Skrifture
Moses 5


Hoofstuk 5

(Junie–Oktober 1830)

Adam en Eva bring kinders voort—Adam offer offerandes en dien God—Kain en Abel word gebore—Kain rebelleer, het Satan meer lief as God, en word Verderf—Moord en boosheid versprei—Die evangelie word vanaf die begin gepredik.

1 En dit het gebeur dat nadat Ek, die Here God, hulle uitgedryf het, dat Adam begin het om die aarde te bewerk, en om aheerskappy te hê oor al die diere van die veld, en om sy brood te eet in die sweet van sy aangesig, soos Ek, die Here hom gebied het. En Eva, ook, sy vrou, het saam met hom gearbei.

2 En Adam het sy vrou beken, en sy het vir hom seuns en adogters bgebaar, en hulle het begin om te cvermeerder en om die aarde te vul.

3 En vanaf daardie tyd het die seuns en adogters van Adam begin om twee-twee te verdeel in die land, en om die land te bewerk, en om die kuddes te versorg, en hulle het ook seuns en dogters verwek.

4 En Adam en Eva, sy vrou, het die Naam van die Here aangeroep, en hulle het die stem van die Here gehoor van die rigting van die Tuin van aEden, wat met hulle gespreek het, en hulle het Hom nie gesien nie; want hulle was uit sy bteenwoordigheid gesluit.

5 En Hy het gebooie aan hulle gegee, dat hulle die Here hulle God moes aaanbid, en die beerstelinge van hulle kuddes moes offer as ’n offerande aan die Here. En Adam was cgehoorsaam aan die gebooie van die Here.

6 En na vele dae het ’n aengel van die Here aan Adam verskyn en gesê: Hoekom offer jy bofferandes aan die Here? En Adam het vir hom gesê: Ek weet nie, behalwe dat die Here my gebied het.

7 Toe het die engel gespreek en gesê: Hierdie ding is ’n asinnebeeld van die bofferande van die Eniggeborene van die Vader, wat vol cgenade en waarheid is.

8 Daarom, jy sal alles doen wat jy doen in die aNaam van die Seun, en jy sal bbekeer en God vir ewig caanroep in die Naam van die Seun.

9 En op daardie dag het die aHeilige Gees op Adam neergedaal, wat getuienis lewer van die Vader en die Seun, en gesê: Ek is die bEniggeborene van die Vader van die begin af, van nou af en vir ewig, dat aangesien jy cgeval het, jy dverlos mag word, en die ganse mensdom, en wel soveel as wat wil.

10 En op daardie dag het Adam God geseën en is avervul, en het begin om te bprofeteer aangaande al die families van die aarde, en gesê: Prys die Naam van God, want vanweë my oortreding is my oë geopen, en in hierdie lewe sal ek cvreugde hê, en ek sal weer in die dvlees God sien.

11 En aEva, sy vrou, het al hierdie dinge gehoor en was bly, en het gesê: Was dit nie vir ons oortreding nie, sou ons nooit bsaad gehad het nie, en sou nooit goed en kwaad geken het nie, en die vreugde van ons verlossing, en die ewige lewe wat God aan al die gehoorsames gee.

12 En Adam en Eva het die Naam van God geprys, en hulle het alle dinge abekendgemaak aan hulle seuns en hulle dogters.

13 En aSatan het onder hulle gekom en gesê: Ek is ook ’n seun van God; en hy het hulle beveel en gesê: Glo dit nie; en hulle het dit nie bgeglo nie, en hulle het Satan meer cliefgehad as God. En die mens het vanaf daardie tyd begin om dvleeslik, wellustig en duiwels te wees.

14 En die Here God het orals die mens aangespreek deur die aHeilige Gees en hulle gebied dat hulle moes bekeer;

15 En soveel as wat in die Seun ageglo, en van hulle sondes bekeer het, sou bgered word; en soveel as wat nie geglo en nie bekeer het nie, sou cverdoem wees; en die woorde het uit die mond van God uitgegaan in ’n onwrikbare bevel; daarom moet hulle vervul word.

16 En Adam en Eva, sy vrou, het nie opgehou om God aan te roep nie. En Adam het sy vrou beken en sy het swanger geword en aKain gebaar, en gesê: Ek het ’n man van die Here ontvang; daarom mag hy nie sy woorde verwerp nie. Maar kyk, Kain het nie ag geslaan nie, en gesê: Wie is die Here dat ek Hom moet ken?

