Skrifture
Leer en Verbonde 43


Afdeling 43

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, in Februarie 1831. Op hierdie tydstip was sommige lede van die Kerk verontrus deur mense wat valslik daarop aanspraak gemaak het dat hulle openbaarders was. Die Profeet het by die Here navraag gedoen en hierdie mededeling ontvang gerig aan die ouderlinge van die Kerk. Die eerste gedeelte handel oor sake betreffende Kerkregering; die laaste gedeelte bevat ’n waarskuwing wat die ouderlinge moet gee aan die nasies van die aarde.

1–7, Openbarings en gebooie kom slegs deur die aangestelde een; 8–14, Die Heiliges word geheilig deur in alle heiligheid te wandel voor die Here; 15–22, Ouderlinge word uitgestuur om bekering uit te roep en mense voor te berei vir die groot dag van die Here; 23–28, Die Here spreek tot mense deur sy eie stem en deur die kragte van die natuur; 29–35, Die Millennium en die binding van Satan sal kom.

1 O slaan ag, julle ouderlinge van my kerk, en neig die oor na die woorde wat Ek sal spreek tot julle.

2 Want kyk, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dat julle ’n gebod ontvang het as ’n awet vir my kerk, deur hom wat Ek aangestel het vir julle om bgebooie en openbarings te ontvang uit my hand.

3 En dit sal julle vir seker weet—dat daar geen ander aangestel is vir julle om gebooie en openbarings te ontvang nie tot hy geneem word, indien hy in My ably.

4 Maar voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dat aniemand anders aangestel sal word tot hierdie gawe nie, tensy dit deur hom is; want as dit van hom weggeneem word, sal hy nie krag hê nie, behalwe om ’n ander aan te stel in sy plek.

5 En dit sal ’n wet wees vir julle; dat julle nie die leringe sal ontvang van enigeen wat na julle kom as openbarings of gebooie nie;

6 En dit gee Ek vir julle dat julle nie abedrieg mag word nie, dat julle mag weet dat hulle nie van My is nie.

7 Want voorwaar Ek sê vir julle, dat hy wat ageordineer is deur My sal ingaan by die bpoort en geordineer word soos Ek voorheen vir julle gesê het, om daardie openbarings te onderrig wat julle ontvang het en sal ontvang deur hom vir wie Ek aangestel het.

8 En nou, kyk, Ek gee aan julle ’n gebod, dat wanneer julle bymekaar gekom het, sal julle mekaar aonderrig en opbou, dat julle mag weet hoe om op te tree en my kerk te bestuur, hoe om op te tree aangaande die punte van my wet en gebooie, wat Ek gegee het.

9 En so sal julle onderrig word in die wet van my kerk, en ageheilig word deur dit wat julle ontvang het, en julle sal julleself verbind om in alle heiligheid voor My te handel—

10 Dat in soverre julle dit doen, heerlikheid atoegevoeg sal word tot die koninkryk wat julle ontvang het. In soverre julle dit nie doen nie, sal dit bweggeneem word, selfs dit wat julle ontvang het.

11 Verwyder die aongeregtigheid wat onder julle is; heilig julleself voor My;

12 En indien julle die heerlikhede van die koninkryk begeer, stel my dienskneg Joseph Smith, Jr. aan, en aondersteun hom voor My deur die gebed van geloof.

13 En verder, Ek sê vir julle, dat as julle die averborgenhede van die koninkryk begeer, voorsien vir hom kos en klere, en welke ding hy ook al benodig om die werk uit te voer wat Ek hom gebied het.

14 En as julle dit nie doen nie, sal hy bly by hulle wat hom ontvang het, sodat Ek vir Myself ’n arein volk voor My mag bewaar.

15 Verder sê Ek, slaan ag julle ouderlinge van my kerk, wat Ek aangestel het: Julle word nie uitgestuur om onderrig te word nie, maar om die kinders van mense die dinge te aleer wat Ek in julle hande geplaas het deur die krag van my bGees;

16 En julle sal aonderrig word van omhoog. bHeilig julleself en julle sal cbegiftig word met krag, sodat julle mag gee net soos Ek gespreek het.

