Skrifture
Leer en Verbonde 63


Afdeling 63

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 30 Augustus 1831. Die Profeet, Sidney Rigdon, en Oliver Cowdery het op 27 Augustus in Kirtland aangekom van hulle besoek aan Missouri. Joseph Smith se geskiedenis beskryf hierdie openbaring: “In hierdie kinderdae van die kerk was daar ’n groot gretigheid om die woord van die Here te bekom oor elke onderwerp wat op enige wyse ons heil aanraak; en aangesien die land Sion nou die belangrikste stoflike doelwit was, het ek by die Here navraag gedoen oor verdere inligting oor die versameling van die Heiliges, en die aankoop van die grond, en ander sake.”

1–6, ’n Dag van toorn sal oor die bose kom; 7–12, Tekens kom deur geloof; 13–19, Die owerspeliges van hart sal die geloof verloën en in die poel van vuur gewerp word; 20, Die getroues sal ’n erfenis ontvang op die verheerlikte aarde; 21, ’n Volle verslag van die gebeure op die Berg van Transfigurasie is nog nie geopenbaar nie; 22–23, Die gehoorsames ontvang die verborgenhede van die koninkryk; 24–31, Erfenisse in Sion moet gekoop word; 32–35, Die Here verorden oorloë, en die bose dood die bose; 36–48, Die Heiliges moet versamel in Sion en moet geld voorsien om dit op te bou; 49–54, Seëninge word verseker vir die getroues tydens die Tweede Koms, in die Opstanding, en gedurende die Millennium; 55–58, Dit is ’n dag van waarskuwing; 59–66, Die Here se Naam word ydellik gebruik deur diegene wat dit gebruik sonder gesag.

1 Slaan ag, o julle mense, en open julle harte en neig die oor van veraf; en luister, julle wat julleself die volk van die Here noem, en hoor die woord van die Here en sy wil aangaande julle.

2 Ja, voorwaar, Ek sê, hoor die woord van Hom wie se toorn ontvlam is teen die bose en arebelses;

3 Wat wil neem wie ook al hy wil aneem, en hulle bewaar in die lewe wie hy wil bewaar;

4 Wat opbou volgens sy eie wil en behae; en vernietig wanneer Hy wil, en in staat is om die siel neer te werp in die hel.

5 Kyk, Ek, die Here, uiter my stem, en dit sal gehoorsaam word.

6 Daarom, voorwaar sê Ek, laat die bose kennis neem, en laat die rebelses vrees en bewe; en laat die ongelowiges hulle lippe toehou, want die adag van toorn sal oor hulle kom soos ’n bwarrelwind, en alle vlees sal cweet dat Ek God is.

7 En hy wat soek na tekens sal atekens sien, maar nie tot heil nie.

8 Voorwaar, Ek sê vir julle, daar is diegene onder julle wat tekens soek, en daar was diesulkes selfs vanaf die begin.

9 Maar, kyk, geloof kom nie deur tekens nie, maar tekens volg diegene wat glo.

10 Ja, tekens kom deur ageloof, nie deur die wil van mense nie, nóg soos hulle wil, maar deur die wil van God.

11 Ja, tekens kom deur geloof, tot magtige werke, want sonder ageloof kan geen mens die Here behaag nie; en in diegene wat God vertoorn, het Hy nie ’n welbehae nie; daarom, aan diesulkes toon hy geen tekens nie, net in btoorn tot hulle cveroordeling.

12 Daarom, Ek die Here, het nie ’n welbehae in diegene onder julle wat gesoek het na tekens en wonders vir geloof, en nie tot die voordeel van mense tot my heerlikheid nie.

13 Nietemin, Ek gee gebooie, en vele het weggedraai van my gebooie en het hulle nie onderhou nie.

14 Daar was onder julle aegbrekers en egbreeksters; sommige van wie weggedraai het van julle, en andere bly onder julle wat hierna openbaar gemaak sal word.

15 Laat diesulkes oppas en spoedig bekeer, sodat oordeel nie oor hulle kom soos ’n strik nie, en hulle dwaasheid openbaar gemaak sal word, en hulle werke sal hulle volg in die oë van die volk.

16 En voorwaar Ek sê vir julle, soos Ek voorheen gesê het, hy wat na ’n vrou akyk om haar te bbegeer, of indien enigeen cegbreuk sal pleeg in hul harte, sal hulle nie die Gees hê nie, maar sal die geloof verloën en sal vrees.

