Wat Ons Glo
Almal is welkom. Besoek ʼn kerk naby jou.
Algemene Vrae
Is lede van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae Christen?
Ja! As lede van Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, glo ons dat Jesus Christus die Seun van God is en die Saligmaker van die Wêreld. Hy het ons almal meer lief as wat ons ons kan voorstel. Ons beskou onsself as toegewyde volgelinge van Jesus. Terwyl sommige van ons geloofsoortuigings verskillend is, glo ons dat Jesus Christus ons deur sy lewe, bediening, opoffering en opstanding red van die sonde, lyding en die dood.
Leer meer oor ons geloofsoortuigings.
Hoe is Kerkdienste?
Kerkdienstye verskil van gemeente tot gemeente. Jy kan egter altyd staatmaak op een hoof erediens vir almal, gevolg deur klasse vir kinders, die jeug en volwassenes.
Die diens vir almal word die “nagmaaldiens” genoem. Hierdie vergadering bestaan uit liedere, gebede en preke (of “praatjies”) wat elke week deur verskillende gemeentelede gegee word. Maar die belangrikste deel van die vergadering is wanneer ons die nagmaal gebruik om die Saligmaker te onthou.
Leer meer oor Sondagdienste of vind ʼn kerk naby jou.
Hoekom het Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae tempels?
Vir Heiliges van die Laaste Dae is ʼn tempel verskillend van ander Kerkgeboue. Die tempel is ʼn plek waar Heiliges van die Laaste Dae spesiale instruksie oor God en Jesus Christus ontvang. In die tempel sluit lede ewige verbonde (of beloftes) met God. Dit sluit beloftes in om die gebooie te onderhou, die evangelie van Jesus Christus uit te leef, getrou te wees in die huwelik en om vir mekaar te help sorg deur te deel wat ons het.
Omdat ons ook glo dat families vir ewig is, word baie van die werk binne tempels gedoen om familiebande selfs sterker te maak. Huwelike in die tempel word voltrek om vir ewig te duur, nie net “totdat die dood julle skei” nie. Ouers en kinders word ewige families in tempels. Voorouers kan ook al die seëninge van die tempel ontvang as iemand die heilige ordinansies namens hulle uitvoer en hulle daardie diensdaad aanvaar. Tempels is besige plekke!
Wat is die Boek van Mormon?
Die Boek van Mormon is ʼn boek van geïnspireerde skrifture wat ons leer oor God en Jesus Christus. Dit help ons om leiding vir ons persoonlike lewens te ontvang en kan ons help om nader aan Jesus Christus te voel. Waar kom die naam vandaan? Honderde jare gelede het ʼn eertydse profeet genaamd Mormon ʼn rekord van sy volk saamgestel. Hulle het baie van dieselfde uitdagings as ons ervaar. En net soos ons, het hulle krag gevind wanneer hulle na Jesus Christus gekeer het. Kry ʼn inleiding tot die Boek van Mormon met sendelinge.
Die Boek van Mormon staan langsaan die Bybel as nóg ʼn testament van Jesus Christus en sy goddelike sending as die Saligmaker en Verlosser van die wêreld. Die Bybel en die Boek van Mormon tesame verskaf meer begrip van God se groot liefde vir ons almal en kan ons help om nader aan Hom te kom.
Leer meer oor hoe die Bybel en Boek van Mormon saamwerk.
Glo ons in die Bybel?
Ja. Die Bybel is die woord van God, ʼn heilige volume van skrifture, en deur die leringe daarvan te volg bring vreugde in ons lewens. Saam met die Bybel vind ons ook inspirasie in ander skrifture uniek aan Die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae. Hulle werk almal saam om ons belangrike waarhede oor God en Jesus Christus te leer.
Leer meer oor ons geloof in die Bybel.
Groei nader aan God. Ontmoet met sendelinge.
Ontmoet aanlyn of persoonlik. Ons sal jou vrae beantwoord en jou aan jou plaaslike kerkgemeenskap voorstel.
Boodskap van Hoop
ʼn Geloofsgemeenskap wat op Jesus Christus Gefokus is
Kry die jongste nuus van die Kerk.
Goeie dinge gebeur regoor die wêreld. Kry huidige opdaterings oor Kerkprojekte, gebeure, ramphulp-pogings en meer.