Skrifture
Abraham 1


Die Boek van Abraham

Vertaal van die Papirus, deur Joseph Smith

’n Vertaling van sommige antieke verslae wat in ons hande beland het van die katakombes van Egipte. Die geskrifte van Abraham terwyl hy in Egipte was, genaamd die Boek van Abraham, geskryf deur sy eie hand, op papirus.

Hoofstuk 1

Abraham soek die seëninge van die patriargale orde—Hy word vervolg deur valse priesters in Chaldéa—Jehova red hom—Die oorsprong en regering van Egipte word bespreek.

1 In die land van die aChaldeërs, by die verblyfplek van my vaders, het ek, bAbraham, besef dat dit noodsaaklik vir my was om ’n ander cverblyfplek te verkry;

2 En omdat ek gevind het dat daar groter avreugde en vrede en brus vir my was, het ek gesoek na die seëninge van die vaders, en die reg waartoe ek geordineer moes word om dit te bedien; en omdat Ek self ’n volgeling van cregverdigheid was, en begeer het om iemand te wees wat groot dkennis besit het, en om ’n groter volgeling van regverdigheid te wees, en om oor ’n groter kennis te beskik, en om ’n vader van baie nasies te wees, ’n prins van vrede, en begeer om onderrig te ontvang en om die gebooie van God te onderhou, het ek ’n regmatige erfgenaam geword, ’n eHoëpriester wat die freg hou wat aan die vaders behoort.

3 Dit is aan my atoegeken van die vaders; dit het van die vaders gekom, vanaf die begin van tyd, ja, en wel van die begin, of voor die grondlegging van die aarde, tot die huidige tyd, naamlik die reg van die beersgeborene, of die eerste man, wat cAdam is, of eerste vader, deur die vaders aan my.

4 Ek het gepoog om aaangestel te word tot die Priesterskap ooreenkomstig die aanstelling van God aan die vaders betreffende die saad.

5 Aangesien my avaders hul weggekeer het van hulle regverdigheid, en van die heilige gebooie wat die Here hulle God aan hulle gegee het, na die baanbidding van gode van die heidene, het hulle volstrek geweier om ag te slaan op my stem;

6 Want hulle harte was ingestel om kwaad te doen, en was algeheel gekeer na die agod van Élkena, en die god van Libna, en die god van Magmakra, en die god van Koras, en die god van Farao, koning van Egipte;

7 Daarom het hulle hul harte gekeer tot die offerandes van die heidene deur hulle kinders aan hierdie stom afgode te offer, en het nie ag geslaan op my stem nie, maar het gepoog om my lewe te neem deur die hand van die priester van Élkena. Die priester van Élkena was ook die priester van Farao.

8 Nou, op hierdie tydstip was dit die gebruik van die priester van Farao, die koning van Egipte, om op die altaar wat gebou is in die land Chaldéa te offer vir die offerande aan hierdie vreemde gode, mans, vroue en kinders.

9 En dit het gebeur dat die priester ’n offerande aan die god van Farao gemaak het, en ook aan die god van Sjagreël, en wel volgens die wyse van die Egiptenare. Nou die god van Sjagreël was die son.

10 Selfs die dankoffer van ’n kind het die priester van Farao geoffer op die altaar wat by die heuwel genaamd Pótifar se Heuwel gestaan het, aan die bopunt van die vlakte van Olisjem.

11 Nou, hierdie priester het op hierdie altaar drie maagde tegelyk geoffer, wat die dogters was van Onita, iemand van koninklike afkoms direk van die lendene van aGam. Hierdie maagde is geoffer vanweë hulle deug; hulle wou nie bneerbuig om gode van hout of van klip te aanbid nie, daarom is hulle gedood op hierdie altaar, en dit is gedoen volgens die wyse van die Egiptenare.

12 En dit het gebeur dat die priesters my met geweld gegryp het, sodat hulle my ook mag doodmaak, net soos hulle gedoen het met daardie maagde op hierdie altaar; en sodat julle ’n kennis mag hê van hierdie altaar, sal ek julle verwys na die afbeelding aan die aanvang van hierdie verslag.

13 Dit was gemaak in die vorm van ’n bed, soos onder die Chaldeërs te vinde was, en dit het voor die gode van Élkena, Libna, Magmakra, Koras asook ’n god soos dié van Farao, koning van Egipte, gestaan.

14 Sodat julle ’n begrip mag hê van hierdie gode, het ek julle ’n voorstelling van hulle gegee deur die figure aan die begin, welke soort figure deur die Chaldeërs Raleënos genoem is, wat hiërogliewe beteken.

