Skrifture
Moses 6


Hoofstuk 6

(November–Desember 1830)

Adam se saad hou ’n gedenkboek—Sy regverdige afstammelinge predik bekering—God openbaar Homself aan Henog—Henog predik die evangelie—Die heilsplan is aan Adam geopenbaar—Hy het die doop en die priesterskap ontvang.

1 En aAdam het ag geslaan op die stem van God, en het ’n beroep op sy seuns gedoen om te bekeer.

2 En Adam het sy vrou weer beken, en sy het ’n seun gebaar, en hy het sy naam aSet genoem. En Adam het die Naam van God verheerlik; want hy het gesê: God het my ’n ander saad gegee, in die plek van Abel, vir wie Kain gedood het.

3 En God het homself aan Set geopenbaar, en hy het nie gerebelleer nie, maar het ’n aanvaarbare aofferande geoffer, soos sy broer Abel. En aan hom is ook ’n seun gebore, en hy het sy naam Enos genoem.

4 En toe het hierdie mense begin om die Naam van die Here aan te aroep, en die Here het hulle geseën;

5 En ’n agedenkboek is gehou, waarin aangeteken is, in die taal van Adam, want dit is gegee aan soveel as wat God aangeroep het om deur die gees van binspirasie te skryf;

6 En deur hulle is hulle kinders geleer om te lees en te skryf, omdat hulle ’n taal gehad het wat suiwer en onbesmet was.

7 Nou, hierdie selfde aPriesterskap wat aan die begin was, sal ook aan die einde van die wêreld wees.

8 Nou het Adam hierdie profesie uitgespreek soos hy deur die aHeilige Gees geïnspireer is, en ’n bgeslagsregister is gehou van die ckinders van God. En dit was die dboek van die geslagte van Adam, wat sê: Op die dag wat God die mens geskape het, na die gelykenis van God het Hy hom gemaak;

9 Na die abeeld van sy eie liggaam, man en vrou, het Hy bhulle geskape, en hulle geseën, en hulle cnaam Adam genoem, op die dag wat hulle geskape is en lewende dsiele geword het in die land op die evoetbank van God.

10 En aAdam het eenhonderd en dertig jaar geleef, en ’n seun na sy gelykenis verwek, na sy eie bbeeld, en het sy naam Set genoem.

11 En die dae van Adam, nadat hy Set verwek het, was agthonderd jaar en hy het vele seuns en dogters verwek;

12 En al die dae wat Adam geleef het was negehonderd en dertig jaar, en hy het gesterf.

13 Set het eenhonderd en vyf jaar geleef, en Enos verwek, en geprofeteer in al sy dae, en het sy seun Enos die weë van die God geleer; daarom het Enos ook geprofeteer.

14 En Set het gelewe, nadat hy Enos verwek het, agthonderd en sewe jaar, en het vele seuns en dogters verwek.

15 En die kinders van mense was talryk op die hele aangesig van die land. En in daardie dae het Satan groot aheerskappy onder mense gehad, en gewoed in hulle harte; en van toe kom oorloë en bloedvergieting; en ’n man se hand was teen sy eie broer, om die dood toe te dien, vanweë bgeheime werke, soekende na mag.

16 Al die dae van Set was negehonderd en twaalf jaar en hy het gesterf.

17 En Enos het negentig jaar gelewe, en aKenan verwek. En Enos en die oorblyfsel van die volk van God het uit die land wat Sjulon genoem is, getrek, en in ’n land van belofte gewoon, wat hy na sy eie seun vernoem het, wat hy Kenan genoem het.

18 En Enos het gelewe, nadat hy Kenan verwek het, agt honderd en vyftien jaar, en vele seuns en dogters verwek. En al die dae van Enos was negehonderd en vyf jaar, en hy het gesterwe.

19 En Kenan het sewentig jaar gelewe, en Mahalálel verwek; en Kenan het gelewe nadat hy Mahalálel verwek het, agthonderd en veertig jaar, en seuns en dogters verwek. En al die dae van Kenan was negehonderd en tien jaar, en hy het gesterwe.

