2016
Die Perfekte Pad na Geluk
November 2016


Vrouebesoek-boodskap, November 2016

Die Perfekte Pad na Geluk

Ek getuig van die groot gawe wat ons Vader se plan vir ons is. Dit is die een perfekte pad na vrede en geluk.

My geliefde broers en susters, beide hier in die Konferensiesentrum en dwarsoor die wêreld, ek is so dankbaar vir die geleentheid om my gedagtes vanoggend met u te deel.

Twee-en-vyftig jaar gelede in Julie 1964 het ek ʼn opdrag gehad in New York City gedurende die tyd wat die Wêreldskou daar aangebied is. Ek het een oggend vroeg die Mormoonse pawiljoen by die skou besoek. Ek het daar aangekom net voor die vertoning van die Kerk se film Man’s Search for Happiness, ʼn uitbeelding van die plan van saligheid, wat sedertdien ʼn klassieke Kerkfilm geword het. Ek het langs ʼn jong man van ongeveer 35 jaar oud gesit. Ons het ʼn klein rukkie gepraat. Hy was nie ʼn lid van die Kerk nie. Toe het die ligte verdoof, en die vertoning het begin.

Ons het geluister na die stem van die verteller toe hy die diep en universele vrae vra: Waar het ek vandaan gekom? Hoekom is ek hier? Waarheen sal ek na hierdie lewe gaan? Alle ore was gespits om die antwoorde te hoor, en alle oë was gevestig op die beelde wat uitgebeeld is. ʼn Beskrywing van ons vooraardse lewe is gegee, saam met ʼn verduideliking van ons doel op aarde. Ons het ʼn roerende uitbeelding gesien van ʼn bejaarde oupa se heengaan van hierdie lewe en van sy wonderlike hereniging met geliefdes wat hom vooruitgegaan het na die geesteswêreld.

Met die afsluiting van hierdie pragtige uitbeelding van ons Hemelse Vader se plan vir ons, het die skare saggies uitgeloop, baie was sigbaar geraak deur die boodskap van die film. Die jong besoeker wat langs my gesit het, het nie opgestaan nie. Ek het gevra of hy die aanbieding geniet het. Sy nadruklike reaksie: “Dit is die waarheid!”

Ons Vader se plan vir ons geluk en ons saligheid word dwarsdeur die wêreld gedeel deur ons sendelinge. Nie almal wat hierdie goddelike boodskap hoor, aanvaar en omhels dit nie. Nietemin erken mans en vroue orals, net soos my jong vriend by die New York se Wêreldskou, die waarhede, en hulle plant hulle voete op die pad wat hulle veilig huis toe sal lei. Hulle lewens is vir ewig verander.

Jesus Christus, ons Verlosser, is onontbeerlik in hierdie plan. Sonder sy boetedoenende offerande, sou alles verlore wees. Dit is nietemin nie genoeg om slegs in Hom en sy sending te glo nie. Ons moet werk en leer, soek en bid, bekeer en verbeter. Ons moet God se wette ken en hulle lewe. Ons moet sy reddende ordinansies ontvang. Slegs deur dit te doen sal ons ware, ewige vreugde ontvang.

Ons is geseënd om die waarheid te . Ons het ʼn mandaat om die waarheid te deel. Laat ons die waarheid lewe, sodat ons alles wat die Vader vir ons het, mag verdien. Hy doen niks tensy dit tot ons voordeel is nie. Hy het vir ons gesê, “Dit is my werk en my heerlikheid—om die onsterflikheid en ewige lewe van die mens teweeg te bring.”1

Uit die dieptes van my siel en in alle nederigheid, getuig ek van die groot gawe wat ons Vader se plan vir ons is. Dit is die een perfekte pad na vrede en geluk beide hier en in die wêreld hierna.

My broers en susters, ek laat met u my liefde en my seëning ter afsluiting, en ek doen dit in die naam van ons Verlosser en Saligmaker, naamlik Jesus Christus, amen.