur. Heilige ordinansies en verbonde wat beskikbaar is in heilige tempels, maak dit moontlik vir individue om terug te keer na die teenwoordigheid van God en vir families om vir ewig verenig te wees.

Die eerste gebod wat God Adam en Eva gegee het, het betrekking gehad op hul potentiaal vir ouerskap as man en vrou. Ons verklaar dat God se gebod vir Sy kinders om te vermeerder en die aarde te vul, van krag bly. Verder verklaar ons dat God opdrag gegee het dat die heilige gesag van voortplanting alleenlik te werk gestel mag word tussen ʼn man en ʼn vrou, wat wettiglik getroud is as man en vrou.

Ons verklaar die middel waardeur die menslike lewe geskep word, goddelik aangestel is. Ons bevestig die heiligheid van die lewe en die belangrikheid van dit in God se ewige plan.

Man en vrou het ʼn plegtige verantwoordelikheid om vir mekaar en hul kinders lief te wees en om te gee. Kinders is ʼn erfenis van die Here” (Psalm 127:3). Ouers het ʼn heilige plig om hul kinders in liefde en geregtigheid groot te maak, om voorsiening te maak vir hul fiesise en geestilke behoeftes, en om hulle te leer om mekaar lief te hê en te bedien, die gebooie van God te onderhou, en om wetsgehoorsame burgers te wees waar okal hulle woon. Mans en vrouens— moeders en vaders— sal aanspreeklik gehou word voor God vir die voldoening van hierdie verpligtinge.

Die familie is verorden van God. Die huwelik tussen man en vrou is noodsaaklik tot Sy ewige plan. Kinders is geregtig tot geboorte binne die bande van ʼn huwelik, en om groot gemaak te word deur ʼn vader en ʼn moeder wie hul huwelik gelofte met volledige trou eer. Geluk in familie lewe sal waarskynlik behaal word wanneer dit op die leringe van die Here Jesus Christus gebaseer is.” Suksesvolle huwelike en families word op die beginsels van geloof, gebed, bekering, vergifnis, respek, liefde, sagmoedigheid, werk en gesonde ontspannings aktiwiteite, gevestig en onderhou.” (Ensign, Nov. 1995, 102). Deur goddelike ontwerp, presideer vaders oor hul familie in liefde en geregtigheid en is verantwoordelik om vir die noodsaaklikhede van die lewe voorsiening te maak en hul families te beskerm. Moeders is hoofsaaklik verantwoordelik vir die grootmaak van hul kinders. In hierdie heilige verantwoordelkhede, is vaders en moeders verplig om mekaar as gelyke vernote te ondersteun. Gestremdheid, sterftes en ander omstandighede mag individuele aanpassing noodsaak. Uitgebreide familie behoort ondersteuning te offer waar nodig.

Ons waarsku dat individue wie die verbonde van kuisheid skend, wie hul gade of nageslag misbruik, of wie versuim om hul familie verantwoordelikhede te vervul sal eendag voor God aanspreeklik gehou word. Verder, waarsku ons dat die disintegrasie van die familie, die rampe wat voorspel is deur antieke en moderne profete teweeg sal bring op individue, gemeentskappe en nasies.

Ons maak ‘n beroep op verantwoordelike burgers en beamtes van regerings oral, om dié maatreëls te bevorder wat ontwerp is om families te onderhou en te versterk as die fundamentele eenheid in die samelewing.