Skrifture
Geloofsartikels 1


Die Geloofsartikels
van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae

Hoofstuk 1

1 Ons aglo in bGod, die Ewige Vader, en in sy cSeun, Jesus Christus, en in die dHeilige Gees.

2 Ons glo dat die mens vir sy aeie sondes gestraf sal word, en nie vir bAdam se oortreding nie.

3 Ons glo dat deur die aVersoening van Christus, die ganse mensdom bgered mag word, deur cgehoorsaamheid aan die dwette en ordinansies van die eEvangelie.

4 Ons glo dat die eerste beginsels en aordinansies van die Evangelie is: eerstens, bGeloof in die Here Jesus Christus; tweedens, cBekering; derdens, dDoop deur onderdompeling vir die evergifnis van sondes; vierdens, Oplegging van fhande vir die ggawe van die Heilige Gees.

5 Ons glo dat ’n man deur God ageroep moet word, deur bprofesie, en deur die oplegging van chande deur diegene wat dgesag besit, om die Evangelie te epredik en die fordinansies daarvan te bedien.

6 Ons glo in dieselfde aorganisasie wat bestaan het in die Primitiewe Kerk, naamlik, bapostels, cprofete, dherders, leraars, eevangeliste, ensovoorts.

7 Ons glo in die agawe van btonge, cprofesie, dopenbaring, evisioene, fgenesing, guitlegging van tonge, ensovoorts.

8 Ons glo dat die aBybel die bwoord van God is in soverre dit ckorrek vertaal is; ons glo ook dat die dBoek van Mormon die woord van God is.

9 Ons glo alles wat God ageopenbaar het, alles wat Hy nou openbaar, en ons glo dat Hy nog vele groot en belangrike dinge betreffende die Koninkryk van God sal bopenbaar.

10 Ons glo in die letterlike aversameling van Israel en in die herstelling van die bTien Stamme; dat cSion (die Nuwe Jerusalem) op die Amerikaanse kontinent gebou sal word; dat Christus persoonlik op die aarde sal dheers; en, dat die aarde evernuwe sal word en haar fparadyslike gheerlikheid sal ontvang.

11 Ons eien ons die avoorreg toe om die Almagtige God te aanbid ooreenkomstig die bstem van ons eie cgewete, en gun alle mense dieselfde voorreg, laat hulle daanbid hoe, waar, of wat hulle wil.

12 Ons glo daarin om onderworpe te wees aan konings, presidente, heersers en magistrate, deur die awet te gehoorsaam, te eer en te onderskraag.

13 Ons glo daarin om aeerlik, getrou, bkuis, welwillend en deugsaam te wees, en om cgoed te doen aan alle mense; inderdaad mag ons sê dat ons die dvermaning van Paulus navolg—Ons eglo alle dinge, ons hoop alle dinge, ons het baie dinge verduur, en hoop om in staat te wees om alle dinge te fverduur. Indien daar enigiets is wat gdeugsaam, lieflik, of van goeie berig of prysenswaardig is, strewe ons na daardie dinge.

Joseph Smith.