Skrifture
Abraham 4


Hoofstuk 4

Die Gode beplan die skepping van die aarde en alle lewe daarop—Hulle planne vir die ses dae van skepping word uiteengesit.

1 En toe het die Here gesê: Laat ons afgaan. En hulle het afgegaan in die abegin, en hulle, dit is die Gode, het die hemele en die aarde bgeorganiseer en geformeer.

2 En die aarde, nadat dit geformeer is, was leeg en verlate, omdat hulle niks behalwe die aarde geformeer het nie; en duisternis het op die aangesig van die diepte geheers, en die Gees van die Gode het agebroei op die aangesig van die waters.

3 En hulle (die Gode) het gesê: Laat daar lig wees; en daar was lig.

4 En hulle (die Gode) het die lig begryp, want dit was helder; en hulle het die lig geskei, of dit laat skei, van die duisternis.

5 En die Gode het die lig Dag genoem, en die duisternis het hulle Nag genoem. En dit het gebeur dat van die aand tot die oggend hulle nag genoem het; en van die oggend tot die aand het hulle dag genoem; en dit was die eerste, of die begin, van dit wat hulle dag en nag genoem het.

6 En die Gode het ook gesê: Laat daar ’n auitspansel in die midde van die waters wees, en dit sal die waters skei van die waters.

7 En die Gode het die uitspansel beveel, sodat dit die waters geskei het wat onder die uitspansel was van die waters wat bo die uitspansel was; en dit was so, net soos hulle beveel het.

8 En die Gode het die uitspansel aHemel genoem. En dit het gebeur dat dit van die aand tot die oggend was wat hulle nag genoem het; en dit het gebeur dat dit van die oggend tot die aand was, en dit was die tweede bperiode wat hulle nag en dag genoem het.

9 En die Gode het beveel, en gesê: Laat die awaters onder die hemel byeen versamel word in been plek, en laat die aarde droog opkom; en dit was soos hulle beveel het;

10 En die Gode het die droë land Aarde genoem; en die versameling van waters het hulle aGroot Waters genoem; en die Gode het gesien dat hulle gehoorsaam is.

11 En die Gode het gesê: Laat ons die aarde voorberei om agras voort te bring; die kruid om saad voort te bring; die vrugteboom om vrugte voort te bring, volgens sy soort, waarvan die saad in homself sy eie gelykenis op die aarde voortbring; en dit was so, net soos hulle beveel het.

12 En die Gode het die aarde georganiseer om gras voort te bring van sy eie saad, en die kruid om kruie voort te bring van sy eie saad, en om saad volgens sy eie soort voort te bring; en die aarde om die boom voort te bring volgens sy eie saad, en om vrugte voort te bring, waarvan die saad slegs in homself kon voortbring, na sy soort; en die Gode het gesien dat hulle gehoorsaam is.

13 En dit het gebeur dat hulle die dae getel het; van die aand tot die môre het hulle nag genoem; en dit het gebeur, van die oggend tot die aand het hulle dag genoem; en dit was die derde periode.

14 En die Gode het die aligte in die uitspansel van die hemel georganiseer, en hulle die dag van die nag laat skei; en hulle georganiseer om tekens en seisoene te wees, en vir dae en vir jare;

15 En het hulle georganiseer om ligte te wees in die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde; en dit was so.

16 En die Gode het die twee groot ligte georganiseer, die agroter lig om oor die dag te heers, en die mindere lig om oor die nag te heers; saam met die mindere lig het hulle ook die sterre daargestel;

17 En die Gode het hulle gestel in die uitspansel van die hemele, om lig te gee op die aarde, en om te heers oor die dag en die nag, en om die lig van die duisternis te laat skei.

18 En die Gode het daardie dinge dopgehou wat hulle beveel het tot hulle gehoorsaam is.

19 En dit het gebeur dat dit van die aand tot die môre dat dit nag was; en dit het gebeur dat dit van die oggend tot die aand dat dit dag was; en dit was die vierde periode.

20 En die Gode het gesê: Laat ons die waters voorberei om oorvloedig die bewegende skepsels wat lewe het, voort te bring; en die voëls, sodat hulle bo die aarde mag vlieg in die ope uitspansel van die hemel.

21 En die Gode het die waters voorberei sodat hulle groot awalvisse mag voortbring, en elke lewende skepsel wat beweeg het, wat die waters moes voortbring in oorvloed na hulle soort; en elke gevleuelde voël na hulle soort. En die Gode het gesien dat hulle gehoorsaam sou word, en dat hulle plan goed was.

22 En die Gode het gesê: Ons sal hulle seën, en hulle laat vrugbaar wees en vermeerder, en die waters in die seë of agroot waters vul; en die voëls laat vermeerder op die aarde.

23 En dit het gebeur dat dit van die aand tot die oggend was wat hulle nag genoem het; en dit het gebeur dat dit van die oggend tot die aand was wat hulle dag genoem het; en dit was die vyfde periode.

24 En die aGode het die aarde voorberei om die lewende skepsel voort te bring volgens sy soort, vee en kruipende dinge, en diere van die aarde na hulle soort; en dit was so, soos hulle gesê het.

25 En die Gode het die aarde georganiseer om die diere volgens hulle soort voort te bring, en vee na hulle soort, en elke ding wat kruip op die aarde na sy eie soort; en die Gode het gesien dat hulle sou gehoorsaam.

26 En die Gode het araad gehou onder hulleself en gesê: Laat ons neerdaal en die bmens formeer na ons cbeeld, na ons gelykenis; en ons sal hulle heerskappy oor die visse van die see gee, en oor die voëls van die lug, en oor die vee, en oor die hele aarde, en oor elke kruipende ding wat op die aarde kruip.

27 Daarom het die aGode neergedaal om die mens na hul eie beeld te organiseer, na die gelykenis van die Gode om hom te formeer, man en vrou het hulle hul geformeer.

28 En die Gode het gesê: Ons sal hulle seën. En die Gode het gesê: Ons sal hulle laat vrugbaar wees en vermeerder, en die aarde vul, en dit onderwerp, en om heerskappy te hê oor die visse van die see, en oor die voëls van die lug, en oor elke lewende ding wat op die aarde beweeg.

29 En die Gode het gesê: Kyk, ons sal hulle elke kruid wat saad dra gee wat op die aangesig van die hele aarde sal kom, en elke boom wat vrugte daarop sal hê; ja, die vrugte van die boom wat saad gee aan hulle sal ons dit gee; dit sal vir hulle avoedsel wees.

30 En aan elke dier van die aarde, en aan elke voël van die lug, en aan elke ding wat op die aarde kruip, kyk, ons sal hulle lewe gee, en ook sal ons aan hulle elke groen kruid vir voedsel gee, en al hierdie dinge sal so georganiseer word.

31 En die Gode het gesê: Ons sal alles doen wat ons gesê het, en hulle organiseer; en kyk, hulle sal baie gehoorsaam wees. En dit het gebeur dat dit van die aand tot die oggend was en hulle het dit nag genoem; en dit het gebeur dat dit van die oggend tot die aand was wat hulle dag genoem het; en hulle het die asesde periode getel.