Skrifture
Leer en Verbonde 39


Afdeling 39

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan James Covel, te Fayette, New York, 5 Januarie 1831. James Covel, wat ’n Metodiste-prediker vir ongeveer veertig jaar was, het ’n verbond gesluit met die Here dat hy enige gebod sou gehoorsaam wat die Here aan hom sou gee deur Joseph Smith die Profeet.

1–4, Die Heiliges het die krag om die seuns van God te word; 5–6, Om die evangelie te ontvang is om Christus te ontvang; 7–14, James Covel word gebied om gedoop te word en te arbei in die Here se wingerd; 15–21, Die Here se diensknegte moet die evangelie predik voor die Tweede Koms; 22–24, Diegene wat die evangelie ontvang, sal versamel word in tyd en in ewigheid.

1 Slaan ag op en luister na die stem van Hom wat van alle aewigheid tot alle ewigheid is, die Groot bEk Is, naamlik Jesus Christus—

2 Die alig en die lewe van die wêreld; ’n lig wat skyn in die duisternis en die duisternis begryp dit nie;

3 Hy wat in die amiddelpunt van tyd gekom het na my eie, en my eie het My nie ontvang nie;

4 Maar aan soveel as wat My ontvang het, het Ek krag gegee om my aseuns te word; net so sal Ek aan soveel as wat My sal ontvang, krag gee om my seuns te word.

5 En voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, dat hy wat my evangelie ontvang, My aontvang; en hy wat nie my evangelie ontvang nie, ontvang My nie.

6 En dit is my aevangelie—bekering en doop deur water, en dan kom die bdoop met vuur en die Heilige Gees, naamlik die Trooster, wat alle dinge openbaar, en die vredige dinge van die koninkryk conderrig.

7 En nou, kyk, Ek sê vir jou, my dienskneg aJames, Ek het jou werke aanskou en Ek ken jou.

8 En voorwaar, Ek sê vir jou, jou hart is nou reg voor My op hierdie tydstip; en, kyk, Ek het groot seëninge uitgestort op jou hoof;

9 Nietemin, jy het groot droefheid gesien, want jy het My telkemale verwerp vanweë hoogmoed en die sorge van die awêreld.

10 Maar kyk, die dae van jou bevryding het gekom, as jy sal ag slaan op my stem, wat vir jou sê: Staan op en word agedoop, en was jou sondes weg, roepende op my Naam, en jy sal my Gees ontvang, en ’n seëning so groot soos jy nog nooit geken het nie.

11 En as jy dit doen, het Ek jou voorberei vir ’n groter werk. Jy sal die volheid predik van my evangelie, wat Ek uitgestuur het in hierdie laaste dae, die verbond wat Ek uitgestuur het om my volk aterug te wen, wat van die huis van Israel is.

12 En dit sal gebeur dat krag op jou sal arus; jy sal groot geloof hê, en Ek sal met jou wees en voor jou aangesig uitgaan.

13 Jy word geroep om te aarbei in my wingerd, en om my kerk op te bou, en om Sion bvoort te bring sodat dit mag juig op die heuwels en cfloreer.

14 Kyk, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, jy word nie geroep om te gaan na die oostelike streke nie, maar jy word geroep om te gaan na die Ohio.

15 En in soverre my volk hulleself sal vergader by die Ohio, het Ek ’n aseëning bewaar soos onder die kinders van mense nie bekend is nie, en dit sal uitgestort word op hulle hoofde. En van daar sal mense uitgaan na balle cnasies.

16 Kyk, voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dat die mense in Ohio my aanroep in veel geloof, denkende dat Ek my hand sal terughou in oordeel oor die nasies, maar Ek kan nie my woord terugtrek nie.

17 Daarom, arbei met jou mag en roep getroue arbeiders na my wingerd, sodat dit agesnoei mag word vir die laaste keer.

18 En in soverre hulle bekeer en die volheid van my evangelie ontvang, en geheilig word, sal Ek my hand weerhou van aoordeel.

19 Daarom, gaan uit, en roep met ’n luide stem, en sê: Die koninkryk van die hemel is op hande; en roep: Hosanna! Prys die Naam van die Allerhoogste God.

20 Gaan uit en doop met water, en berei die weg voor my aangesig vir die tyd van my akoms;

21 Want die tyd is op hande; die adag of die uur bweet niemand nie; maar dit sal sekerlik kom.

22 En hy wat hierdie dinge ontvang, ontvang My; en hulle sal versamel word tot My in tyd en in ewigheid.

23 En verder, dit sal gebeur dat op soveel as wat julle sal doop met water, sal julle jul ahande lê, en hulle sal die bgawe van die Heilige Gees ontvang, en sal cuitsien na die tekens van my dkoms, en hulle sal My ken.

24 Kyk, Ek kom spoedig. Dit is so. Amen.