17 Daarom, Ek, die Here, het gesê dat die abevreesdes, en die ongelowiges, en alle bleuenaars, en wie ook al wat ’n leuen liefhet en clieg, en die hoereerder, en die towenaar, sal hulle deel hê in daardie dpoel wat brand met vuur en swael, wat die etweede dood is.

18 Voorwaar Ek sê, dat hulle nie deel sal hê in die aeerste opstanding nie.

19 En nou kyk, Ek die Here, sê vir julle dat julle nie ageregverdig is nie, want hierdie dinge is onder julle.

20 Nietemin, hy wat avolhard in geloof en my wil doen, hy sal oorwin, en sal ’n berfenis ontvang op die aarde wanneer die dag van transfigurasie sal kom;

21 Wanneer die aaarde bverheerlik sal word, ja volgens die voorbeeld wat aan my apostels getoon is op die cberg; van welke verslag julle nog nie die volheid ontvang het nie.

22 En nou, voorwaar Ek sê vir julle, dat soos Ek gesê het dat Ek my wil aan julle sou bekendmaak, kyk Ek sal dit aan julle bekendmaak, nie by wyse van gebod nie, want daar is vele wat nie my gebooie onderhou nie.

23 Maar aan hom wat my gebooie onderhou, sal Ek die averborgenhede van my koninkryk gee, en dit sal in hom ’n fontein wees van blewende water, wat copspring tot die ewigdurende lewe.

24 En nou, kyk, dit is die wil van die Here jou God aangaande sy heiliges, dat hulle hulself byeen moet versamel in die land Sion, nie in haas nie, sodat daar nie verwarring mag wees nie, wat pestilensie bring.

25 Kyk, die land aSion—Ek, die Here, hou dit in my eie hand;

26 Nietemin, Ek, die Here, gee aan die aKeiser dié dinge wat die Keiser s’n is.

27 Daarom, Ek die Here, wil dat julle die grond moet koop, sodat julle voordeel mag hê oor die wêreld, sodat julle reg mag hê tot die wêreld, sodat hulle nie opgeroer mag word tot woede nie.

28 Want aSatan plaas dit in hulle harte tot woede teen julle, en tot die vergieting van bloed.

29 Daarom, die land Sion sal nie bekom word nie, behalwe deur aankoop of deur bloed, anders is daar geen erfenis vir julle nie.

30 En indien deur aankoop, kyk julle is geseënd.

31 En indien deur bloed, aangesien julle verbied is om bloed te vergiet, sien, julle vyande is op julle, en julle sal gegésel word van stad tot stad, en van sinagoge tot sinagoge, en slegs ’n paar sal staan om ’n erfenis te ontvang.

32 Ek, die Here, is vertoorn op die bose; Ek weerhou my Gees van die bewoners van die aarde.

33 Ek het gesweer in my toorn, en aoorloë verorden op die aangesig van die aarde, en die bose sal die bose doodmaak, en vrees sal oor elkeen kom.

34 En ook die aheiliges sal nouliks ontsnap; nietemin, Ek, die Here, is met hulle, en sal bneerdaal in die hemel van die teenwoordigheid van my Vader en die cbose verteer met onblusbare dvuur.

35 En kyk, dit is nog nie, maar weldra.

36 Daarom, siende dat Ek, die Here, hierdie dinge verorden het op die aangesig van die aarde, wil Ek dat my heiliges versamel word op die land Sion.

37 En dat elkeen aregverdigheid in sy hande sal neem en getrouheid om sy lendene, en ’n waarskuwende bstem verhef tot die bewoners van die aarde; en verklaar beide deur woord en deur vlug dat cverlatenheid op die bose sal neerkom.

38 Daarom, laat my dissipels in Kirtland hulle stoflike sake reël, wat op hierdie plaas woon.

39 Laat my dienskneg Titus Billings, wat in beheer is daarvan, hierdie grond verkoop, sodat hy voorbereid mag wees in die komende lente om sy reis te onderneem na die land Sion, met diegene wat op die aangesig daarvan woon, behalwe diegene wat Ek sal bewaar vir Myself, wat nie sal gaan tot Ek hulle gebied nie.

40 En laat alle geld wat gespaar kan word, dit maak nie vir My saak of dit min of veel is nie, gestuur word na die land Sion, aan hulle wat Ek aangestel het om te ontvang.

41 Kyk, Ek die Here, sal aan my dienskneg Joseph Smith, Jr., mag gee sodat hy in staat sal wees om deur die Gees diegene te aonderskei wat sal opgaan na die land Sion, en diegene van my dissipels wat sal agterbly.

