Skrifture
Leer en Verbonde 34


Afdeling 34

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Orson Pratt, te Fayette, New York, 4 November 1830. Broer Pratt was negentien jaar oud op daardie tydstip. Hy is bekeer en gedoop toe hy die eerste keer die prediking van die herstelde evangelie gehoor het deur sy ouer broer, Parley P. Pratt, ses weke vantevore. Hierdie openbaring is ontvang in die Peter Whitmer Snr. woning.

1–4, Die getroues word die seuns van God deur die Versoening; 5–9, Die prediking van die evangelie berei die weg vir die tweede koms; 10–12, Profesie kom deur die mag van die Heilige Gees.

1 My seun aOrson, slaan ag en hoor en kyk wat Ek, die Here God, vir jou sal sê, en wel Jesus Christus, jou Verlosser;

2 Die alig en die lewe van die wêreld, ’n lig wat skyn in die duisternis en die duisternis begryp dit nie;

3 Wat die wêreld so aliefgehad het dat bhy sy eie lewe cgegee het, sodat soveel as wat wou glo dseuns van God mag word. Daarom is jy my seun;

4 En ageseënd is jy omdat jy geglo het;

5 En meer geseënd is jy omdat jy deur My ageroep is om my evangelie te predik—

6 Om jou stem te verhef soos met die klank van ’n trompet, beide lank en luid, en bekering aroep tot ’n krom en wederstrewige geslag, om die weg te berei van die Here vir sy bTweede koms.

7 Want kyk, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, die atyd is spoedig op hande dat Ek sal kom in ’n bwolk met krag en groot heerlikheid.

8 En dit sal ’n agroot dag wees ten tyde van my koms, want alle nasies sal bbewe.

9 Maar voor daardie dag sal kom, sal die son verduister word, en die maan sal in bloed verander word, en die sterre sal weier om te skyn, en sommiges sal val, en groot vernietigings wag vir die bose.

10 Daarom, verhef jou stem en ahou nie terug nie, want die Here God het gespreek; daarom profeteer, en dit sal jou gegee word deur die bmag van die Heilige Gees.

11 En as jy getrou is, kyk, Ek is met jou totdat Ek kom—

12 En voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, Ek kom spoedig. Ek is jou Here en jou Verlosser. Dit is so. Amen.