2022
Moenie Wag Nie! Wees Soos die Herders
Desember 2022


“Moenie Wag Nie! Wees Soos die Herders,” Vir die Krag van die Jeug, Des. 2022.

Maandelikse Vir die Krag van die Jeug-boodskap, Desember 2022

Lukas 2:8–20

Moenie Wag Nie! Wees Soos die Herders

herders

Op ʼn stil nag lank gelede het herders hulle kuddes getrou opgepas.

skape

Die herders het ʼn belangrike taak gehad. Die skape het kos, water en beskerming teen gevaar nodig gehad.

engel

Skielik het ʼn engel verskyn!

“Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ʼn goeie tyding van groot blydskap … dat vir julle vandag … gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is.”

engel

Die engel het vir die herders gesê dat hulle die baba wat in doeke toegedraai is, in ʼn krip in Betlehem sou vind.

engelekoor

ʼn Engelekoor het die lug gevul en by die engel aangesluit om God te loof.

“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ʼn welbehae.”

herders

“Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.”

herders wat ʼn ster volg

Die herders het nie gewag nie. Dit was té belangrik! Hulle het hulle na Betlehem gehaas.

herders by krip

Die herders het Jesus gevind in doeke toegedraai waar Hy in ʼn krip lê, net soos die engel gesê het.

baba Jesus

Dit was die beloofde Messias wat gekom het om die Saligmaker en Verlosser van die wêreld te wees en om ons ware vreugde te bring!

herders

Die herders was so opgewonde! Hulle het gedeel wat hulle gehoor en gesien het.

“Die Saligmaker van die wêreld is gebore!”

“Die Messias het uiteindelik gekom!”

jong man wat skrifture bestudeer

Die herders het hulle gehaas na Jesus. Jy kan ook!

Jy kan van Hom leer.

jong man wat gras sny

Jy kan Hom dien deur ander te dien.

jong dame deel die Boek van Mormon met jong man

Jy kan van Hom getuig.