42 Laat my dienskneg Newel K. Whitney sy winkel behou, of met ander woorde, die winkel, vir nog ’n kort tydjie.

43 Nietemin, laat hom al die geld deel wat hy kan deel, om opgestuur te word na die land Sion.

44 Kyk, hierdie dinge is in sy eie hande, laat hom volgens wysheid handel.

45 Voorwaar, Ek sê, laat hom geordineer word as agent vir die dissipels wat sal agterbly, en laat hom geordineer word tot hierdie mag.

46 En nou, besoek spoedig die kerke, en verduidelik hierdie dinge aan hulle, saam met my dienskneg Oliver Cowdery. Kyk, dit is my wil, verkryging van geld soos Ek aangedui het.

47 Hy wat agetrou is en volhard, sal die wêreld oorwin.

48 Hy wat skatte opstuur na die land Sion sal ’n aerfenis ontvang in hierdie wêreld, en sy werke sal hom volg, en ook ’n beloning in die toekomende wêreld.

49 Ja, en geseënd is die dode wat in die Here asterwe, van nou af, wanneer die Here sal kom, en ou dinge sal bverbygaan, en alle dinge sal nuut word, hulle sal copstaan uit die dood en sal nie agterna dsterwe nie, en sal ’n erfenis ontvang voor die Here, in die heilige stad.

50 En hy wat lewe wanneer die Here sal kom, en die geloof behou het, ageseënd is hy; nietemin, dit is aan hom gegee om te bsterf op die leeftyd van die mens.

51 Daarom, kinders asal bgrootword totdat hulle oud word; ou mense sal sterwe; maar hulle sal nie slaap in die stof nie, maar hulle sal cverander word binne ’n oogwink.

52 Daarom, om hierdie rede het die apostels aan die wêreld die opstanding van die dode gepreek.

53 Hierdie dinge is die dinge waarna julle moet soek; en sprekende volgens die wyse van die Here, hulle is nou aop hande, en in ’n toekomstige tyd, naamlik op die dag van die koms van die Seun van die Mens.

54 En tot daardie uur sal daar dwase amaagde wees onder die verstandiges; en op daardie uur kom ’n volkome skeiding van die regverdiges en die bose; en op daardie dag sal Ek my engele bstuur om die bose uit te pluk en in die onblusbare vuur te werp.

55 En nou kyk, voorwaar Ek sê vir julle, Ek, die Here, skep nie welbehae in my dienskneg aSidney Rigdon nie; hy het homself bverhef in sy hart, en nie raad aanvaar nie, maar die Gees gegrief.

56 Daarom, sy ageskrif is nie aanvaarbaar vir die Here nie, en hy sal ’n ander maak; en indien die Here dit nie ontvang nie, kyk, hy staan nie langer in die amp waarin Ek hom aangestel het nie.

57 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, adiegene wat in hulle harte begeer, in sagmoedigheid, om sondaars te bwaarsku tot bekering, laat hulle geordineer word tot hierdie mag.

58 Want dit is ’n dag van waarskuwing, en nie ’n dag van veel woorde nie. Want Ek die Here, laat My nie bespot in die laaste dae nie.

59 Kyk, Ek is van bo, en my mag lê benede. Ek is oor alles, en in alles, en deur alles, en aondersoek alle dinge, en die dag kom dat alle dinge onderworpe sal wees aan My.

60 Kyk, Ek is aAlfa en Omega, naamlik Jesus Christus.

61 Daarom, laat alle mense oppas hoe hulle my aNaam op hulle lippe neem—

62 Want kyk, voorwaar Ek sê, dat daar vele is wat onder hierdie veroordeling is, wat die Naam van die Here gebruik, en dit ydellik gebruik, sonder om gesag te hê.

63 Daarom, laat die kerk bekeer van hulle sondes, en Ek, die Here, sal hulle eien; anders sal hulle afgesny word.

64 Onthou dat dit wat van bo kom is aheilig, en moet met omsigtigheid bgespreek word, en deur beteueling deur die Gees; en hierin is daar geen veroordeling nie, en julle ontvang die Gees cdeur gebed; daarom, daarsonder bly daar veroordeling.

65 Laat my diensknegte, Joseph Smith, Jr., en Sidney Rigdon, vir hulle ’n tuiste soek, soos hulle geleer word deur agebed deur die Gees.

66 Hierdie dinge bly om oorwin te word deur geduld, sodat dié ’n meer oortreffende en ewige agewig van bheerlikheid mag ontvang, anders, ’n groter veroordeling. Amen.