Skrifture
Mormon 7


Hoofstuk 7

Mormon nooi die Lamaniete van die laaste dae om in Christus te glo, sy evangelie te aanvaar en gered te word—Almal wat die Bybel glo sal ook die Boek van Mormon glo. Ongeveer 385 n.C.

1 En nou, kyk, ek wil ietwat spreek tot die aoorblyfsel van hierdie volk wat gespaar is, as dit so is dat God my woorde aan hulle mag gee, sodat hulle mag weet van die dinge van hulle vaders; ja, ek spreek met julle, julle oorblyfsel van die huis van Israel; en dit is die woorde wat ek spreek:

2 Weet julle dat julle van die ahuis van Israel is.

3 Weet julle dat julle tot bekering moet kom, of julle kan nie gered word nie.

4 Weet julle dat julle jul wapens van oorlog moet neerlê, en nie meer behae skep in die vergieting van bloed nie, en hulle nie weer opneem nie, behalwe as God julle sal gebied.

5 Weet julle dat julle moet kom tot die akennis van julle vaders, en bekeer van al julle sondes en ongeregtighede, en bglo in Jesus Christus, dat Hy die Seun van God is, en dat Hy gedood is deur die Jode, en deur die krag van die Vader het Hy weer opgestaan, waardeur Hy die coorwinning behaal het oor die graf; en ook in Hom is die angel van die dood opgesluk.

6 En Hy bring die aopstanding van die dode teweeg, waardeur die mens opgerig moet word om te staan voor sy bregterstoel.

7 En Hy het die averlossing van die wêreld teweeg gebring, waardeur hy wat bskuldeloos bevind word voor Hom op die oordeelsdag, dit aan hom gegee is om te cwoon in die teenwoordigheid van God in sy koninkryk, om onophoudelik lof te sing met die dkore daar bo, aan die Vader, en aan die Seun, en aan die Heilige Gees, wat eeen God is, in ’n toestand van fgeluk wat geen einde het nie.

8 Daarom, bekeer, en word gedoop in die Naam van Jesus, en gryp die aevangelie van Christus aan, wat aan julle voorgehou sal word, nie net in hierdie kroniek nie, maar ook in die bkroniek wat na die nie-Jode sal kom cvan die Jode, welke kroniek van die nie-Jode sal kom dna julle.

9 Want kyk, dit aword geskrywe met die doel dat julle dit mag bglo; en as julle dit glo, sal julle dié ook glo; en as julle dit glo, sal julle weet aangaande julle vaders en ook die wonderbaarlike werke wat tot stand gebring is deur die krag van God onder hulle.

10 En julle sal ook weet dat julle ’n oorblyfsel is van die saad van Jakob; daarom word julle gereken onder die volk van die eerste verbond; en as dit so is dat julle in Christus glo, en gedoop word, eers met water, dan met vuur en met die Heilige Gees, in navolging van die avoorbeeld van ons Saligmaker, volgens dit wat Hy ons gebied het, dan sal dit goed gaan met julle op die dag van oordeel. Amen.