20 En Mahalálel het vyf en sestig jaar gelewe, en Jered verwek; en Mahalálel het gelewe, nadat hy Jered verwek het, agthonderd en dertig jaar, en seuns en dogters verwek. En al die dae van Mahalálel was agthonderd vyf en negentig jaar, en hy het gesterwe.

21 En Jered het gelewe eenhonderd twee en sestig jaar, en aHenog verwek; en Jered het gelewe, nadat hy Henog verwek het, agthonderd jaar, en seuns en dogters verwek. En Jered het Henog geleer volgens al die weë van God.

22 En dit is die geslagsregister van die seuns van Adam, wat die aseun van God was, met wie God self gesprek gevoer het.

23 En hulle was apredikers van regverdigheid, en het gespreek en bgeprofeteer, en ’n beroep gedoen op alle mense, oral, om te cbekeer; en dgeloof is aan die kinders van mense geleer.

24 En dit het gebeur dat al die dae van Jered negehonderd twee en sestig jaar was, en hy het gesterwe.

25 En Henog het vyf en sestig jaar gelewe, en aMetúsalag verwek.

26 En dit het gebeur dat Henog gereis het in die land, onder die volk; en terwyl hy gereis het, het die Gees van God uit die hemel neergedaal, en op hom vertoef.

27 En hy het ’n stem vanuit die hemel gehoor wat sê: Henog, my seun, profeteer vir hierdie volk, en sê vir hulle—Bekeer, want so sê die Here: Ek is avertoornd op hierdie volk, en my verwoede toorn is ontvlam teen hulle; want hulle harte het hard geword, en hulle ore is traag om te hoor, en hulle b ckan nie ver sien nie;

28 En vir hierdie vele geslagte, sedert die dag wat Ek hulle geskape het, het hulle aafgedwaal, en het My verloën, en het hulle eie raad in die duisternis gevolg; en in hul eie gruwels het hulle moord beplan, en het nie die gebooie onderhou, wat Ek aan hulle vader, Adam gegee het nie.

29 Daarom, hulle het vals gesweer, en, deur hulle aede, het hulle die dood oor hulleself gebring; en ’n bhel het Ek vir hulle voorberei, indien hulle nie bekeer nie;

30 En dit is ’n dekreet, wat Ek uitgestuur het in die begin van die wêreld, van my eie mond, vanaf die grondlegging daarvan, en by monde van my diensknegte, julle vaders, het Ek dit uitgevaardig, soos dit uitgestuur sal word in die wêreld, tot die eindes daarvan.

31 En toe Henog hierdie woorde gehoor het, het hy homself na die aarde neergebuig, voor die Here, en voor die Here gespreek en gesê: Waarom is dit dat ek guns gevind het in u oë, en ek is slegs ’n jongeling, en al die mense haat my; want ek is astadig van spraak; waarom is ek u dienskneg?

32 En die Here het vir Henog gesê: Gaan uit en doen soos Ek jou gebied het, en niemand sal jou deurboor nie. Open jou amond, en dit sal gevul word, en Ek sal jou woorde gee, want alle vlees is in my hande, en Ek sal doen soos Ek goeddink.

33 Sê vir hierdie volk: aKies julle hierdie dag om die Here God wat julle gemaak het, te dien.

34 Kyk, my Gees is op julle daarom sal Ek al my woorde regverdig; en die aberge sal voor julle vlug, en die briviere sal afwyk van hulle koers; en julle sal in My woon, en Ek in julle; daarom, cwandel met My.

35 En die Here het met Henog gespreek, en vir hom gesê: Salf jou oë met klei, en was hulle, en jy sal sien. En hy het so gedoen.

36 En hy het die ageeste aanskou wat God geskape het; en hy het ook dinge aanskou wat nie sigbaar was vir die bnatuurlike oog nie; en vandaar kom die gesegde oral in die land: ’n cSiener het die Here opgerig vir sy volk.

