Skrifture
Leer en Verbonde 134


Afdeling 134

’n Verklaring van geloof betreffende regerings en wette in die algemeen, aanvaar deur eenparige stemming tydens ’n algemene samekoms van die kerk gehou te Kirtland, Ohio, 17 Augustus 1835. Baie Heiliges het byeengekom om die voorgestelde inhoud van die eerste uitgawe van die Leer en Verbonde te oorweeg. Op daardie tydstip is die volgende inleiding by hierdie verklaring gegee: “Dat ons geloof met betrekking tot aardse regerings en wette in die algemeen nie gewaninterpreteer nóg misverstaan mag word, het ons dit goedgedink om, aan die einde van hierdie volume, ons opinie daaroor te gee.”

1–4, Regerings moet vryheid van gewete en aanbidding handhaaf; 5–8, Alle mense moet hulle regerings ondersteun en is respek en eerbied aan die wet verskuldig; 9–10, Godsdienstige genootskappe moet nie burgerlike magte uitoefen nie; 11–12, Mense is geregverdig om hulleself en hulle besittings te verdedig.

1 Ons glo dat aregerings deur God ingestel is vir die voordeel van die mens; en dat Hy die mens bverantwoordelik hou vir hulle dade ten opsigte van hulle, beide in die maak van wette en die uitvoering daarvan, vir die welsyn en veiligheid van die gemeenskap.

2 Ons glo dat geen regering in vrede kan bestaan nie, tensy sodanige wette saamgestel word en onaantasbaar gehou word wat aan elke individu die avrye uitoefening van bgewete, die reg op en beheer van besittings, en die cbeskerming van lewe verseker.

3 Ons glo dat alle regerings noodwendig burgerlike aamptenare en magistrate benodig om die wette daarvan toe te pas; en dat diegene wat die wet in billikheid en geregtigheid wil bestuur, na gesoek moet word en ondersteun word deur die stem van die volk indien ’n republiek, of die wil van die heerser.

4 Ons glo dat godsdiens deur God ingestel is; en dat die mens aan Hom verantwoordelik is, en aan Hom alleen, vir die beoefening daarvan, tensy hulle godsdienstige opinies hulle aanspoor om inbreuk te maak op die regte en vryhede van andere; maar ons glo nie dat die menslike wet ’n reg het om in te meng om die reëls van aaanbidding voor te skryf om die gewetens van mense te beperk nie, nóg wyses van openbare of private aanbidding te dikteer; dat die burgerlike magistrate misdaad moet beperk, maar nooit die gewete beheer nie; moet skuld straf, maar nooit die vryheid van die siel onderdruk nie.

5 Ons glo dat alle mense gebonde is om die onderskeie regerings waar hulle woon te onderskraag en te onderhou, terwyl hulle in hul inherente en onvervreembare regte deur die wette van sodanige regerings beskerm word; en dat oproer en arebellie nie enige burger betaam wat aldus beskerm word nie, en behoort ooreenkomstig gestraf word; en dat alle regerings die reg het om sulke wette in te stel wat volgens hulle oordeel die beste sal wees om die publiek se belange te beveilig; terselfdertyd, egter, moet hulle die vryheid van gewete heilig hou.

6 Ons glo dat elkeen in sy amp geëer moet word, heerser en magistrate as sodanig, daargestel vir die beskerming van die onskuldiges en die bestraffing van die skuldiges; en dat aan die awette alle mense respek en eerbied verskuldig is, aangesien vrede en harmonie sonder hulle vervang sou word deur wetteloosheid en vrees; menslike wette is ingestel vir die uitsluitlike doel om ons belange te beheer as individue en nasies, tussen mens en mens; en goddelike wette gegee deur die hemel, wat reëls voorskryf oor geestelike sake, vir geloof en aanbidding, beide om rekenskap te gee deur die mens aan sy Maker.

7 Ons glo dat heersers, state, en regerings ’n reg het, en die plig het om wette te maak vir die beskerming van alle burgers in die vrye uitoefening van hulle godsdienstige geloof; maar ons glo nie dat hulle ’n reg het volgens geregtigheid om burgers te ontneem van hierdie voorreg nie, of te verbied ten opsigte van hulle opinies nie, solank as wat respek en eerbied betoon word aan die wette en sodanige godsdienstige opinies nie oproer nóg sameswering regverdig.

8 Ons glo dat die pleeg van ’n misdaad agestraf moet word ooreenkomstig die aard van die oortreding; dat moord, hoogverraad, roof, diefstal, en algemene rusversteuring, in alle opsigte gestraf moet word ooreenkomstig hulle kriminaliteit en hulle neiging om die kwade onder die mense te bevorder, ooreenkomstig die wette van daardie regering waaronder die oortreding gepleeg is; en ter wille van die openbare vrede en rustigheid alle mense vorentoe moet tree en hulle vermoë gebruik om oortreders van goeie wette tot straf te bring.

9 Ons glo nie dat dit regverdig is om godsdienstige invloed te meng met burgerlike regering nie, waardeur een kerkgenootskap bevoordeel word en ’n ander verhinder word in sy geestelike voorregte, en die individuele regte van sy lede, as burgers, ontneem word.

10 Ons glo dat alle kerkgenootskappe ’n reg het om teen hulle lede op te tree vanweë wanordelike gedrag, volgens die reëls en regulasies van sodanige kerkgenootskappe; mits sulke optrede te make het met deelgenootskap en waardige lidmaatskap; maar ons glo nie dat enige godsdienstige genootskap die gesag het om mense te verhoor ten opsigte van besittings of lewe nie, om van hulle hierdie wêreld se goedere af te neem, of om hulle lewens of ledemate in gevaar te stel nie, of om enige liggaamlike straf op hulle toe te pas nie. Hulle kan hul slegs aekskommunikeer van hulle genootskap, en hulle deelgenootskap onttrek.

11 Ons glo dat mense ’n beroep moet doen op die burgerreg om skadevergoeding vir alle onregte en griewe, waar persoonlike mishandeling opgedoen word, of die reg tot besittings of karakter geskend word, waar sulke wette bestaan om sulke sake te beskerm; maar ons glo egter dat alle mense geregverdig is om hulleself te verdedig, hulle vriende, en besittings, en die regering, teen onwettige aanrandings en skending van regte van alle persone in tye van nood, waar ’n onmiddellike beroep nie op die wette gedoen kan word, en verligting verkry kan word nie.

12 Ons glo dat dit geregverdig is om die evangelie aan die nasies van die aarde te apredik, en die regverdiges te waarsku om hulleself te red van die korrupsie van die wêreld; maar ons glo nie dat dit ’n reg is om in te meng met slawe nie, nóg die evangelie aan hulle te predik, nóg hulle te doop teenstrydig met die wil en wense van hulle meesters, nóg in te meng met of hulle in die minste te beïnvloed om hulle ontevrede te maak oor hulle lewensomstandighede, en daardeur die lewens van mense in gevaar stel nie; ons glo dat sulke bemoeiing onwettig en onregverdig is, en gevaarlik vir die vrede van elke regering wat toelaat dat mense in slawerny gehou word.