Skrifture
Leer en Verbonde 138


Afdeling 138

’n Visioen gegee aan President Joseph F. Smith te Salt Lake City, Utah, op 3 Oktober 1918. In sy openingstoespraak by die 89ste halfjaarlikse Algemene Konferensie van die Kerk, op 4 Oktober 1918, het President Smith verklaar dat hy verskeie goddelike mededelings gedurende die afgelope maande ontvang het. Een van hulle, rakende die Saligmaker se besoek aan die geeste van die dode terwyl sy liggaam in die grafkelder was, het President Smith die vorige dag ontvang. Dit is onmiddellik geskryf na die afloop van die konferensie. Op 31 Oktober 1918 is dit voorgelê aan die raadgewers in die Eerste Presidensie, die Raad van die Twaalf en die Patriarg, en dit is eenparig deur hulle aangeneem.

1–10, President Joseph F. Smith bepeins die geskrifte van Petrus en ons Here se besoek aan die geesteswêreld; 11–24, President Smith sien die regverdige dode byeen in die paradys en Christus se bediening onder hulle; 25–37, Hy sien hoe die prediking van die evangelie georganiseer is onder die geeste; 38–52, Hy sien Adam, Eva, en talle van die heilige profete in die geesteswêreld wat hulle geestestoestand voor hulle opstanding as slawerny beskou het; 53–60, Die regverdige dode van hierdie dag sit hulle arbeid voort in die wêreld van geeste.

1 Op die derde Oktober, in die jaar negentienhonderd en agttien, het ek in my kamer gesit en die skrifture abepeins.

2 En terwyl ek nadink oor die groot asoenoffer wat gemaak is deur die Seun van God vir die bverlossing van die wêreld;

3 En die groot en wonderbaarlike aliefde wat geopenbaar is deur die Vader en die Seun deur die koms van die bVerlosser na die wêreld;

4 Sodat deur sy aversoening, en deur bgehoorsaamheid aan die beginsels van die evangelie, die mensdom gered mag word.

5 Terwyl ek aldus besig was, het my gedagtes teruggekeer na die geskrifte van die apostel Petrus, aan die aeertydse heiliges wat oraloor versprei is deur bPontus, Galásië, Kappadócië, en ander dele van Asië, waar die evangelie gepredik was na die kruisiging van die Here.

6 Ek het die Bybel oopgemaak en die derde en vierde hoofstukke van die eerste brief van Petrus gelees, en terwyl ek gelees het, was ek grootliks beïndruk, meer as wat ek ooit tevore was, met die volgende gedeeltes:

7 “Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, die regverdige vir die onregverdiges, sodat Hy ons tot God mag bring, wat gedood is na die vlees, maar lewend gemaak is deur die Gees;

8 “Deur wie Hy ook heengegaan en gepreek het vir die geeste in die agevangenis,

9 “Wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;” (1 Petrus 3:18–20.)

10 “Want daarom is die evangelie ook aan die dode verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word volgens die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.” (1 Petrus 4:6.)

11 Terwyl ek hierdie dinge bepeins het wat ageskryf is, is die b van my begrip geopen, en die Gees van die Here het op my cgerus, en ek het die leërskare van die ddode gesien, beide klein en groot.

12 En daar was in een plek ’n ontelbare skare van die geeste van die aregverdiges byeen, wat bgetrou was aan die getuienis van Jesus terwyl hulle in sterflikheid gelewe het;

13 En wat ’n aofferande geoffer het in die versinnebeelding van die groot offer van die Seun van God, en beproewing bgely het in hulle Verlosser se Naam.

14 Al hierdie het die sterflike lewe verlaat, vas in die ahoop van ’n heerlike bopstanding, deur die cgenade van God die dVader en sy eEniggebore Seun, Jesus Christus.

15 Ek het gesien dat hulle gevul was met avreugde en blydskap, en het tesame verheug omdat die dag van hulle verlossing op hande was.

16 Hulle was byeen, wagtend op die koms van die Seun van God na die ageesteswêreld, om hulle verlossing van die bbande van die dood aan te kondig.

17 Hulle slapende stof sou tot sy volmaakte gestalte aherstel word, bbeen tot sy been, en die senings en die vlees op hulle, die cgees en die liggaam om te herenig om nooit weer geskei te word nie, sodat hulle ’n volheid van dvreugde mag ontvang.

18 Terwyl hierdie groot skare gewag en gesels het, en hulle hul verbly het in die uur van hulle verlossing van die kettings van die dood, het die Seun van God verskyn, en abevryding aan die gevangenes verkondig wat getrou was.

