Studiehulp
JSV, Hebreërs 7


JSV, Hebreërs 7:3. Vergelyk Hebreërs 7:3

Melgisédek was ’n priester volgens die orde van die Seun van God. Al diegene wat hierdie priesterskap ontvang, kan soos die Seun van God word.

3 Want hierdie Melgisédek is as priester geordineer volgens die orde van die Seun van God, welke orde sonder vader en moeder was, sonder oorerwing, en het nie ’n begin van dae nóg die einde van die lewe. En al diegene wat tot hierdie priesterskap geordineer word, word soos die Seun van God, en bly altyd ’n priester.

JSV, Hebreërs 7:19–21. Vergelyk Hebreërs 7:19–21

Die wet het die mense voorberei vir Jesus wat “die sekerheid is van ’n beter testament.”

19 Want die wet is uitgevoer sonder ’n eed en het niks volmaak gemaak nie, maar het slegs ’n beter hoop ingebring; waardeur ons nader kom aan God.

20 In soverre hierdie hoëpriester nie sonder ’n eed was nie, deur soveel is Jesus die sekerheid gemaak van ’n beter testament.

21 (Want daardie priesters is gemaak sonder ’n eed; maar hierdie met ’n eed deur hom wat aan hom gesê het, Die Here het gesweer en sal nie bekeer nie, U is ’n priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek;)

JSV, Hebreërs 7:25–26. Vergelyk Hebreërs 7:26–27

Jesus offer homself as ’n sondelose offerande vir ons sondes.

25 Want so ’n hoëpriester was geskik vir ons, wat heilig is, onskadelik, onbesmet, afgesonder van sondaars en heerser oor die hemele gemaak is;

26 En nie soos daardie hoëpriesters wat daagliks ’n offerande geoffer het nie, eerstens vir hul eie sondes en dan vir die sondes van die volk; want Hy het nie nodig om ’n offerande te offer vir sy eie sondes nie, want Hy het geen sondes geken nie; maar vir die sondes van die volk. En dit het Hy éénkeer gedoen, toe Hy homself geoffer het.