Skrifture
Leer en Verbonde 6


Afdeling 6

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet en Oliver Cowdery, te Harmony, Pennsilvanië, April 1829. Oliver Cowdery het sy werk as skrywer begin met die vertaling van die Boek van Mormon, 7 April 1829. Hy het alreeds ’n goddelike openbaring ontvang van die waarheid van die Profeet se getuienis aangaande die plate waarop die Boek van Mormon kroniek gegraveer was. Die Profeet het by die Here deur die Urim en Tummim navraag gedoen en hierdie antwoord ontvang.

1–6, Arbeiders in die Here se veld verkry heil; 7–13, Daar is geen groter gawe as die gawe van heil nie; 14–27, ’n Getuienis van die waarheid kom deur die krag van die Gees; 28–37, Sien op na Christus, en doen voortdurend goed.

1 ’n Groot en awonderbaarlike werk is aan die kom onder die kinders van mense.

2 Kyk, Ek is God; gee gehoor aan my awoord, wat lewend en kragtig is, bskerper as ’n tweesnydende swaard, om van mekaar te skei beide gewrigte en murg; daarom gee gehoor aan my woord.

3 Kyk, die aveld is wit, gereed vir die oes; daarom, wie ook al begeer om te oes, laat hom sy sekel insteek met sy mag, en oes terwyl die dag duur, dat hy mag opgaar vir sy siel ewigdurende heil in die koninkryk van God.

4 Ja, wie ook al sy sekel wil ainsteek en oes, hy word geroep deur God.

5 Daarom, as julle My avra, sal julle ontvang; as julle klop sal dit vir julle oopgemaak word.

6 Nou, omdat julle gevra het, kyk, Ek sê vir julle, onderhou my gebooie, en asoek om die saak van bSion voort te bring en te vestig.

7 Moenie vir arykdom bsoek nie maar vir cwysheid, en kyk, die dverborgenhede van God sal ontvou word vir julle, en dan sal julle ryk gemaak word. Kyk, hy wat die eewige lewe het is ryk.

8 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, net soos jy van My begeer, so sal dit vir jou wees; en as jy begeer, sal jy die middel wees om veel goed te doen in hierdie geslag.

9 Verkondig niks behalwe abekering aan hierdie geslag nie; onderhou my gebooie, en help om my werk voort te bring, volgens my gebooie, en jy sal geseën word.

10 Kyk, jy het ’n gawe, en geseënd is jy vanweë jou gawe. Onthou dit is aheilig en kom van bo—

11 En as jy sal avra, sal jy bverborgenhede ken wat groot en wonderbaarlik is; daarom sal jy jou cgawe beoefen, sodat jy verborgenhede mag uitvind, sodat jy vele mag bring tot ’n kennis van die waarheid, ja, doortuig hulle van die dwaling van hul weë.

12 Moenie jou gawe bekendmaak aan enigeen nie, behalwe diegene wat van jou geloof is. Moenie aheilige dinge ligtelik opneem nie.

13 As jy wil goeddoen, ja, en agetrou bbly tot die ceinde, sal jy gered word in die koninkryk van God, wat die grootste van al die gawes van God is; want daar is geen groter gawe as die gawe van dheil nie.

14 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, geseënd is jy vanweë dit wat jy gedoen het; want jy het My agevra, en kyk, so dikwels as wat jy gevra het, het jy onderrig ontvang van my Gees. As dit nie so was nie, sou jy nie tot die plek gekom het waar jy op hierdie tydstip is nie.

15 Kyk, jy weet dat jy My gevra het en Ek het jou averstand verlig; en nou vertel Ek jou hierdie dinge sodat jy mag weet dat jy verlig is deur die Gees van waarheid;

16 Ja, Ek vertel jou, dat jy mag weet daar niemand anders is behalwe God wat jou gedagtes en die voornemens van jou ahart bken nie.