19 En daar het Hy aan hulle die ewigdurende aevangelie bgepreek, die leerstelling van die opstanding en die verlossing van die mensdom van die cval, en van individuele sondes op voorwaardes van dbekering.

20 Maar na die abose het Hy nie gegaan nie, en onder die ongoddelikes en die onbekeerdes wat hulleself bverontreinig het terwyl in die vlees, was sy stem nie verhef nie;

21 Nóg het die rebelses wat die getuienisse en die waarskuwings van die antieke profete verwerp het sy teenwoordigheid aanskou, nóg sy aangesig gesien.

22 Waar hulle was, het die aduisternis geheers, maar onder die regverdiges was daar bvrede;

23 En die heiliges het hulle verheug in hulle averlossing, en het die bknie gebuig en die Seun van God erken as hulle Verlosser en Redder van die dood en die ckettings van die hel.

24 Hulle aangesigte het geblink, en die auitstraling van die teenwoordigheid van die Here het op hulle gerus en hulle het lofliedere tot sy heilige Naam bgesing.

25 Ek het my verwonder, want ek het verstaan dat die Saligmaker ongeveer drie jaar in sy bediening deurgebring het onder die Jode en hulle van die huis van Israel, en gepoog het om hulle die ewigdurende evangelie te leer en hulle tot bekering te roep;

26 En tog, nieteenstaande sy magtige werke, en wonderwerke, en verkondiging van die waarheid, met groot amag en gesag, was daar maar slegs ’n paar wat ag geslaan het op sy stem, en hulle verheug het in sy teenwoordigheid, en verlossing vanuit sy hande ontvang het.

27 Maar sy bediening onder diegene wat dood is, was beperk tot die akort tydperk tussen die kruisiging en sy opstanding.

28 En ek het my verwonder oor die woorde van Petrus—waarin hy gesê het dat die Seun van God gepreek het vir die geeste in die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God gewag het in die dae van Noag—en hoe dit moontlik was vir hom om vir daardie geeste te preek en die nodige arbeid te verrig onder hulle in so ’n kort tydperk.

29 En terwyl ek my verwonder, is my oë geopen, en my begrip averlewendig, en het ek besef dat die Here nie persoonlik onder die bose en die ongehoorsames wat die waarheid verwerp het, gegaan het om hulle te leer nie;

30 Maar kyk, van onder die regverdiges, het Hy sy magte georganiseer en boodskappers aangestel, beklee met amag en gesag, en hulle opgedra om uit te gaan en die lig van die evangelie te dra na hulle wat in die bduisternis was, en wel aan cal die geeste van mense; en so is die evangelie aan die dode gepreek.

31 En die gekose boodskappers het uitgegaan om die aaanvaarbare dag van die Here aan te kondig en bbevryding te verkondig aan die gevangenes wat gebind was, naamlik aan almal wat sou bekeer van hulle sondes en die evangelie aanvaar.

32 So is die evangelie gepreek aan al diegene wat in hulle sondes agesterwe het, sonder ’n bkennis van die evangelie, of in oortreding, omdat hulle die profete verwerp het.

33 Hulle is ageloof in God geleer, bekering van sonde, bplaasvervangende doop vir die cvergifnis van sondes, die dgawe van die Heilige Gees deur die oplegging van hande,

34 En alle ander beginsels van die evangelie wat noodsaaklik was vir hulle om te weet om hulleself te kwalifiseer sodat hulle ageoordeel mag word volgens die mens in die vlees, maar lewe volgens God in die gees.

35 En so is dit bekendgemaak onder die dode, beide klein en groot, die onregverdiges sowel as die gelowiges, dat verlossing teweeg gebring is deur die aofferande van die Seun van God aan die bkruis.

36 Aldus is dit bekendgemaak dat ons Verlosser sy tyd gedurende sy verblyf in die wêreld van geeste, deurgebring het met die onderrig en voorbereiding van die getroue geeste van die aprofete wat van Hom in die vlees getuig het;

37 Sodat hulle die boodskap van verlossing mag oordra na al die dode, na wie Hy nie persoonlik kon gaan nie, vanweë hulle arebelsgesindheid en oortreding, sodat hulle deur die bediening van sy diensknegte ook sy woorde mag hoor.

