Skrifture
Leer en Verbonde 107


Afdeling 107

Openbaring oor die priesterskap, gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, ongeveer April 1835. Alhoewel hierdie afdeling in 1835 opgeteken is, bevestig die historiese verslae dat meeste van verse 60 tot 100 ’n openbaring gegee deur Joseph Smith op 11 November 1831 insluit. Hierdie afdeling is geassosieer met die organisasie van die Kworum van die Twaalf in Februarie en Maart 1835. Die Profeet het dit waarskynlik gegee in die teenwoordigheid van diegene wat besig was om voor te berei om op hulle eerste kworumsending te vertrek op 3 Mei 1835.

1–6, Daar is twee priesterskappe: die Melgisédekse en Aäroniese; 7–12, Diegene wat die Melgisédekse Priesterskap hou, het die mag om op te tree in al die ampte van die Kerk; 13–17, Die bisdom presideer oor die Aäroniese Priesterskap wat die uiterlike ordinansies bedien; 18–20, Die Melgisédekse Priesterskap hou die sleutels van alle geestelike seëninge; die Aäroniese Priesterskap hou die sleutels van die bediening van engele; 21–38, Die Eerste Presidensie, die Twaalf, en die Sewentig vorm die presiderende kworums, wie se beslissings in eenheid en regverdigheid gemaak moet word; 39–52, Die patriargale orde is vanaf Adam tot Noag gevestig; 53–57, Antieke Heiliges het byeengekom by Adam-ondi-Ahman, en die Here het aan hulle verskyn; 58–67, Die Twaalf moet die ampsdraers van die Kerk organiseer; 68–76, Biskoppe dien as algemene regters in Israel; 77–84, Die Eerste Presidensie en die Twaalf vorm die hoogste hof in die Kerk; 85–100, Priesterskappresidente bestuur hul onderskeie kworums.

1 Daar is in die kerk twee priesterskappe, naamlik die aMelgisédekse en bAäroniese, insluitende die Levitiese Priesterskap.

2 Waarom die eerste die Melgisédekse Priesterskap genoem word, is omdat aMelgisédek so ’n groot hoëpriester was.

3 Voor sy dag is dit die Heilige Priesterskap, volgens die aOrde van die Seun van God genoem.

4 Maar uit respek of aeerbied vir die Naam van die Opperwese, om die herhaaldelike gebruik van sy Naam te vermy, het hulle, die kerk, in antieke dae, die priesterskap vernoem na Melgisédek, of die Melgisédekse Priesterskap.

5 Alle ander gesagsdraers of ampte in die kerk is aaanhangsels van hierdie priesterskap.

6 Maar daar is twee afdelings of groot hoofde—een is die Melgisédekse Priesterskap, en die ander is die Aäroniese of aLevitiese Priesterskap.

7 Die amp van ’n aouderling val onder die priesterskap van Melgisédek.

8 Die Melgisédekse Priesterskap hou die reg van presidensie, en het mag en agesag oor al die ampte in die kerk in alle tydperke van die wêreld, om geestelike dinge te bedien.

9 Die aPresidensie van die Hoëpriesterskap, volgens die orde van Melgisédek, het ’n reg om in al die ampte van die kerk op te tree.

10 aHoëpriesters volgens die orde van die Melgisédekse Priesterskap het ’n breg om op te tree in hulle eie hoedanigheid, onder die leiding van die presidensie, in die bediening van geestelike dinge, en ook in die amp van ’n ouderling, priester (van die Levitiese orde), leraar, diaken en lid.

11 ’n Ouderling het ’n reg om op te tree in sy plek wanneer die hoëpriester nie teenwoordig is nie.

12 Die hoëpriester en ouderling moet geestelike dinge bedien, ooreenkomstig die verbonde en gebooie van die kerk; en hulle het ’n reg om op te tree in al hierdie ampte van die kerk wanneer daar nie hoër gesagsdraers teenwoordig is nie.

13 Die tweede priesterskap word die aPriesterskap van Aäron genoem, omdat dit toegeken is aan bAäron en sy saad, deur al hulle geslagte heen.

14 Waarom dit die mindere priesterskap genoem word, is omdat dit ’n aaanhangsel is van die grotere, of die Melgisédekse Priesterskap, en het die mag om uiterlike ordinansies te bedien.