37 En dit het gebeur dat Henog uitgegaan het in die land, onder die volk, terwyl hy op die berge en die hoë plekke staan, en geroep het met ’n luide stem, en getuig het teen hulle werke, en almal het aaanstoot geneem vanweë hom.

38 En hulle het uitgekom om hom te hoor, op die hoë plekke, en vir die tentbewaarders gesê: Vertoef julle hier en versorg die tente, terwyl ons daarheen gaan om die siener te aanskou, want hy profeteer, en daar is ’n vreemde ding in die land; ’n wilde man het onder ons gekom.

39 En dit het gebeur dat toe hulle hom hoor, het niemand hande aan hom geslaan nie; want vrees het oor almal gekom wat hom gehoor het; want hy het met God gewandel.

40 En daar het ’n man na hom gekom wie se naam Mahija was, en vir hom gesê: Vertel ons eerlikwaar wie u is, en vanwaar u kom?

41 En hy het vir hulle gesê: Ek het uit die land Kenan gekom, die land van my vaders, ’n land van regverdigheid tot hierdie dag. En my vader het my in al die weë van God geleer.

42 En dit het gebeur, terwyl ek van die land Kenan gereis het, by die oostelike see, het ek ’n visioen aanskou; en kyk, die hemele het ek gesien, en die Here het met my gespreek, en my ’n gebod gegee; daarom, om hierdie rede, om die gebod te onderhou, spreek ek hierdie woorde.

43 En Henog het sy toespraak voortgesit, en gesê: Die Here wat met my gespreek het, Hy is die God van die hemel, en hy is my God, en julle God, en julle is my broers, en waarom avolg julle jul eie raad, en verloën die God van die hemel?

44 Die hemele het Hy gemaak; die aaarde is sy bvoetbank; en die fondament daarvan is syne. Kyk, Hy het dit gelê, ’n leërskare van mense het Hy ingebring op die aangesig daarvan.

45 En die dood het oor ons vaders gekom; nietemin ons ken hulle, en kan nie ontken nie, en wel die eerste van almal wat ons ken, naamlik Adam.

46 Want ’n agedenkboek het ons onder ons geskryf, ooreenkomstig die patroon gegee deur die vinger van God; en dit is in ons eie taal gegee.

47 En terwyl Henog die woorde van God gespreek het, het die volk gebewe, en kon nie sy teenwoordigheid verduur nie.

48 En hy het vir hulle gesê: Omdat Adam ageval het, is ons; en deur sy val het die bdood gekom; en ons word deelgenote van ellende en wee.

49 Kyk, Satan het onder die kinders van mense gekom, en aversoek hulle om hom te aanbid; en die mens het bvleeslik, cwellustig en duiwels geword; en word van die teenwoordigheid van God duitgesluit.

50 Maar God het aan ons vaders bekendgemaak dat alle mense moet bekeer.

51 En hy het ons vader Adam met sy eie stem aangeroep, en gesê: Ek is God; Ek het die wêreld gemaak, en amense bvoor hulle in die vlees was.

52 En Hy het ook vir hom gesê: Indien jy na My keer, en ag slaan op my stem, en glo, en bekeer van al jou oortredings, en agedoop word, en wel in water, in die Naam van my Eniggebore Seun, wat vol bgenade en waarheid is, wat cJesus Christus is, die enigste dNaam wat onder die hemel gegee sal word, waardeur eheil na die kinders van mense sal kom, sal jy die gawe van die Heilige Gees ontvang, en alle dinge vra in sy Naam, en wat jy ook al sal vra, dit sal jou gegee word.

53 En ons vader Adam het met die Here gespreek, en gesê: Waarom is dit dat die mens moet bekeer en in water gedoop word? En die Here het vir Adam gesê: Kyk, Ek het jou jou oortreding in die Tuin van Eden avergewe.