17 En sy het weer swanger geword en sy broer aAbel gebaar. En Abel het ag bgeslaan op die stem van die Here. En Abel was ’n herder van skape, maar Kain was ’n bewerker van die grond.

18 En Kain het Satan meer aliefgehad as God. En Satan het hom beveel, en gesê: bBring ’n offerande aan die Here.

19 En na verloop van tyd het dit gebeur dat Kain van die vrugte van die grond ’n offerande aan die Here gebring het.

20 En Abel, hy het ook van die eersgeborenes van sy kudde gebring, en van die vet daarvan, en die Here het respek gehad vir Abel asook sy aofferande;

21 Maar vir Kain, en sy aofferande, het hy nie respek gehad nie. Nou, Satan het dit geweet, en dit het hom verheug. En Kain was baie vertoornd, en sy gelaat het verander.

22 En die Here het vir Kain gesê: Waarom is jy vertoornd? Waarom het jou aangesig verander?

23 As jy goed doen, sal jy aaanvaar word. En as jy nie goed doen nie, lê die sonde by die deur, en Satan begeer om jou te hê; en tensy jy sal ag slaan op my gebooie, sal Ek jou uitlewer, en dit sal met jou wees soos hy begeer. En jy sal oor hom heers;

24 Want vanaf hierdie tyd sal jy die vader van sy leuens wees; jy sal aVerderf genoem word; want jy was ook voor die wêreld.

25 En dit sal gesê word in die toekomende tyd—Dat hierdie agruwels afkomstig is van Kain; want hy het die beter raad wat van God afkomstig is, verwerp; en dit is ’n vervloeking wat Ek op jou sal plaas, tensy jy bekeer.

26 En Kain was vertoornd, en het nie meer na die stem van die Here geluister nie, nóg na Abel sy broer, wat in heiligheid voor die Here gewandel het.

27 En Adam en sy vrou het getreur voor die Here vanweë Kain en sy broers.

28 En dit het gebeur dat Kain een van sy broers se dogter as vrou geneem het, en hulle het Satan meer aliefgehad as God.

29 En Satan het vir Kain gesê: Sweer vir my by jou keel, en indien jy dit bekendmaak, sal jy sterwe; en sweer jou broers by hulle hoofde, en by die lewende God, dat hulle dit nie sal bekendmaak nie; want as hulle dit bekendmaak, sal hulle sekerlik sterwe; en dit sodat jou vader dit nie mag weet nie; en hierdie dag sal ek jou broer Abel uitlewer in jou hande.

30 En Satan het vir Kain gesweer dat hy sou doen ooreenkomstig sy bevele. En al hierdie dinge is in die geheim gedoen.

31 En Kain het gesê: Waarlik, ek is Mahan, die meester van hierdie groot geheim, sodat ek mag amoor en voordeel kry. Daarom is Kain Meester bMahan genoem, en hy het geroem in sy boosheid.

32 En Kain het die veld ingegaan, en Kain het met sy broer Abel gepraat. En dit het gebeur terwyl hulle in die veld was, het Kain opgestaan teen Abel, sy broer, en het hom doodgeslaan.

33 En Kain het ageroem in dit wat hy gedoen het, en gesê: Ek is vry; sekerlik sal die kuddes van my broer in my hande val.

34 En die Here het vir Kain gesê: Waar is Abel, jou broer? En hy het gesê: Ek weet nie. Is ek my broer se aoppasser?

35 En die Here het gesê: Wat het jy gedoen? Die stem van jou broer se bloed roep tot My vanuit die grond.

36 En nou, jy sal vervloek wees van die aarde wat haar mond geopen het om jou broer se bloed vanuit jou hand te ontvang.

37 Wanneer jy die grond bewerk, sal dit van nou af nie haar krag vir jou gee nie. ’n aVlugteling en ’n swerwer sal jy op die aarde wees.

38 En Kain het vir die Here gesê: Satan het my aversoek vanweë my broer se kuddes. En ek was ook vertoornd; want sy offerande het U aangeneem en nie myne nie, my straf is groter as wat ek kan dra.

39 Kyk, U het my op hierdie dag verdryf van die aangesig van die Here, en van U gesig sal ek verberg wees; en ek sal ’n wandelaar en ’n swerwer wees op die aarde; en dit sal gebeur dat hy wat my vind, my sal doodmaak, vanweë my ongeregtighede, want hierdie dinge is nie verborge vir die Here nie.