15 Die abisdom is die presidensie van hierdie priesterskap, en hou die sleutels of gesag daarvan.

16 Geen man het ’n wetlike reg tot hierdie amp, om die sleutels van hierdie priesterskap te hou, tensy hy ’n aletterlike afstammeling van Aäron is nie.

17 Maar omdat ’n hoëpriester van die Melgisédekse Priesterskap gesag het om op te tree in al die mindere ampte, mag hy optree in die amp van biskop wanneer geen letterlike afstammeling van Aäron gevind kan word nie, op voorwaarde dat hy geroep en afgesonder en ageordineer word tot hierdie mag deur die hande van die bPresidensie van die Melgisédekse Priesterskap.

18 Die mag en gesag van die hoër, of Melgisédekse Priesterskap, is om die asleutels te hou van al die geestelike seëninge van die kerk—

19 Om die voorreg te hê om die averborgenhede van die koninkryk van die hemel te ontvang, om die hemele aan hulle geopen te hê, om gemeenskap te hê met die balgemene samekoms en kerk van die Eersgeborene, en om die gemeenskap en teenwoordigheid van God die Vader, en Jesus die cMiddelaar van die nuwe verbond te geniet.

20 Die mag en gesag van die mindere, of Aäroniese Priesterskap, is om die asleutels te hou van die bediening van engele, en die bediening van uiterlike bordinansies, die letter van die evangelie, die cdoop van bekering vir die dvergifnis van sondes, ooreenkomstig die verbonde en gebooie.

21 Noodsaaklikerwys is daar presidente, of presiderende amptenare wat spruit uit, of aangestel deur of vanuit diegene wat geordineer is tot die onderskeie ampte in hierdie twee priesterskappe.

22 Vanuit die aMelgisédekse Priesterskap, vorm drie bPresiderende Hoëpriesters, gekies deur die liggaam, aangestel en geordineer tot daardie amp, en condersteun deur die vertroue, geloof, en gebed van die kerk, ’n kworum van die Presidensie van die Kerk.

23 Die atwaalf reisende raadslede word geroep om die Twaalf bApostels te wees, of spesiale getuies van die Naam van Christus in die ganse wêreld—en verskil dus van ander ampsdraers in die kerk in die pligte van hulle roeping.

24 En hulle vorm ’n kworum, gelyk in gesag en mag aan die drie presidente voorheen genoem.

25 Die aSewentig word ook geroep om die evangelie te predik, en om spesiale getuies te wees vir die nie-Jode en in die ganse wêreld—en verskil dus van ander ampsdraers in die kerk in die pligte van hulle roeping.

26 En hulle vorm ’n kworum, gelyk in gesag aan dié van die Twaalf spesiale getuies of Apostels bo genoem.

27 En elke besluit geneem deur enige van hierdie kworums moet geskied deur die eenparige stem daarvan; dit is, elke lid in elke kworum moet saamstem met die besluit daarvan, om hulle besluite dieselfde krag en geldigheid te gee die een met die ander—

28 ’n Meerderheid mag ’n kworum vorm wanneer omstandighede dit andersins onmoontlik maak—

29 Tensy dit die geval is, is hul besluite nie geregtig op dieselfde seëninge wat die besluite van ’n kworum van drie presidente in antieke tye was nie, wat geordineer is volgens die orde van Melgisédek, en regverdige en heilige manne was.

30 Die besluite van hierdie kworums, of enigeen van hulle, moet geneem word in alle aregverdigheid, in heiligheid, en nederigheid van hart, sagmoedigheid, en lankmoedigheid, en in geloof, en bdeug, en kennis, selfbeheersing, geduld, goddelikheid, broederliefde en naasteliefde;

31 Want die belofte is, indien hierdie dinge oorvloedig in hulle is, sal hulle nie aonvrugbaar wees in die kennis van die Here nie.

32 En in geval enige besluit van hierdie kworums in ongeregtigheid gemaak word, mag dit voor ’n algemene samekoms van die onderskeie kworums gebring word, wat die geestelike gesagsdraers van die kerk uitmaak; andersins kan daar geen appèl wees teen hul besluit nie.

