Vir die Krag van die Jeug
Hoe lewe ons in die wêreld en “sit ons die dinge van hierdie wêreld opsy”?
Maart 2025


Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Maart 2025

Hoe lewe ons in die wêreld en “sit ons die dinge van hierdie wêreld opsy”?

Jesus Christus ordineer Nefitiese dissipels

The Disciples Whom He Had Chosen [Die Dissipels Wat Hy Gekies Het], deur Casey Childs

Die Here het gesê: “Jy [sal] die dinge van hierdie wêreld opsy sit, en soek na die dinge van ʼn beter” (Leer en Verbonde 25:10). Dit beteken nie dat ons ons tydelike en materiële behoeftes ignoreer nie, maar dit beteken wel dat ons nie ons harte op rykdom, mag, posisie of die wêreld se goedkeuring rig nie. Hier is ʼn paar beginsels wat ons geleer is oor die lewe in die wêreld:

Plaas die dinge van God eerste. “Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid” (Matthéüs 6:33). In ons harte en ons lewens is God se gebooie en ons verbonde met Hom ons prioriteit.

Soek geleerdheid. “Terwyl jy van die wêreld om jou leer, leer ook van die Saligmaker. … Hoe meer jy leer, hoe meer kan jy help om God se koninkryk te bou en die wêreld ten goede te beïnvloed” (For the Strength of Youth: A Guide for Making Choices [2022], 31, 32).

Werk. “Werk is ʼn belangrike evangeliese beginsel. Dit bevorder groei en ontwikkel ons. … Die Here wil nie net hê dat ons vir ons families moet sorg nie, maar dat ons ‘gretiglik betrokke [behoort te] wees by ʼn goeie saak’ [Leer en Verbonde 58:27]” (“Employment,” Topics and Questions, Evangeliese Biblioteek).