Skrifture
Mosia 16


Hoofstuk 16

God verlos mense van hul verlore en gevalle toestand—Diegene wat vleeslik is, bly asof daar geen verlossing was nie—Christus bring ’n opstanding teweeg na eindelose lewe of na eindelose verdoemenis. Ongeveer 148 v.C.

1 En nou, dit het gebeur dat nadat Abinadi hierdie woorde gespreek het, het hy sy hand uitgestrek, en gesê: Die tyd sal kom wanneer almal die aheil van die Here sal sien; wanneer elke nasie, stam, taal en volk oog tot oog sal sien en sal bbely voor God dat sy oordele regverdig is.

2 En dan sal die bose auitgewerp word, en hulle sal rede hê om te huil, en te bween, en te skree, en hulle tande te kners; en dit omdat hulle nie wou ag slaan op die stem van die Here nie; daarom verlos die Here hulle nie.

3 Want hulle is avleeslik en duiwels, en die bduiwel het mag oor hulle; ja, en wel daardie ou slang wat ons eerste ouers cverlei het, wat die oorsaak was van hulle dval; wat die oorsaak was dat alle mense vleeslik, wellustig, duiwels word, wat die kwade van die goeie eken, en hulleself onderwerp aan die duiwel.

4 Daarom was alle mense averlore; en kyk, hulle sou eindeloos verlore gewees het as dit nie was dat God sy volk verlos het van hulle verlore en gevalle toestand nie.

5 Maar onthou dat hy wat volhou in sy eie avleeslike natuur, en voortgaan op die weë van sonde en rebellie teen God, bly in sy vervalle toestand, en die duiwel het alle mag oor hom. Daarom is hy asof daar geen bverlossing teweeggebring is nie, omdat hy ’n vyand is van God, en ook is die duiwel ’n vyand van God.

6 En nou, as Christus nie in die wêreld gekom het nie, en sprekende van dinge wat moet kom aasof hulle alreeds gekom het, kon daar geen verlossing gewees het nie.

7 En as Christus nie opgestaan het uit die dood, of die bande van die dood verbreek het, sodat die graf geen oorwinning sou hê nie, en sodat die dood geen aangel sou hê nie, kon daar geen opstanding gewees het nie.

8 Maar daar is ’n aopstanding, daarom het die graf geen oorwinning nie, en die angel van die bdood is opgeneem in Christus.

9 Hy is die alig en die lewe van die wêreld; ja, ’n lig wat eindeloos is, wat nooit verdonker kan word nie; ja, en ook ’n lewe wat eindeloos is, sodat daar geen dood meer kan wees nie.

10 Selfs hierdie sterflike sal beklee word met aonsterflikheid, en hierdie verganklike sal beklee word met onverganklikheid, en sal gebring word om te bstaan voor die regbank van God, om deur Hom cgeoordeel te word volgens hulle werke, of hulle goed en of hulle boos is—

11 As hulle goed is, tot die opstanding van die aeindelose lewe en geluk; en as hulle boos is, tot die opstanding van eindelose bverdoemenis, omdat hulle oorgelewer word aan die duiwel, wat hulle onderwerp het, wat verdoemenis is—

12 En wat gegaan het volgens hulle eie vleeslike wil en begeertes; en nooit tot die Here geroep het terwyl die arms van abarmhartigheid na hulle uitgestrek was nie; want die arms van barmhartigheid was uitgestrek na hulle, en hulle wou nie; hulle was gewaarsku oor hul ongeregtighede en tog wou hulle nie van hul afwyk nie; en hulle is gebied om te bekeer en tog wou hulle nie bekeer nie.

13 En nou, behoort julle nie te bewe en te bekeer van julle sondes nie, en onthou dat julle net in en deur Christus gered kan word?

14 Daarom, as julle die awet van Moses onderrig, leer ook dat dit ’n voorafskaduwing is van daardie dinge wat moet kom—

15 Leer hulle dat verlossing deur Christus die Here kom, wat die ware aEwige Vader is. Amen.