33 Die Twaalf is ’n Reisende Presiderende Hoëraad, om op te tree in die Naam van die Here, onder die leiding van die Presidensie van die Kerk, ooreenkomstig die instelling van die hemel; en bestuur al die sake daarvan in alle nasies, eerstens vir die anie-Jode en tweedens vir die Jode.

34 Die Sewentig moet in die Naam van die Here optree, onder die leiding van die aTwaalf of die reisende hoëraad, om die kerk op te bou en die sake daarvan te beheer in alle nasies, eers vir die nie-Jode en dan vir die Jode—

35 Die Twaalf word uitgestuur, en hou die sleutels, om die deur te open deur die verkondiging van die evangelie van Jesus Christus, en eerste vir die nie-Jode en dan aan die Jode.

36 Die staande ahoërade, in die penne van Sion, vorm ’n kworum gelyk in gesag in die sake van die kerk, in al hul besluite, aan die kworum van die presidensie, of aan die reisende hoëraad.

37 Die hoëraad in Sion vorm ’n kworum gelyk in gesag in die sake van die kerk, in al hul besluite, aan die rade van die Twaalf in die penne van Sion.

38 Dit is die plig van die reisende hoëraad om ’n beroep te doen op die aSewentig, wanneer hulle hulp nodig het, om die onderskeie versoeke te vervul om die evangelie te predik en te bedien, in plaas van enige ander.

39 Dit is die plig van die Twaalf, in alle groot takke van die kerk, om aevangeliese bedienaars te ordineer, soos hulle deur openbaring aan hulle aangedui sal word—

40 Die orde van hierdie priesterskap is gevestig om oorhandig te word van vader tot seun, en behoort regtens aan die letterlike afstammelinge van die gekose saad, aan wie die beloftes gemaak is.

41 Hierdie orde is ingestel in die dae van aAdam, en is deur bafstamming op die volgende wyse oorgedra:

42 Van Adam tot aSet, wat geordineer is deur Adam op die ouderdom van nege en sestig jaar, en is drie jaar voor sy (Adam se) dood geseën, en die belofte van God ontvang het deur sy vader, dat sy nageslag deur die Here gekies sou word, en dat hulle bewaar sou word tot die einde van die aarde;

43 Want hy (Set) was ’n avolmaakte man, en sy bgelykenis was die presiese gelykenis van sy vader, in soverre dat hy soos sy vader gelyk het in alle dinge, en kon slegs van hom onderskei word vanweë sy ouderdom.

44 Enos is geordineer op die ouderdom van eenhonderd vier en dertig jaar en vier maande, deur die hand van Adam.

45 God het Kenan in die wildernis geroep in die veertigste jaar van sy ouderdom; en hy het Adam ontmoet op reis na die plek Sjedolamak. Hy was agt en sewentig jaar oud toe hy sy ordinering ontvang het.

46 Mahalálel was vierhonderd ses en negentig jaar en sewe dae oud toe hy geordineer is deur die hand van Adam, wat hom ook geseën het.

47 Jered was tweehonderd jaar oud toe hy onder die hand van Adam geordineer is, wat hom ook geseën het.

48 aHenog was vyf en twintig jaar oud toe hy onder die hand van Adam geordineer is; en hy was vyf en sestig en Adam het hom geseën.

49 En hy het die Here gesien, en met Hom gewandel, en hy was voortdurend voor sy aangesig; en hy het driehonderd vyf en sestig jaar met God agewandel, wat hom vierhonderd en dertig jaar oud gemaak het toe hy bgetransformeer is.

50 aMetúsalag was een honderd jaar oud toe hy onder die hand van Adam geordineer is.

51 Lameg was twee en dertig jaar oud toe hy onder die hand van Set geordineer is.

52 aNoag was tien jaar oud toe hy onder die hand van Metúsalag geordineer is.

53 Drie jaar voor die dood van Adam, het hy Set, Enos, Kenan, Mahalálel, Jered, Henog en Metúsalag byeengeroep, wat almal ahoëpriesters was, met die res van sy nageslag wat regverdig was, na die vallei van bAdam-ondi-Ahman, en het daar oor hulle sy laaste seëning uitgespreek.

54 En die Here het aan hulle verskyn, en hulle het opgestaan en aAdam geseën, en hom bMígael, die prins, die aartsengel, genoem.

