Skrifture
Leer en Verbonde 49


Afdeling 49

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Sidney Rigdon, Parley P. Pratt, en Leman Copley, te Kirtland, Ohio, 7 Mei 1831. Leman Copley het die evangelie omhels, maar het steeds geklou aan sommige van die leringe van die Shakers [Skudders] (United Society of Believers in Christ’s Second Appearing [Verenigde Genootskap van Gelowiges in Christus se Tweede Verskyning]), waaraan hy voorheen behoort het. Sommige van die beginsels van die Shakers was dat Christus se Tweede Koms alreeds plaasgevind het en dat Hy verskyn het in die gedaante van ’n vrou, Ann Lee. Hulle het nie doop deur water as noodsaaklik beskou nie. Hulle het die huwelik verwerp en geglo in ’n lewe van algehele onthouding. Sommige Shakers het ook die eet van vleis verbied. In sy voorwoord tot hierdie openbaring verklaar Joseph Smith se geskiedenis, “Om [’n] meer volmaakte begrip te verkry aangaande die saak, het ek by die Here navraag gedoen, en die volgende ontvang.” Die openbaring weerlê sommige van die basiese begrippe van die Shaker-groep. Die bogenoemde broers het ’n afskrif van die openbaring na die Shaker-gemeenskap geneem (naby Cleveland, Ohio) en dit in sy geheel aan hulle voorgelees, maar dit is verwerp.

1–7, Die dag en die uur van Christus se koms sal onbekend bly totdat Hy kom; 8–14, Mense moet bekeer, in die evangelie glo, en die ordinansies gehoorsaam om heil te verkry; 15–16, Die huwelik is geordineer deur God; 17–21, Die eet van vleis word goedgekeur; 22–28, Sion sal floreer en die Lamaniete bloei soos ’n roos voor die Tweede Koms.

1 Slaan ag op my woord, my diensknegte Sidney, en Parley, en Leman; want kyk, voorwaar Ek sê vir julle, dat Ek aan julle ’n gebod gee dat julle sal gaan en my evangelie apredik wat julle ontvang het, net soos julle dit ontvang het, aan die Shakers.

2 Kyk, Ek sê vir julle dat hulle begeer om die waarheid gedeeltelik te ken, maar nie alles nie, want hulle is nie areg voor My nie en moet noodwendig bekeer.

3 Daarom, stuur Ek julle, my diensknegte Sidney en Parley, om die evangelie te predik aan hulle.

4 En my dienskneg Leman sal geordineer word vir hierdie werk, sodat hy mag redeneer met hulle, nie volgens dit wat hy van hulle ontvang het nie, maar volgens dit wat hy ageleer sal word deur julle my diensknegte; en sodoende sal Ek hom seën, andersins sal hy nie voorspoedig wees nie.

5 So sê die Here; want Ek is God, en het my Eniggebore Seun in die wêreld agestuur vir die bverlossing van die wêreld, en het ’n bevel gegee dat hy wat Hom ontvang gered sal word, en hy wat Hom nie ontvang nie, cverdoem sal word—

6 En hulle het met die aSeun van die Mens gedoen net soos hulle wou; en Hy het sy mag aan die bregterhand van sy cheerlikheid geneem, en nou heers hy in die hemele, en sal heers tot Hy neerdaal op die aarde om alle vyande donder sy voete te plaas, welke tyd op hande is—

7 Ek, die Here God, het dit gespreek; maar die uur en die adag weet geen mens nie, nóg die engele in die hemel; nóg sal hulle weet totdat Hy kom.

8 Daarom, Ek wil dat alle mense moet bekeer, want almal is onder asonde, behalwe diegene wat Ek vir myself afgesonder het, bheilige mans van wie julle nie weet nie.

9 Daarom, Ek sê vir julle dat Ek aan julle my ewigdurende averbond gestuur het, naamlik dit wat was vanaf die begin.

10 En dit wat Ek belowe het, het Ek so vervul, en die anasies van die aarde sal bbuig daarvoor; en, indien nie vanself nie, sal hulle verootmoedig word, want dit wat nou vanself verhef is, sal cverlaag word deur mag.

11 Daarom, Ek gee aan julle ’n gebod dat julle auitgaan onder hierdie mense, en aan hulle sê, soos my apostel van ouds, wie se naam Petrus was:

12 Glo in die Naam van die Here Jesus, wat op die aarde was, en sal kom, die begin en die einde;

13 aBekeer en word gedoop in die Naam van Jesus Christus, volgens die heilige gebod, vir die vergifnis van sondes;

14 En wie dit doen sal die agawe van die Heilige Gees ontvang, deur die oplegging van bhande van die ouderlinge van die kerk.

15 En verder, voorwaar Ek sê vir julle dat wie averbied om te trou is nie geordineer deur God nie, want die bhuwelik is geordineer deur God vir die mens.

16 Daarom, dit is wettig dat hy een avrou mag hê, en hulle twee sal been vlees wees, en dit alles sodat die caarde die doel van sy skepping mag vervul.

17 En dat dit gevul mag word met die mate van mense, volgens hul askepping bvoor die wêreld gemaak was.

18 En wie averbied om van bvleis te onthou, dat die mens nie dit moet eet nie, is nie geordineer deur God nie;

19 Want, kyk, die adiere van die veld en die voëls van die lug, en dit wat uit die aarde kom, is geordineer vir die gebruik vir die mens vir kos en vir klere, en sodat hy in oorvloed mag hê.

20 Maar dit word nie gegee dat een mens meer mag abesit dit wat bo ’n ander is nie, daarom lê die bwêreld in sonde.

21 En wee die mens wat bloed avergiet of wat vleis vermors en geen behoefte het nie.

22 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, dat die Seun van die Mens nie akom in die gedaante van ’n vrou nie, nóg van ’n man wat reis op die aarde.

23 Daarom, moet nie abedrieg word nie, maar volhard in standvastigheid, en bsien uit na die hemele wat geskud sal word en die aarde wat sal bewe en heen en weer waggel soos ’n dronk mens, en na die cvalleie om verhoog te word, en na die dberge om verlaag te word, en na die growwe plekke om gelyk te word—en dit alles wanneer die engel sy etrompet sal blaas.

24 Maar voor die groot dag van die Here sal kom, sal aJakob floreer in die wildernis, en die Lamaniete sal bbloei soos ’n roos.

25 Sion sal afloreer op die bheuwels en haar verbly op die berge, en sal versamel word op die plek wat Ek bepaal het.

26 Kyk, Ek sê vir julle, gaan uit soos Ek julle gebied het; bekeer van al julle sondes; avra en julle sal ontvang; klop en dit sal vir julle oopgemaak word.

27 Kyk, Ek sal voor julle uitgaan en jul aagterhoede wees; en Ek sal in jul bmidde wees, en julle sal nie cverhinder word nie.

28 Kyk, Ek is Jesus Christus, en Ek kom aspoedig. Dit is so. Amen.