Skrifture
Leer en Verbonde 68


Afdeling 68

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Hiram, Ohio, 1 November 1831, in antwoord op gebed dat die wil van die Here aangaande Orson Hyde, Luke S. Johnson, Lyman E. Johnson, en William E. McLellin bekend gemaak word. Alhoewel ’n gedeelte van hierdie openbaring aan hierdie vier mans gerig was, is baie van die inhoud van toepassing op die hele Kerk. Hierdie openbaring is uitgebrei onder Joseph Smith se leiding toe dit in die 1835-uitgawe van die Doctrine and Covenants [Leer en Verbonde] gepubliseer is.

1–5, Die woorde van die ouderlinge wanneer geïnspireer deur die Heilige Gees is skriftuur; 6–12, Ouderlinge moet preek en doop, en tekens sal ware gelowiges volg; 13–24, Die eersgeborenes onder die seuns van Aäron mag dien as die Presiderende Biskop (dit is, die sleutels hou van presidensie as ’n biskop) onder leiding van die Eerste Presidensie; 25–28, Ouers word gebied om die evangelie te leer aan hulle kinders; 29–35, Die Heiliges moet die Sabbat onderhou, ywerig werk en bid.

1 My dienskneg, Orson Hyde, is geroep deur sy ordinering om die ewigdurende evangelie te verkondig, deur die aGees van die Lewende God, van volk tot volk, en van plek tot plek, in die gemeentes van die bose, in hulle sinagoges, en om te redeneer en alle skrifture uit te lê aan hulle.

2 En, kyk, en sien, dit is ’n voorbeeld vir al diegene wat geordineer is tot hierdie priesterskap, wie se sending vir hulle aangewys is om uit te gaan—

3 En dit is die voorbeeld vir hulle, dat hulle sal aspreek soos hulle geïnspireer word deur die Heilige Gees.

4 En wat hulle ook al sal spreek wanneer geïnspireer deur die aHeilige Gees sal skriftuur wees, sal die wil van die Here wees, sal die verstand van die Here wees, sal die woord van die Here wees, sal die stem van die Here wees, en die bmag van God tot heil.

5 Kyk, dit is die belofte van die Here aan julle, o julle my diensknegte.

6 Daarom, wees blymoedig, en moenie avrees nie, want Ek die Here is met julle, en sal by julle staan; en julle sal getuienis lewer van My, naamlik Jesus Christus, dat Ek die Seun van die lewende God is, dat Ek was, dat Ek is, en dat Ek sal kom.

7 Dit is die woord van die Here aan jou, my dienskneg aOrson Hyde, en ook aan my dienskneg Luke Johnson, en aan my dienskneg Lyman Johnson, en aan my dienskneg William E. McLellin, en aan al die getroue ouderlinge van my kerk—

8 aGaan julle na die hele wêreld, bpreek die evangelie aan elke cskepsel, en tree op met die dgesag wat Ek julle gegee het, en edoop in die Naam van die Vader, en van die Seun, en van die Heilige Gees.

9 En ahy wat glo en gedoop word, sal bgered word, en hy wat nie glo nie, sal cverdoem word.

10 En hy wat glo, sal geseën word met atekens wat volg, net soos dit geskryf is.

11 En aan julle sal dit gegee word om die atekens van die tye te ken, en die tekens van die koms van die Seun van die Mens;

12 En van soveel as wat die Vader getuienis sal lewer, aan julle sal mag gegee word om hulle te averseël tot die ewige lewe. Amen.

13 En nou, aangaande die sake bykomend tot die verbonde en gebooie, hulle is die volgende—

14 Hierna bly oor, op die bepaalde tyd van die Here, ander abiskoppe om afgesonder te word vir die kerk, om te dien soos die eerstes;

15 Daarom sal hulle ahoëpriesters wees wat waardig is, en hulle sal aangestel word deur die bEerste Presidensie van die Melgisédekse Priesterskap, tensy hulle letterlike afstammelinge is van cAäron.