55 En die Here het vertroosting aan Adam gegee, en vir hom gesê: Ek het jou aangestel om aan die hoof te wees; ’n skare van nasies sal uit jou voortkom, en jy is ’n aprins oor hulle vir ewig.

56 En Adam het in die midde van die samekoms opgestaan; en, nieteenstaande hy geboë was vanweë ouderdom, vervul met die Heilige Gees, het hy avoorspel wat ook al met sy nageslag sou gebeur tot die laaste geslag.

57 Hierdie dinge is alles in die boek van Henog geskryf, en sal op die regte tyd van getuig word.

58 Dit is die plig van die aTwaalf, ook, om al die ander ampsdraers van die kerk te bordineer en te organiseer, ooreenkomstig die openbaring wat sê:

59 Aan die kerk van Christus in die land Sion, bykomend tot die kerklike awette betreffende kerklike sake—

60 Voorwaar, Ek sê vir julle, sê die Here van die Leërskare, daar moet noodwendig apresiderende ouderlinge wees om te presideer oor diegene wat die amp van ’n ouderling beklee;

61 En ook apriesters om te presideer oor diegene wat die amp van ’n priester beklee;

62 En ook leraars om te apresideer oor diegene wat die amp van ’n leraar beklee; op gelyke wyse, en ook die diakens—

63 Daarom, van diaken tot leraar, en van leraar tot priester, en van priester tot ouderling, onderskeidelik soos hulle aangestel word, ooreenkomstig die verbonde en gebooie van die kerk.

64 Dan kom die Hoëpriesterskap, wat die grootste van almal is.

65 Daarom, dit moet noodwendig so wees dat iemand van die Hoëpriesterskap aangestel moet word om te presideer oor die priesterskap, en hy sal die President van die Hoëpriesterskap van die Kerk genoem word;

66 Of, met ander woorde, die aPresiderende Hoëpriester oor die Hoëpriesterskap van die Kerk.

67 Van hom kom die bediening van ordinansies en seëninge aan die kerk, deur die aoplegging van hande.

68 Daarom, die amp van ’n biskop is nie daaraan gelyk nie, want die amp van ’n abiskop is om alle stoflike dinge te bestuur;

69 Nietemin, ’n biskop moet gekies word vanuit die aHoëpriesterskap, tensy hy ’n bletterlike afstammeling van Aäron is;

70 Want tensy hy ’n letterlike afstammeling van Aäron is, kan hy nie die sleutels hou van daardie priesterskap nie.

71 Nietemin, ’n hoëpriester, dit is, volgens die orde van Melgisédek, mag afgesonder word vir die bestuur van stoflike dinge, met ’n kennis van hulle deur die Gees van waarheid;

72 En ook om ’n aregter in Israel te wees, om die sake van die kerk te behartig, om in oordeel te sit oor oortreders volgens getuienis wat voor hom gelê word volgens die wette, met die hulp van sy raadgewers, wat hy gekies het of sal kies onder die ouderlinge van die kerk.

73 Dit is die plig van ’n biskop wat nie ’n letterlike afstammeling van Aäron is nie, maar geordineer is tot die Hoëpriesterskap volgens die orde van Melgisédek.

74 So sal hy ’n regter wees, naamlik ’n algemene regter onder die inwoners van Sion, of in ’n pen van Sion, of in enige tak van die kerk waar hy afgesonder sal word tot die bediening, tot die grense van Sion vergroot word en dit nodig word om ander biskoppe of regters in Sion of elders te hê.

75 En in soverre ander biskoppe aangestel word, sal hulle optree in dieselfde amp.

76 Maar ’n letterlike afstammeling van Aäron het ’n wetlike reg tot die presidensie van hierdie priesterskap, tot die asleutels van hierdie bediening, om onafhanklik in die amp van biskop op te tree, sonder raadgewers, behalwe in ’n saak waar ’n President van die Hoëpriesterskap, volgens die orde van Melgisédek, verhoor word, om te sit as ’n regter in Israel.

77 En die beslissing van enige van hierdie rade, ooreenkomstig die gebod wat sê:

78 En verder, voorwaar, Ek sê vir julle die belangrikste sake van die kerk, en die amoeilikste sake in die kerk, in soverre daar nie tevredenheid is oor die beslissing van die biskop of regters nie, sal oorhandig word en opgedra word aan die raad van die kerk, voor die bPresidensie van die Hoëpriesterskap.

