Skrifture
Mosia 10


Hoofstuk 10

Koning Laman sterf—Sy volk is wild en wreed en glo in valse oorleweringe—Zenif en sy volk seëvier teen hulle. Ongeveer 187–160 v.C.

1 En dit het gebeur dat ons weer die koninkryk begin vestig het, en ons het weer begin om die land in vrede in besit te neem. En ek het beveel dat daar wapens van oorlog van allerlei soorte gemaak moes word, sodat ek daardeur wapens mag hê vir my volk vir die tyd dat die Lamaniete weer teen ons sou optrek om oorlog te maak teen my volk.

2 En ek het wagte rondom die land opgestel, sodat die Lamaniete nie weer onverhoeds teen ons mag opkom en ons vernietig nie; en so het ek my volk en my kuddes bewaak, en verhoed dat hulle in die hande van ons vyande val.

3 En dit het gebeur dat ons die land van ons vaders beërwe het vir baie jare lank, ja, vir ’n tydperk van twee en twintig jaar.

4 En ek het die manne die grond laat bewerk en allerhande asoorte graan verbou en allerhande vrugte van elke soort.

5 En ek het die vroue laat spin, en arbei, en werk, en allerhande fyn alinne laat maak, ja, en linne van elke soort, sodat ons ons naaktheid kon bedek; en so was ons voorspoedig in die land—so het ons voortdurende vrede in die land gehad vir ’n tydperk van twee en twintig jaar.

6 En dit het gebeur dat koning aLaman gesterf het, en sy seun het begin om in sy plek te heers. En hy het begin om sy volk op te stook om te rebelleer teen my volk; daarom het hulle begin om voor te berei vir oorlog, en om teen my volk op te trek in die stryd.

7 Maar ek het my spioene rondgestuur in die land aSemlon, sodat ek hulle voorbereidsels kon ontdek, sodat ek teen hulle mag waak, sodat hulle nie my volk mag aanval en hulle vernietig nie.

8 En dit het gebeur dat hulle opgekom het in die noorde van die land Silom, met hulle talryke leërskare, manne agewapend met bboë, en met pyle, en met swaarde, en met sabels, en met klippe, en met slingers; en hulle het hul hoofde geskeer dat hulle nakend was; en hulle was omgord met ’n leergordel om hulle lendene.

9 En dit het gebeur dat ek beveel het dat die vroue en kinders van my volk versteek moes word in die wildernis; en ek het ook beveel dat al my ou manne wat wapens kon dra, en ook al my jong manne wat in staat was om wapens te dra, hulleself moes bymekaarmaak om in die stryd te gaan teen die Lamaniete; en ek het hulle in hul slagorde opgestel, elke man volgens sy ouderdom.

10 En dit het gebeur dat ons in die stryd opgegaan het teen die Lamaniete; en ek, selfs ek, in my ouderdom, het opgegaan in die stryd teen die Lamaniete. En dit het gebeur dat ons opgegaan het in die akrag van die Here in die stryd.

11 Nou, die Lamaniete het niks geweet aangaande die Here nie, nóg die krag van die Here, daarom het hulle staatgemaak op hulle eie krag. Tog was hulle ’n sterk volk, volgens die krag van mense.

12 Hulle was ’n awilde, en wrede, en ’n bloeddorstige volk, wat geglo het aan die boorleweringe van hulle vaders, en dit is—Hulle het geglo dat hulle verdrywe is uit die land Jerusalem vanweë die ongeregtighede van hulle vaders, en dat hulle deur hulle broers veronreg is in die wildernis, en hulle is ook veronreg terwyl hulle die see oorgesteek het;

13 En verder, dat hulle veronreg was terwyl hulle in die land van hulle aeerste erfenis was, nadat hulle die see oorgesteek het, en dit alles omdat Nefi meer getrou was om die gebooie van die Here te onderhou—daarom is hy bbegunstig deur die Here, want die Here het sy gebede gehoor en hulle beantwoord, en hy het die leiding geneem van hulle reis in die wildernis.

14 En sy broers was toornig op hom omdat hulle nie die handelinge van die Here averstaan het nie; hulle was ook btoornig op hom op die waters, omdat hulle hul harte verhard het teen die Here.

15 En verder, hulle was toornig op hom toe hulle in die beloofde land aangekom het, omdat hulle gesê het dat hy die aheerskappy oor die volk uit hulle hande geneem het; en hulle het gesoek om hom dood te maak.

16 En verder, hulle was toornig op hom omdat hy die wildernis ingetrek het soos die Here hom beveel het, en die akronieke geneem het wat gegraveer was op die plate van brons, want hulle het gesê dat hy hulle bberoof het.

17 En so het hulle hul kinders geleer dat hulle hul moes haat, en dat hulle hul moes vermoor, en dat hulle hul moes beroof en plunder, en alles doen wat hulle kon om hulle te vernietig; daarom het hulle ’n ewige haat teenoor die kinders van Nefi.

18 Om hierdie rede het koning Laman, deur sy sluheid en listige leuentaal, en sy mooi beloftes, my bedrieg, sodat ek hierdie, my volk, in hierdie land gebring het, sodat hulle hul mag vernietig; ja, en ons het hierdie baie jare gely in die land.

19 En nou ek, Zenif, nadat ek al hierdie dinge aan my volk vertel het aangaande die Lamaniete, het ek hulle aangespoor om te gaan veg met hulle mag, en hul vertroue in die Here te plaas; daarom, ons het geveg teen hulle, van aangesig tot aangesig.

20 En dit het gebeur dat ons hulle weer uitgedrywe het uit ons land; en ons het hulle geslag met ’n groot slagting, en wel so baie, dat ons hulle nie getel het nie.

21 En dit het gebeur dat ons weer teruggekeer het na ons eie land, en my volk het weer begin om hulle kuddes te versorg en hulle grond te bewerk.

22 En nou ek, omdat ek oud is, het die koninkryk oorgedra aan een van my seuns; daarom, ek sê niks meer nie. En mag die Here my volk seën. Amen.