16 En as hulle letterlike afstammelinge is van aAäron, het hulle ’n wetlike reg tot die biskopsamp, indien hulle die eersgeborenes onder die seuns van Aäron is;

17 Want die eersgeborene hou die reg van presidensie oor hierdie priesterskap, en die asleutels of gesag daarvan.

18 Geen man het ’n wetlike reg tot hierdie amp, om die sleutels van hierdie priesterskap te hou, tensy hy ’n aletterlike afstammeling en eersgeborene van Aäron is.

19 Maar, omdat ’n ahoëpriester van die Melgisédekse Priesterskap gesag het om op te tree in al die mindere ampte, mag hy optree in die amp van bbiskop wanneer geen letterlike afstammeling van Aäron gevind kan word nie, mits hy geroep en afgesonder word en geordineer word tot hierdie mag, onder die hande van die Eerste Presidensie van die Melgisédekse Priesterskap.

20 En ’n letterlike afstammeling van Aäron, ook, moet aangewys word deur hierdie Presidensie, en waardig bevind word, en agesalf, en bgeordineer word onder die hande van hierdie Presidensie, anders is hulle nie wettiglik gemagtig om op te tree in hulle priesterskap nie.

21 Maar, op grond van die dekreet aangaande hulle reg op die priesterskap wat oorgaan van vader tot seun, mag hulle hul salwing opeis indien hulle op enige stadium hul afstamming kan bewys, of dit bepaal deur openbaring van die Here onder die hande van die bogenoemde Presidensie.

22 En verder, geen biskop of hoëpriester wat afgesonder sal word vir hierdie bediening sal verhoor word of veroordeel word vir enige misdaad nie, tensy dit voor die aEerste Presidensie van die kerk is;

23 En in soverre hy skuldig bevind word voor hierdie Presidensie, deur getuienis wat nie weerlê kan word nie, sal hy veroordeel word;

24 En as hy bekeer, sal hy avergewe word, volgens die verbonde en gebooie van die kerk.

25 En verder, in soverre aouers kinders het in Sion, of in enige van haar bpenne wat georganiseer is, wat hulle nie onderrig om die cleer te verstaan van bekering, geloof in Christus die Seun van die lewende God, en van doop en die gawe van die Heilige Gees deur die oplegging van hande, wanneer dagt jaar oud nie, rus die esonde op die hoofde van die ouers.

26 Want dit sal ’n wet wees vir die inwoners van aSion, of in enige van haar penne wat georganiseer is.

27 En hulle kinders sal agedoop word vir die bvergifnis van hulle sondes wanneer cagt jaar oud, en die oplegging van hande ontvang.

28 En hulle sal ook hulle kinders leer om te abid, en opreg te wandel voor die Here.

29 En die inwoners van Sion sal ook die aSabbatdag gedenk om dit te heilig.

30 En die inwoners van Sion sal ook hulle arbeid onthou, in soverre hulle aangestel word om te arbei, in alle getrouheid; want die luiaard sal in herinnering gebring word voor die Here.

31 Nou, Ek, die Here, het nie ’n welbehae in die inwoners van Sion nie, want daar is aluiaards onder hulle; en hulle kinders word ook groot in bboosheid; hulle csoek ook nie in alle erns na die rykdomme van die ewigheid nie, maar hul oë is vol hebsug.

32 Hierdie dinge behoort nie so te wees nie, en moet weggedoen word onder hulle; daarom, laat my dienskneg Oliver Cowdery hierdie woorde oordra aan die land Sion.

33 En ’n gebod gee Ek aan hulle—dat hy wat nie sy agebede doen voor die Here op die geleë tyd nie, laat hom in bherinnering gebring word voor die regter van my volk.

34 Hierdie awoorde is waar en getrou; daarom, oortree hulle nie, nóg bneem daarvan weg.

35 Kyk, Ek is aAlfa en Omega, en Ek bkom spoedig. Amen.