79 En die Presidensie van die raad van die Hoëpriesterskap sal die mag hê om ander hoëpriesters te roep, naamlik twaalf, om as raadgewers te help; en dus sal die Presidensie van die Hoëpriesterskap en sy raadgewers die mag hê om te beslis oor getuienis ooreenkomstig die wette van die kerk.

80 En na hierdie beslissing sal dit nie meer in herinnering gebring word voor die Here nie; want dit is die hoogste raad van die kerk van God, en ’n finale beslissing oor twispunte in geestelike sake.

81 Daar is geen persoon wat aan die kerk behoort wat vrygestel is van hierdie raad van die kerk nie.

82 En in soverre die President van die Hoëpriesterskap sal oortree, sal hy in herinnering gebring word voor die algemene raad van die kerk, wat bygestaan sal word deur twaalf raadgewers van die Hoëpriesterskap;

83 En hulle beslissing oor sy hoof sal ’n einde van twispunte betreffende hom wees.

84 Dus, niemand sal vrygestel wees van die ageregtigheid en die wette van God nie, sodat alle dinge in orde en erns mag geskied, ooreenkomstig waarheid en geregtigheid.

85 En weer, voorwaar Ek sê vir julle, die plig van ’n president oor die amp van ’n adiaken is om te presideer oor twaalf diakens, om in raadsvergadering te sit met hulle, en om hulle hul plig te bleer, en mekaar op te bou, soos dit gegee is ooreenkomstig die verbonde.

86 En ook die plig van die president oor die amp van die aleraars is om te presideer oor vier en twintig van die leraars, en om in raadsvergadering te sit met hulle, en om hulle die pligte te leer van hulle amp, soos gegee is in die verbonde.

87 En ook die plig van die president oor die Priesterskap van Aäron is om te presideer oor agt en veertig apriesters, en om in raadsvergadering te sit met hulle, en om hulle die pligte te leer van hulle amp, soos gegee is in die verbonde—

88 Hierdie president moet ’n abiskop wees; want dit is een van die pligte van hierdie priesterskap.

89 En verder, die plig van die president oor die amp van aouderlinge is om te presideer oor ses en negentig ouderlinge, en om in raadsvergadering te sit met hulle, en om hulle te leer volgens die verbonde.

90 Hierdie presidensie is afsonderlik van dié van die sewentig, en is bedoel vir diegene wat nie na die hele wêreld areis nie.

91 En verder, die plig van die President van die amp van die Hoëpriesterskap is om te apresideer oor die hele kerk, en om soos bMoses te wees.

92 Kyk, hier is wysheid; ja, om ’n asiener, ’n bopenbaarder, ’n vertaler, en ’n cprofeet te wees, en al die dgawes van God te hê wat Hy aan die hoof van die kerk skenk.

93 En dit is ooreenkomstig die visioen wat die orde van die aSewentig toon, dat hulle sewe presidente moet hê om oor hulle te presideer, gekies uit die groep van die sewentig;

94 En die sewende president van hierdie presidente moet presideer oor die ses.

95 En hierdie sewe presidente moet ander sewentig kies buiten die eerste sewentig aan wie hulle behoort, en moet oor hulle presideer;

96 En ook ander sewentig, tot sewe maal sewentig, indien die arbeid in die wingerd dit noodwendig vereis.

97 En hierdie sewentig moet areisende dienaars wees, eers aan die nie-Jode en ook aan die Jode.

98 Ander ampsdraers van die kerk wat nie behoort aan die Twaalf, nóg aan die Sewentig, het nie die verantwoordelikheid om onder die nasies te reis nie, maar moet reis soos hulle omstandighede sal toelaat, nieteenstaande hulle hoë en verantwoordelike ampte in die kerk mag beklee.

99 Daarom, nou laat elkeen sy aplig leer, en om in die amp waarin hy aangestel is, in alle bywerigheid op te tree.

100 Hy wat alaks is sal nie bwaardig geag word om te staan nie, en hy wat nie sy plig leer nie en homself nie as goedgekeur bewys nie, sal nie waardig geag word om te staan nie. Dit is so. Amen.