15 En terwyl hulle hul hande opgelig het teen my, sodat hulle my mag offer en my lewe neem, kyk, het ek my stem tot die Here my God verhef, en die Here het aag geslaan en gehoor, en Hy het my gevul met die visioen van die Almagtige, en die engel van sy teenwoordigheid het by my gestaan en onmiddellik my bande blosgemaak;

16 En sy stem was tot my: Abraham, Abraham, kyk, my Naam is aJehova, en Ek het jou gehoor, en Ek het neergedaal om jou te verlos, en om jou weg te neem van jou vader se huis, en van al jou verwante, na ’n vreemde bland waarvan jy nie weet nie;

17 En dit omdat hulle hul harte van My weggekeer het, om die God van Élkena, en die god van Libna, en die god van Magmakra, en die god van Koras, en die god van Farao, koning van Egipte te aanbid; daarom het Ek neergedaal om hulle te besoek, en hom te vernietig wat sy hand teen jou opgelig het, Abraham my seun, om jou lewe te neem.

18 Kyk, Ek sal jou aan my hand lei, en Ek sal jou neem, om my Naam op jou te plaas, naamlik die aPriesterskap van jou vader, en my mag sal oor jou wees.

19 Soos dit was met Noag, so sal dit met jou wees; maar deur jou bediening sal my aNaam op die aarde vir ewig bekend wees, want Ek is jou God.

20 Kyk, Pótifar se Heuwel was in die land aUr, van Chaldéa. En die Here het die altaar van Élkena afgebreek, en van die gode van die land, en het hulle algeheel vernietig, en het die priester geslaan dat hy gesterwe het; en daar was groot weeklaag in Chaldéa, en ook in die hof van Farao; welke Farao beteken koning deur koninklike bloed.

21 Nou, hierdie Koning van Egipte was ’n afstammeling uit die lendene van aGam, en was ’n deelhebber van die bloed van die bKanaäniete deur geboorte.

22 Van hierdie herkoms het al die Egiptenare ontstaan, en aldus is die bloed van die Kanaäniete bewaar in die land.

23 Die land aEgipte is eerste deur ’n vrou ontdek, wat die dogter van Gam, en die dogter van Egiptus was, wat in Chaldees Egipte beteken, wat dít wat verbode is, beteken;

24 Toe hierdie vrou die land ontdek het, was dit onder water, wat daarna haar seuns daarop gevestig het; en dus, uit Gam, ontstaan daardie ras wat die vloek in daardie land behou het.

25 Nou, die eerste regering van Egipte is gevestig deur Farao, die oudste seun van Egyptus, die dogter van Gam, en dit was volgens die wyse van die regering van Gam, wat patriargaal was.

26 Aangesien Farao ’n regverdige man was, het hy sy koninkryk gevestig en sy volk verstandig en regverdig regeer al sy dae, en getrou gepoog om daardie orde na te volg wat deur die vaders in die eerste geslagte gevestig is, in die dae van die eerste patriargale heerskappy, naamlik in die heerskappy van Adam, en ook van Noag, sy vader, wat hom geseën het met die aseëninge van die aarde, en met die seëninge van wysheid, maar hom vervloek het betreffende die Priesterskap.

27 Nou, aangesien Farao van daardie afkoms was waardeur hy nie die reg tot die aPriesterskap kon hê nie, nieteenstaande die Farao’s dit graag van Noag wou eis, deur Gam, daarom is my vader deur hulle afgodery weggelei.

28 Maar ek sal poog, hierna, om die kronologie wat terugstrek van myself tot die begin van die skepping te skets, want die akronieke het in my hande beland, wat ek hou tot die huidige tyd.

29 Nou, nadat die Priester van Élkena geslaan is dat hy gesterf het, het daar ’n vervulling gekom van daardie dinge wat aan my gesê is aangaande die land Chaldéa, dat daar ’n hongersnood in die land sou wees.

30 Dienooreenkomstig het ’n hongersnood geheers deur die hele land Chaldéa, en my vader was erg gepynig vanweë die hongersnood, en hy het bekeer van die kwaad wat hy besluit het teen my, om my alewe te neem.

31 Maar die kronieke van die vaders, naamlik die patriarge, aangaande die reg van die Priesterskap, het die Here my God in my eie hande bewaar; daarom, ’n kennis van die begin van die skepping, en ook van die aplanete, en van die sterre, soos hulle bekendgemaak is aan die vaders, het ek bewaar en wel tot hierdie dag, en ek sal poog om sommige van hierdie dinge in hierdie kroniek te skrywe, tot die voordeel van my nageslag wat na my sal kom.