17 Slaan ag julle, want, kyk, die agroot bdag van die Here is op hande.

18 Want die dag kom wanneer die Here sy astem sal uiter uit die hemel; die hemele sal bskud en die aarde sal cbewe, en die dtrompet van God sal klink beide lank en luid, en sal vir die slapende nasies sê: Julle heiliges, estaan op en leef; julle sondaars fbly en gslaap tot Ek weer sal roep.

19 Daarom, omgord julle lendene sodat julle nie gevind word onder die goddelose nie.

20 Verhef julle stemme en hou nie terug nie. Roep die nasies tot bekering, beide oud en jonk, beide slaaf en vry, en sê: Berei julleself voor vir die groot dag van die Here;

21 Want as Ek, wat ’n man is, my stem verhef en tot julle roep om te bekeer, en julle haat My, wat sal julle sê wanneer die dag kom wanneer die adonderslae hul stemme sal uiter van die eindes van die aarde, en spreek tot die ore van almal wat lewe, en sê—Bekeer, en berei voor vir die groot dag van die Here?

22 Ja, en verder, wanneer die weerligte sal blits vanaf die ooste tot die weste, en hulle stemme sal uiter tot alles wat lewe, en die ore laat tuit van almal wat hoor en hierdie woorde sê—Bekeer julle, want die groot dag van die Here het gekom?

23 En verder, die Here sal sy stem uiter vanuit die hemel, en sê: Slaan ag, o julle nasies van die aarde, en hoor die woorde van daardie God wat julle gemaak het.

24 O, julle nasies van die aarde, hoe dikwels wou Ek julle bymekaarmaak soos ’n ahen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle bwou nie!

25 Hoe dikwels het Ek julle ageroep by monde van my bdiensknegte, en deur die cbediening van engele, en deur my eie stem, en deur die stem van donderslae, en deur die stem van weerligte, en deur die stem van storms, en deur die stem van aardbewings, en groot haelstorms, en deur die stem van dhongersnood en alle soorte pestilensies, en deur die groot klank van ’n trompet, en deur die stem van oordeel, en deur die stem van ebarmhartigheid die hele dag lank, en deur die stem van heerlikheid en eer en die rykdomme van die ewige lewe, en wou julle red met ’n fewigdurende heil, maar julle wou nie!

26 Kyk, die dag het gekom, wanneer die beker van my toorn vol geraak het.

27 Kyk, voorwaar Ek sê vir julle, dat hierdie die woorde is van die Here jul God.

28 Daarom, arbei julle, aarbei julle in my wingerd vir die laaste keer—roep vir die laaste keer tot die inwoners van die aarde.

29 Want in my eie bepaalde tyd sal Ek na die aarde akom in oordeel, en my volk sal verlos word en sal heers op die aarde saam met my.

30 Want die groot aMillennium, waarvan Ek gespreek het by monde van my diensknegte, sal kom.

31 Want aSatan sal bgebind word, en wanneer hy weer losgelaat word, sal hy slegs heers vir ’n ckort tydperk, en dan kom die deinde van die aarde.

32 En hy wat in aregverdigheid lewe, sal bverander word binne ’n oogwink, en die aarde sal verbygaan soos deur vuur.

33 En die bose sal heengaan in ’n onblusbare avuur, en geen mens op aarde weet hulle einde nie, nóg sal hy ooit weet, totdat hulle voor My kom in boordeel.

34 Slaan julle ag op hierdie woorde. Kyk, Ek is Jesus Christus, die aSaligmaker van die wêreld. bBewaar hierdie dinge in julle harte, en laat die cplegtighede van die ewigheid in julle dverstand erus.

35 Wees aernstig. Onderhou al my gebooie. Dit is so. Amen.