2021
Dit is Wonderlik om die Tempel te Sien
Mei 2021


“Dit is Wonderlik om die Tempel te Sien,” Vir die Krag van Jeug, Mei 2021.

Saterdagoggendsessie

Dit is Wonderlik om die Tempel te Sien

Uittreksels

Beeld
tempel

Ek weet dat tempels van die Here heilige plekke is. My doel vandag om oor tempels te praat, is om jou en my begeerte te verhoog om waardig en gereed te wees vir die verhoogde geleenthede vir tempelervarings wat vir ons kom. …

As ek of jy onvoldoende rein na die tempel sou gaan, sou ons nie in staat wees om, deur die krag van die Heilige Gees, die geestelike lering oor die Saligmaker te sien wat ons in die tempel kan ontvang nie.

Wanneer ons waardig is om sulke leringe te ontvang, kan daar deur ons tempelervaring, hoop, vreugde en optimisme deur ons lewens groei. Daardie hoop, vreugde en optimisme is slegs beskikbaar deur die aanvaarding van die ordinansies wat in heilige tempels uitgevoer word. Dit is in die tempel dat ons die versekering van liefdevolle familieverbindings kan ontvang wat ná die dood en vir die ewigheid sal voortduur. …

… En ons weet dat ons ewige geluk daarvan afhang dat ons ons bes doen om dieselfde blywende geluk te bied aan soveel van ons familielede as wat ons kan.

Ek voel dieselfde begeerte om daarin te slaag om lewende familielede uit te nooi om die begeerte te ontwikkel om waardig te word om die verseëlingsordinansies van die tempel te ontvang en te eer. Dit is deel van die beloofde versameling van Israel in die laaste dae aan beide kante van die voorhangsel.

Beeld
Salt Lake-tempel opknapping