Skrifture
Leer en Verbonde 77


Afdeling 77

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, te Hiram, Ohio, ongeveer Maart 1832. Joseph Smith se geskiedenis verklaar, “Betreffende die vertaling van die Skrifture het ek die volgende verduideliking van die Openbaring van Johannes ontvang.”

1–4, Diere het geeste en sal in ewige geluksaligheid woon; 5–7, Hierdie aarde het ’n tydelike bestaan van 7,000 jaar; 8–10, Verskeie engele herstel die evangelie en dien op die aarde; 11, Die verseëling van die 144,000; 12–14, Christus sal kom aan die begin van die sewende duisend jaar; 15 Twee profete sal verwek word vir die Joodse nasie.

1 Vraag: Wat is die asee van glas waarvan Johannes spreek, 4de hoofstuk, en 6de vers van Openbaring?Antwoord: Dit is die baarde, in sy geheiligde, onsterflike, en cewige toestand.

2 Vraag: Wat moet ons verstaan onder die vier diere waarvan in dieselfde vers gespreek word?Antwoord: Hulle is afiguurlike uitdrukkings, gebruik deur die Openbaarder, Johannes, om die bhemel, die cparadys van God, die dvreugde van die mens en van diere en van kruipende dinge en van die voëls van die lug te beskryf; dit wat geestelik is, is in die gelykenis van dit wat stoflik is; en dit wat stoflik is, is in die gelykenis van dit wat geestelik is; die egees van die mens is in die gelykenis van sy persoon, so ook die gees van die fdier, en elke ander skepsel wat die Here geskape het.

3 Vraag: Is die vier diere beperk tot individuele diere, of verteenwoordig hulle klasse of ordes?Antwoord: Hulle is beperk tot vier individuele diere, wat aan Johannes getoon is, om die heerlikheid van die klasse van diere in hulle bestemde orde of asfeer van skepping te verteenwoordig, in die genieting van hul ewige bgeluk.

4 Vraag: Wat moet ons verstaan onder die oë en vlerke wat die diere gehad het?Antwoord: Hulle oë is ’n voorstelling van lig en akennis, dit is, hulle is vol kennis; en hulle vlerke is ’n voorstelling van bmag, om te beweeg, om te handel, ens.

5 Vraag: Wat moet ons verstaan onder die vier en twintig aouderlinge van wie Johannes gespreek het?Antwoord: Ons moet verstaan dat hierdie ouderlinge wat Johannes gesien het, ouderlinge was wat bgetrou was in die werk van die bediening en gesterf het; wat behoort het aan die csewe kerke, en toe in die paradys van God was.

6 Vraag: Wat moet ons verstaan onder die boek wat Johannes gesien het, wat op die rug averseël was met sewe seëls?Antwoord: Ons moet verstaan dat dit die geopenbaarde wil, bverborgenhede en die werke van God bevat; die versteekte dinge van sy beheer betreffende hierdie caarde gedurende die seweduisend jaar van die voortduur daarvan, of die tydelike bestaan daarvan.

7 Vraag: Wat moet ons verstaan onder die sewe seëls waarmee dit verseël was?Antwoord: Ons moet verstaan dat die eerste seël die dinge van die aeerste duisend jaar bevat, en die tweede ook van die tweede duisend jaar, en so aan tot die sewende.

8 Vraag: Wat moet ons verstaan onder die vier engele waarvan gespreek word in die 7de hoofstuk en 1ste vers van Openbaring?Antwoord: Ons moet verstaan dat hulle vier engele is wat uitgestuur is deur God, aan wie mag gegee is oor die vier hoeke van die aarde, om lewens te red en te vernietig; dit is hulle wat die aewigdurende evangelie het om toe te vertrou aan elke nasie, stam, taal en volk; met die mag om die hemele te sluit, om tot die lewe te verseël, of na die bgebiede van die duisternis neer te werp.

9 Vraag: Wat moet ons verstaan onder die engel wat opkom vanuit die ooste, Openbaring 7de hoofstuk en 2de vers?Antwoord: Ons moet verstaan dat die engel wat opkom vanuit die ooste hy is aan wie die seël van die lewende God oor die twaalf stamme van aIsrael gegee word; daarom roep hy tot die vier engele wat die ewigdurende evangelie het, en sê: Moenie die aarde beskadig nie, nóg die see, nóg die bome, totdat ons die diensknegte van ons God op hulle bvoorhoofde geseël het. En, as julle dit wil aanvaar, dit is cElías wat sou kom om die stamme van Israel byeen te versamel en alle dinge te dherstel.

10 Vraag: Wanneer sal die dinge waarvan gespreek word in hierdie hoofstuk vervul word?Antwoord: Hulle sal vervul word in die asesde duisend jaar, of die opening van die sesde seël.

11 Vraag: Wat moet ons verstaan onder die verseëling van die aeenhonderd vier en veertigduisend, vanuit al die stamme van Israel—twaalfduisend uit elke stam?Antwoord: Ons moet verstaan dat diegene wat verseël is, bhoëpriesters is, geordineer tot die heilige orde van God, om die ewigdurende evangelie te bedien, want dit is hulle wat geordineer is uit elke nasie, stam, taal en volk, deur die engele aan wie mag gegee is oor die nasies van die aarde, om soveel as wat wil kom, na die kerk van die cEersgeborene te bring.

12 Vraag: Wat moet ons verstaan onder die klink van die atrompette waarna verwys word in die 8ste hoofstuk van Openbaring?Antwoord: Ons moet verstaan dat soos God die wêreld in ses dae gemaak het, en op die sewende dag sy werk voltooi het, en dit bgeheilig het, en ook die mens uit die cstof van die aarde gevorm het, net so, aan die begin van die sewende duisend jaar sal die Here God die aarde dheilig, en die heil van die mens volbring, en alle dinge eoordeel, en sal alle dinge fverlos behalwe dit wat Hy nie in sy mag geplaas het nie, wanneer Hy alle dinge sal verseël het, tot die einde van alle dinge; en die klink van die trompette van die sewe engele is die voorbereiding en voleindiging van sy werk, aan die begin van die sewende duisend jaar—die bereiding van die weg voor die tyd van sy koms.

13 Vraag: Wanneer sal die dinge volbring word wat opgeteken is in die 9de hoofstuk van Openbaring?Antwoord: Dit sal volbring word na die opening van die sewende seël, voor die koms van Christus.

14 Vraag: Wat moet ons verstaan onder die klein boekie wat deur Johannes ageëet was, waarna verwys word in die 10de hoofstuk van Openbaring?Antwoord: Ons moet verstaan dat dit ’n sending was, en ’n ordinansie, vir hom om die stamme van Israel te bversamel; kyk, dit is Elías, wat, soos dit geskryf is, moet kom en alle dinge cherstel.

15 Vraag: Wat moet verstaan word onder die twee agetuies, in die elfde hoofstuk van Openbaring?Antwoord: Hulle is twee profete wat verwek sal word vir die bJoodse nasie in die claaste dae, ten tye van die dherstelling, en om te profeteer aan die Jode nadat hulle versamel is en die stad Jerusalem gebou het in die eland van hulle vaders.