40 En Ek, die Here het vir hom gesê: Wie ook al jou doodmaak, wraak sal sewevoudig op hom geneem word. En Ek, die Here het ’n amerk op Kain geplaas, sodat enigeen wat hom vind, hom nie sou doodmaak nie.

41 En Kain is uitgesluit van die ateenwoordigheid van die Here, en met sy vrou en vele van sy broers in die land Nod gewoon, aan die oostekant van Eden.

42 En Kain het sy vrou beken en sy het swanger geword en Henog gebaar, en hy het ook vele seuns en dogters verwek. En hy het ’n stad gebou, en hy het die naam van die astad vernoem na die naam van sy seun, Henog.

43 En aan Henog is Irad gebore, en ander seuns en dogters, En Irad het Mehújael en ander seuns en dogters verwek. En Mehújael het Metúsael en ander seuns en dogters verwek. En Metúsael het Lameg verwek.

44 En Lameg het vir homself twee vroue geneem; die naam van die een was Ada, en die naam van die ander, Silla.

45 En Ada het Jabal gebaar; hy was die vader van diesulkes wat in tente woon, en hulle was herders van vee; en sy broer se naam was Jubal, wat die vader was van al diesulkes wat die harp en die fluit bespeel.

46 En Silla, sy het ook vir Tubal-Kain gebaar, ’n leermeester van elke ambagsman van brons en yster. En die suster van Tubal-Kain was Naéma genoem.

47 En Lameg het vir sy vroue gesê, Ada en Silla: Hoor my stem, julle vroue van Lameg, slaan ag op my woorde; want ek het ’n man gedood tot my verwonding, en ’n jong man tot my pyn.

48 Indien Kain sewevoudig gewreek word, sal Lameg sekerlik asewe en sewentigvoudig maal wees;

49 Want Lameg, omdat hy ’n averbond met Satan gesluit het ooreenkomstig die wyse van Kain, waardeur hy Meester Mahan geword het, meester van daardie groot geheim wat aan Kain deur Satan toevertrou is; en Irad, die seun van Henog, omdat hy hulle geheim geken het, het begin om dit aan die seuns van Adam bekend te maak;

50 Daarom, omdat Lameg kwaad was, het hy hom gedood, nie soos Kain, sy broer Abel, vir die doel om gewin te verkry nie, maar hy het hom gedood ter wille van die eed.

51 Want, vanaf die dae van Kain, was daar ’n ageheime organisasie, en hulle werke was in die duisternis en hulle het elkeen sy broer geken.

52 Daarom het die Here Lameg vervloek, en sy huis, en al diegene wat met Satan ’n verbond gesluit het; want hulle het nie die gebooie van God onderhou nie, en dit het God nie behaag nie, en hy het hulle nie bedien nie, en hulle werke was gruwels, en het begin om onder al die aseuns van mense te versprei. En dit was onder die seuns van mense.

53 En onder die dogters van mense is daar nie oor hierdie dinge gepraat nie, omdat Lameg die geheim aan sy vroue vertel het, en hulle het teen hom gerebelleer, en hierdie dinge oraloor bekendgemaak en het nie ontferming gehad nie;

54 Daarom is Lameg verafsku, en uitgewerp, en het nie onder die seuns van mense gekom nie, sodat hy nie sterwe nie.

55 En so het die werke van die aduisternis begin om te versprei onder al die seuns van mense.

56 En God het die aarde met ’n sware vervloeking vervloek, en was vertoornd teenoor die bose, teenoor al die kinders van mense wat Hy gemaak het;

57 Want hulle wou nie ag slaan op sy stem nie, nóg glo in sy aEniggebore Seun, naamlik Hom wat Hy verklaar het sou kom in die middelpunt van tyd, wat voorberei is van voor die grondlegging van die wêreld.

58 En dus is daar begin om die aEvangelie te predik, vanaf die begin, en verkondig deur heilige bengele uitgestuur van die teenwoordigheid van God, en deur sy eie stem, en deur die cgawe van die Heilige Gees.

59 En daarom is alle dinge aan Adam bevestig, deur ’n heilige ordinansie, en die Evangelie gepreek, en ’n dekreet uitgevaardig, dat dit in die wêreld moet wees, tot die einde daarvan; en so was dit. Amen.