54 Vandaar kom die gesegde oral onder die mense, dat die aSeun van God bversoening gedoen het vir die oorspronklike skuld waarin die sondes van die ouers nie verantwoord word op die hoofde van die ckinders nie, want hulle is rein vanaf die grondlegging van die wêreld.

55 En die Here het met Adam gespreek, en gesê: In soverre jou kinders in sonde verwek word, net so wanneer hulle begin om op te groei, verwek asonde in hulle harte, en hulle proe die bbittere, sodat hulle mag weet om die goeie te waardeer.

56 En dit word aan hulle gegee om die goeie van die bose te onderskei; daarom is hulle avry om te handel na hul eie goeddunke, en Ek het aan jou ’n ander wet en gebod gegee.

57 Daarom, leer dit aan julle kinders, dat alle mense, oraloor, moet abekeer, andersins kan hulle geensins die koninkryk van God beërwe nie, want bgeen onrein ding kan daar woon, of cwoon in sy teenwoordigheid nie; want, in die taal van Adam, dMan van Heiligheid is sy Naam, en die Naam van sy Eniggebore is die eSeun van die Mens, naamlik Jesus Christus, ’n regverdige fRegter, wat in die middelpunt van tyd sal kom.

58 Daarom gee Ek aan jou ’n gebod, om hierdie dinge vryelik aan julle akinders te leer, en sê:

59 Dat vanweë oortreding kom die val, welke val die dood bring, en in soverre jy in die wêreld gebore is deur water en deur bloed, en die agees, wat Ek gemaak het, en so uit die bstof ’n lewende siel geword het, net so moet jy weer in die koninkryk van die hemel cgebore word, deur dwater, en deur die Gees, en gereinig word deur bloed, naamlik die bloed van my Eniggeborene sodat jy geheilig mag word van alle sonde, en die ewoorde van die ewige lewe fgeniet in hierdie wêreld en die ewige lewe in die komende wêreld, naamlik onsterflike gheerlikheid.

60 Want deur die awater onderhou jy die gebod; deur die Gees is jy bgeregverdig, en deur die cbloed is jy dgeheilig;

61 Daarom word dit aan jou gegee om in jou te woon; die getuie van die hemel; die aTrooster; die vredige dinge van onsterflike heerlikheid; die waarheid van alle dinge; dit wat alle dinge verkwik; wat alle dinge verlewendig; dit wat alle dinge weet en alle mag het ooreenkomstig wysheid, barmhartigheid, waarheid, geregtigheid en oordeel.

62 En nou, kyk, Ek sê vir jou: Dit is die aheilsplan vir alle mense, deur die bloed van my bEniggeborene, wat sal kom in die middelpunt van tyd.

63 En kyk, alle dinge het hulle gelykenis, en alle dinge is geskape en gemaak om agetuienis van My te lewer, beide dinge wat stoflik is en dinge wat geestelik is; dinge wat bo in die hemele is, dinge wat op die aarde is, en dinge wat onder die aarde is, beide bo en benede: alle dinge lewer getuienis van My.

64 En dit het gebeur, nadat die Here met Adam gespreek het, ons vader, dat Adam tot die Here geroep het, en hy is weggevoer deur die aGees van die Here, en is in die water ingeneem, en is onder die bwater gelê, en is uit die water uitgebring.

65 En aldus is hy gedoop, en die Gees van God het op hom neergedaal, en aldus is hy uit die Gees agebore, en is verkwik in die binnerlike mens.

66 En hy het ’n stem uit die hemel gehoor wat sê: Jy is met vuur agedoop, en met die Heilige Gees. Dit is die bgetuie van die Vader, en die Seun, van nou af en vir ewig;

67 En jy is na die aorde van Hom wat sonder begin van dae of einde van jare is, van alle ewigheid tot alle ewigheid.

68 Kyk, jy is aeen in My, ’n seun van God; en aldus kan almal my bseuns word. Amen.