Jesus Christus

Nagmaalsgebede

  • Inhoud

  • Seëning oor die Brood

  • Seëning oor die Water

Nagmaalsgebede


Nagmaalsgebede

  • Seëning oor die Brood

    O God, die Ewige Vader, ons vra U in die Naam van u Seun, Jesus Christus, om hierdie brood te seën en te heilig aan die siele van al diegene wat daarvan gebruik, dat hulle mag eet ter gedagtenis aan die liggaam van u Seun, en getuig voor U, o God, die Ewige Vader, dat hulle gewillig is om op hulle die Naam van u Seun te neem, en Hom altyd te onthou en sy gebooie te onderhou wat Hy hulle gegee het; sodat hulle altyd sy Gees mag hê om met hulle te wees. Amen.


  • Seëning oor die Water

    O God, die Ewige Vader, ons vra U in die Naam van u Seun, Jesus Christus, om hierdie water te seën en te heilig aan die siele van al diegene wat daarvan drink, dat hulle dit mag doen ter gedagtenis aan die bloed van u Seun, wat vir hulle gestort is; dat hulle mag getuig voor U, o God, die Ewige Vader, dat hulle Hom altyd onthou, sodat hulle sy Gees mag hê om met hulle te wees. Amen.