Skrifture
Moses 2


Hoofstuk 2

(Junie–Oktober 1830)

God skep die hemele en die aarde—Alle vorme van lewe word geskape—God maak die mens en gee hom heerskappy oor al die ander.

1 En dit het gebeur dat die Here tot Moses gespreek en gesê het: Kyk, Ek aopenbaar aan jou betreffende hierdie bhemel, en hierdie caarde; skryf die woorde wat Ek spreek. Ek is die Begin en die Einde, die dAlmagtige God; deur my eEniggeborene het Ek hierdie dinge fgeskape; ja in die begin het Ek die hemel geskape, en die aarde waarop jy staan.

2 En die aaarde was sonder vorm, en leeg; en Ek het die duisternis oor die aangesig van die dieptes laat kom; en my Gees het oor die aangesig van die water gesweef; want Ek is God.

3 En Ek, God, het gesê: Laat daar alig wees; en daar was lig.

4 En Ek, God, het die lig gesien; en daardie lig was agoed. En Ek, God, het die lig van die duisternis geskei.

5 En Ek, God, het die lig Dag genoem; en die duisternis het Ek Nag genoem; en dit het Ek gedoen deur die awoord van my mag, en dit is gedoen soos Ek bgespreek het; en die aand en die oggend was die eerste cdag.

6 En verder, Ek, God, het gesê: Laat daar ’n auitspansel in die middel van die water wees, en dit was so, net soos Ek gespreek het; en Ek het gesê: Laat dit die waters van die waters skei; en dit is gedoen.

7 En Ek, God, het die uitspansel gemaak en die awaters verdeel, ja, die groot waters onder die uitspansel van die waters wat bo die uitspansel was, en dit was net soos Ek gespreek het.

8 En Ek, God, het die uitspansel aHemel genoem; en die aand en die môre was die tweede dag.

9 En Ek, God, het gesê: Laat die waters onder die hemel op een aplek versamel word, en dit was so; en Ek, God, het gesê: Laat daar droë grond wees; en dit was so.

10 En Ek, God, het die droë land aAarde genoem; en die versameling van die waters het Ek die See genoem; en Ek, God, het gesien dat alle dinge wat Ek gemaak het goed was.

11 En Ek, God, het gesê: Laat die aarde agras voortbring, die kruid saad gee, die vrugteboom vrugte gee, na sy soort, en die boom vrugte gee, waarvan die saad in die aarde moet wees, en dit was net soos Ek gespreek het.

12 En die aarde het gras voortgebring, elke kruid het saad gegee volgens sy soort, en die boom het vrugte gegee waarvan die saad in homself moet wees, volgens sy soort; en Ek, God, het gesien dat alle dinge wat Ek gemaak het goed was;

13 En die aand en die môre was die derde dag.

14 En Ek, God, het gesê: Laat daar ligte wees in die uitspansel van die hemel, om die dag van die nag te skei, en laat hulle vir tekens wees, en vir seisoene, en vir dae, en vir jare;

15 En laat hulle ligte wees in die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde; en dit was so.

16 En Ek, God, het twee groot ligte gemaak; die groter alig om oor die dag te heers, en die kleiner lig om oor die nag te heers, en die groter lig was die son, en die kleiner lig die maan; en die sterre is ook ooreenkomstig my woord gemaak.

17 En Ek, God, het hulle in die uitspansel van die hemel geplaas om lig op die aarde te gee,

18 En die son om oor die dag te heers, en die maan om oor die nag te heers, en om die lig van die duisternis te skei; en Ek, God, het gesien dat alle dinge wat Ek gemaak het goed was;

19 En die aand en die môre was die vierde dag.

20 En Ek, God, het gesê: Laat die waters oorvloedig die bewegende skepsel wat lewe het, voortbring, en voëls wat bo die aarde kan vlieg in die oop uitspansel van die hemel.

21 En Ek, God, het groot awalvisse geskape, en elke lewende skepsel wat beweeg, wat die waters oorvloedig voortgebring het, na hulle soort, en elke gevleuelde voël na sy soort; en Ek, God, het gesien dat alle dinge wat Ek geskape het goed was.

22 En Ek, God, het hulle geseën, en gesê: Wees vrugbaar, en avermeerder, en vul die waters in die see; en laat die voëls op die aarde vermeerder;

23 En die aand en die môre was die vyfde dag.

24 En Ek, God, het gesê: Laat die aarde die lewende skepsel na sy soort voortbring, vee, en kruipende dinge, en diere van die aarde volgens hulle soort, en dit was so;

25 En Ek, God, het die diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte, en vee volgens hulle soort, en alles wat op die aarde kruip na sy soort; en Ek, God, het gesien dat al hierdie dinge goed was.

26 En Ek, God, het vir my aEniggeborene gesê, wat saam met My was vanaf die begin: Laat ons die mens na ons bbeeld, na ons gelykenis cmaak; en dit was so. En Ek, God, het gesê: Laat hulle dheers oor die visse van die see, en oor die voëls van die lug, en oor die vee, en oor die hele aarde, en oor elke kruipende ding wat op die aarde kruip.

27 En Ek, aGod, het die mens geskape na my beeld, na die beeld van my Eniggebore Seun het Ek hom geskape; man en vrou het Ek hulle geskape.

28 En Ek, God, het hulle geseën, en vir hulle gesê: Wees vrugbaar, en avermeerder, en vul die aarde, en onderwerp dit, en heers oor die visse van die see, en oor die voëls van die lug, en oor elke lewende ding wat op die aarde beweeg.

29 En Ek, God, het vir die mens gesê: Kyk, Ek het jou elke saaddraende kruid gegee wat op die aangesig van die hele aarde is, en elke boom waarin die vrug van ’n boom sal wees wat saad gee; vir jou sal dit wees vir avoedsel.

30 En aan elke dier van die aarde, en aan elke voël van die lug, en aan elke ding wat kruip op die aarde, waarin Ek lewe skenk, sal daar elke geskikte kruid gegee word vir voedsel; en dit was so, net soos Ek gespreek het.

31 En Ek, God, het elke ding gesien wat Ek gemaak het, en, kyk, alle dinge wat Ek gemaak het was baie agoed; en die aand en die môre was die bsesde dag.