Skrifture
Moroni 10


Hoofstuk 10

’n Getuienis van die Boek van Mormon kom deur die mag van die Heilige Gees—Die gawes van die Gees word gegee aan die gelowiges—Geestelike gawes vergesel altyd geloof—Moroni se woorde spreek uit die stof—Kom na Christus, word vervolmaak in Hom, en heilig julle siele. Ongeveer 421 n.C.

1 Nou ek, Moroni, skryf ietwat soos wat ek goeddink. En ek skryf aan my broers, die aLamaniete; ek wil hê dat hulle moet weet dat meer as vierhonderd en twintig jaar verbygegaan het vandat die teken gegee is van die koms van Christus.

2 En ek averseël hierdie kronieke, nadat ek ’n paar woorde gespreek het by wyse van vermaning tot julle.

3 Kyk, ek wil julle vermaan dat wanneer julle hierdie dinge sal lees, as dit wysheid is in God dat julle hulle sal lees, dat julle sal onthou hoe barmhartig die Here was jeens die kinders van mense, vanaf die skepping van Adam tot die tyd dat julle hierdie dinge sal ontvang, en dit in julle aharte bbepeins.

4 En wanneer julle hierdie dinge sal ontvang, wil ek julle vermaan dat julle God sal avra, die Ewige Vader, in die Naam van Christus, of hierdie dinge bnie waar is nie; en as julle sal vra met ’n copregte hart, met dopregte begeerte, en met egeloof in Christus, sal Hy die fwaarheid daarvan gopenbaar aan julle, deur die mag van die Heilige Gees.

5 En deur die mag van die Heilige Gees mag julle die awaarheid bweet van alle dinge.

6 En watter ding ook al goed is, is juis en waar; daarom, niks wat goed is loën die Christus nie, maar erken dat Hy is.

7 En julle mag weet dat Hy is, deur die mag van die Heilige Gees; daarom wil ek julle vermaan dat julle nie die krag van God loën nie; want Hy werk deur krag, avolgens die geloof van die kinders van mense, dieselfde vandag en môre, en vir ewig.

8 En verder, ek vermaan julle, my broers, dat julle nie die agawes van God loën nie, want hulle is baie; en hulle kom van dieselfde God. En daar is bverskillende wyses waarop hierdie gawes toegewys word, maar dit is dieselfde God wat alles in almal werk; en hulle word gegee deur die openbarings van die Gees van God aan die mens, om hulle te bevoordeel.

9 Want kyk, aaan een word gegee die Gees van God, dat hy die woord van wysheid mag bonderrig;

10 En aan ’n ander, dat hy die woord van kennis mag onderrig deur dieselfde Gees;

11 En aan ’n ander, uitermate groot ageloof; en aan ’n ander, die gawes van bgenesing deur dieselfde Gees;

12 En verder, aan ’n ander, dat hy magtige awonderwerke mag verrig;

13 En verder, aan ’n ander, dat hy mag profeteer aangaande alle dinge;

14 En verder, aan ’n ander, die aanskouing van engele en dienende geeste;

15 En verder, aan ’n ander, alle soorte van tonge;

16 En verder, aan ’n ander, die uitlegging van tale en van verskillende soorte atonge.

17 En al hierdie gawes kom deur die Gees van Christus; en hulle kom na elke mens afsonderlik, soos Hy wil.

18 En ek wil julle vermaan, my geliefde broers, dat julle onthou dat aelke goeie gawe van Christus kom.

19 En ek wil julle vermaan, my geliefde broers, dat julle onthou dat Hy adieselfde is gister, vandag en vir ewig, en dat al hierdie gawes waarvan ek gespreek het, wat geestelik is, nooit weggedoen sal word so lank as die wêreld sal staan nie, slegs ooreenkomstig die bongeloof van die kinders van mense.

20 Daarom, daar moet ageloof wees; en as daar geloof moet wees, moet daar ook hoop wees; en as daar hoop moet wees, moet daar ook naasteliefde wees.

21 En tensy julle anaasteliefde het, kan julle geensins gered word in die koninkryk van God nie; ook kan julle nie gered word in die koninkryk van God as julle nie geloof het nie; nóg kan julle, as julle geen hoop het nie.

22 En as julle geen hoop het nie, moet julle noodwendig in wanhoop wees; en wanhoop kom as gevolg van ongeregtigheid.

23 En Christus het waarlik aan ons vaders gesê: aAs julle geloof het kan julle alle dinge doen wat vir My raadsaam is.

24 En nou spreek ek met al die eindes van die aarde—dat as die dag kom dat die krag en gawes van God weggedoen sal word onder julle, sal dit wees avanweë bongeloof.

25 En wee die kinders van mense as dit die geval is; want daar sal aniemand wees wat goed doen onder julle nie, nee nie een nie. Want as daar een is onder julle wat goeddoen, sal hy werk deur die krag en gawes van God.

26 En wee hulle wat hierdie dinge sal wegdoen, en sterf, want hulle asterf in hul bsondes, en hulle kan nie gered word in die koninkryk van God nie; en ek spreek dit volgens die woorde van Christus; en ek lieg nie.

27 En ek vermaan julle om hierdie dinge te onthou; want die tyd kom spoedig dat julle sal weet dat ek nie lieg nie, want julle sal my sien by die regbank van God; en die Here God sal vir julle sê: Het Ek nie my awoorde aan julle verkondig, wat geskryf is deur hierdie man, net soos een wat broep uit die dode, ja, net soos een wat spreek uit die cstof nie?

28 Ek verkondig hierdie dinge ter vervulling van die profesieë. En kyk, hulle sal uitgaan uit die mond van die ewige God; en sy woord sal avoortsis van geslag tot geslag.

29 En God sal aan julle toon dat dit wat ek geskryf het, waar is.

30 En verder wil ek julle vermaan dat julle na Christus moet akom, en vasgryp aan elke goeie gawe, en die bose gawe nie baanraak nie, nóg die onrein ding.

31 En aontwaak, en staan op uit die stof, o Jerusalem, ja, en trek jou mooi klere aan, o dogter van bSion; en cversterk jou dpenne en vergroot jou grense vir ewig, dat jy enie langer vermeng mag wees nie, dat die verbonde van die Ewige Vader wat Hy gesluit het met julle, o huis van Israel, vervul mag word.

32 Ja, akom na Christus, en word bvervolmaak in Hom, en onthou julleself van alle goddeloosheid; en as julle jul sal onthou van alle goddeloosheid, en God sal cliefhê met al julle mag, verstand en krag, dan is sy genade genoeg vir julle, dat deur sy dgenade julle volmaak mag wees in Christus; en as julle deur die genade van God volmaak is in Christus, kan julle geensins die krag van God loën nie.

33 En verder, as julle deur die genade van God volmaak is in Christus, en sy krag nie loën nie, dan word julle ageheilig in Christus deur die genade van God, deur die vergieting van die bbloed van Christus, wat in die verbond is van die Vader tot die cvergifnis van julle sondes, dat julle dheilig word, sonder smet.

34 En nou sê ek aan almal, vaarwel. Ek gaan spoedig om te arus in die bparadys van God, totdat cmy gees en liggaam weer sal dverenig, en ek triomfantlik gebring word deur die elug, om julle te ontmoet voor die faangename regbank van die groot gJehova, die Ewige hRegter van beide die lewende en die dode. Amen.

Die Einde