17 Ek vertel jou hierdie dinge as ’n getuienis aan jou—dat die woorde of die werk wat jy besig is om te skryf, awaar is.

18 Daarom, wees aywerig; bondersteun my dienskneg Joseph getrou, in welke moeilike omstandighede hy mag wees vir die onthalwe van die woord.

19 Vermaan hom oor sy foute, en ontvang ook vermaning van hom. Wees geduldig; wees ernstig; wees matig; beoefen geduld, geloof, hoop en naasteliefde.

20 Kyk, jy is Oliver, en Ek het met jou gespreek vanweë jou begeertes; daarom, abewaar hierdie woorde in jou hart. Wees getrou en ywerig om die gebooie van God te onderhou, en Ek sal jou omvou in die arms van my liefde.

21 Kyk, Ek is Jesus Christus, die aSeun van God. Ek is Hy wat na my beie gekom het, en my eie het My nie ontvang nie. Ek is die clig wat skyn in die dduisternis, en die duisternis begryp dit nie.

22 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, as jy ’n verdere getuienis begeer, laat jou gedagtes gaan na die nag toe jy tot My geroep het in jou hart, sodat jy mag aweet aangaande die waarheid van hierdie dinge.

23 Het Ek nie avrede tot jou verstand gespreek oor die saak nie? Watter groter bgetuienis kan jy hê as van God?

24 En nou, kyk, jy het ’n getuienis ontvang; want as Ek vir jou dinge vertel het wat geen mens weet nie, het jy nie ’n getuienis ontvang nie?

25 En kyk, Ek gee aan jou ’n gawe, as jy van My begeer, om te avertaal, net soos my dienskneg Joseph.

26 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, dat daar akronieke is wat veel bevat van my evangelie, wat teruggehou is vanweë die bboosheid van die mense;

27 En nou Ek gebied jou, dat as jy goeie begeertes het—’n begeerte om skatte vir jouself weg te lê in die hemel—dan sal jy help om aan die lig te bring, met jou gawe, daardie gedeeltes van my askrifture wat verborge was vanweë ongeregtigheid.

28 En nou, kyk, Ek gee aan jou, en ook aan my dienskneg Joseph, die sleutels van hierdie gawe, wat hierdie bediening aan die lig sal bring; en in die mond van twee of drie agetuies sal elke woord gevestig word.

29 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, as hulle my woorde verwerp, en hierdie gedeelte van my evangelie en bediening, geseënd is julle, want hulle kan niks meer doen aan julle as aan My nie.

30 En selfs al adoen hulle aan julle net soos hulle aan My gedoen het, geseënd is julle, want julle sal met My bwoon in cheerlikheid.

31 Maar as hulle nie my woorde averwerp nie, wat gevestig sal word deur die bgetuienis wat gegee sal word, geseënd is hulle, en dan sal julle vreugde hê in die vrug van julle arbeid.

32 Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, soos Ek vir my dissipels gesê het, waar twee of drie abyeen is in my Naam, rakende een ding, kyk, daar sal Ek wees in hulle bmidde—net so is Ek in julle midde.

33 aVrees nie om goed te doen nie, my seuns, want wat julle bsaai, dit sal julle ook maai; daarom, as julle goed saai, sal julle ook die goeie maai vir jul loon.

34 Daarom, vrees nie, klein kuddetjie; doen goed; laat die aarde en die hel saamspan teen julle, want as julle gebou is op my arots, kan hulle nie oorwin nie.

35 Kyk, Ek veroordeel jou nie; gaan heen en asondig nie meer nie; doen die werk met erns wat Ek jou gebied het.

36 aSien op na My in elke gedagte; twyfel nie, vrees nie.

37 aBeskou die wonde wat my sy deurboor het, en ook die merke van die bspykers in my hande en voete; wees getrou, onderhou my gebooie, en julle sal die ckoninkryk van die hemel dbeërwe. Amen.