38 Onder die groot en magtiges wat versamel was in hierdie buitengewone groot samekoms van die regverdiges was Vader aAdam, die Oue van Dae en vader van almal,

39 En ons wonderlike Moeder aEva, met vele van haar getroue dogters wat deur die eeue gelewe het en die ware en lewende God aanbid het.

40 aAbel, die eerste bmartelaar, was daar, en sy broer cSet, een van die magtiges, wat na die presiese dgelykenis van sy vader, Adam, was.

41 aNoag, wat waarskuwing gegee het oor die vloed; bSem, die groot choëpriester; dAbraham, die vader van die gelowiges; eIsak, fJakob, en gMoses, die groot wetgewer van Israel;

42 En aJesaja, wat deur profesie verklaar het dat die Verlosser gesalf is om die gebrokenes van hart te verbind, om bevryding te verkondig aan die bgevangenes, en die cgevangenis te open vir hulle wat gebonde was, was ook daar.

43 En verder, aEségiël, wat in ’n visioen die groot vallei van bdroë beendere getoon is, wat met vlees beklee sou word, om weer voort te kom in die copstanding van die dode, lewende siele;

44 aDaniël, wat die vestiging van die bkoninkryk van God in die laaste dae vooruitgesien en voorspel het om nooit weer vernietig te word nie, nóg aan ander volke gegee te word;

45 aElía, wat met Moses was op die Berg van bTransfigurasie;

46 En aMaleági, die profeet wat getuig het van die koms van bElía—van wie Moroni ook met die Profeet Joseph Smith gespreek het, en verklaar het dat hy sou kom voor die inluiding van die groot en vreeslike cdag van die Here—was ook daar.

47 Die Profeet Elía moes die beloftes wat aan hulle vaders gemaak is in die aharte van die kinders plant,

48 Wat die groot awerk wat in die btempels van die Here gedoen moet word in die ctydvak van die volheid van tye voorafskadu, vir die verlossing van die dode, en die dverseëling van die kinders aan hulle ouers, sodat die hele aarde nie getref word met ’n vloek en volkome verwoes word by sy koms nie.

49 Hulle almal en vele meer, naamlik die aprofete wat onder die Nefiete gewoon en getuig het van die koms van die Seun van God, het gemeng in die buitengewoon groot samekoms en op hulle bevryding gewag,

50 Want die dode het die lang afwesigheid van hulle ageeste van hulle liggame as ’n bslawerny beskou.

51 Húlle het die Here onderrig, en hulle amag gegee om uit te kom, na sy opstanding van die dood, om sy Vader se koninkryk binne te gaan, om daar gekroon te word met bonsterflikheid en die cewige lewe,

52 En sal dan voortgaan met hulle arbeid soos beloof deur die Here, en deelgenote wees van alle aseëninge wat teruggehou is vir diegene wat Hom liefhet.

53 Die Profeet Joseph Smith, en my vader Hyrum Smith, Brigham Young, John Taylor, Wilford Woodruff, en ander uitnemende geeste wat ateruggehou is om na vore te kom in die volheid van tye om deel te neem in die bgrondlegging van die groot werk van die laaste dae.

54 Insluitende die bou van tempels en die verrigting van ordinansies daarin vir die verlossing van die adode, was ook in die geesteswêreld.

55 Ek het waargeneem dat hulle ook onder die aadellikes en grotes was wat in die begin bgekies is om heersers te wees in die Kerk van God.

56 Selfs voor hulle gebore was, het hulle, saam met vele andere hulle eerste lesse in die wêreld van geeste ontvang en was avoorberei om na vore te kom in die bepaalde btyd van die Here om te arbei in sy cwingerd vir die heil van die siele van mense.

57 Ek het waargeneem dat die getroue aouderlinge van hierdie tydvak, wanneer hulle vertrek van die sterflike lewe, hulle arbeid voortsit deur die prediking van die evangelie van bekering en verlossing, deur die offer van die Eniggebore Seun van God, onder diegene wat in die bduisternis en onder die slawerny van sonde verkeer in die groot wêreld van die geeste van die dode.

58 Die dode wat bekeer sal averlos word deur gehoorsaamheid aan die bordinansies van die huis van God,

59 En nadat hulle die prys betaal het vir hulle oortredings, en rein agewas is, sal hulle ’n loon ooreenkomstig hulle bwerke ontvang, want hulle is erfgename van heil.

60 Aldus is die visioen van die verlossing van die dode aan my geopenbaar, en ek lewer getuienis, en ek weet dat die verslag awaar is, deur die seën van ons Here en Saligmaker, Jesus Christus, dit is so. Amen.