Skrifture
Jakob 1


Die Boek van Jakob
Die broer van Nefi

Die woorde van sy prediking aan sy broers. Hy beskaam ’n man wat probeer om die leer van Christus omver te gooi. ’n Paar woorde aangaande die geskiedenis van die volk van Nefi.

Hoofstuk 1

Jakob en Josef poog om mense te oorreed om in Christus te glo en om sy gebooie te onderhou—Nefi sterf—Boosheid heers onder die Nefiete. Ongeveer 544–421 v.C.

1 Want kyk, dit het gebeur dat vyf en vyftig jaar verbygegaan het vanaf die tyd dat Lehi Jerusalem verlaat het; daarom, Nefi het aan my, aJakob, ’n bbevel gegee aangaande die cklein plate, waarop hierdie dinge gegraveer is.

2 En hy het aan my, Jakob, ’n bevel gegee dat ek op hierdie plate ’n paar van die dinge wat ek die waardevolste geag het, moes skryf; dat ek nie moes skryf, behalwe as dit ligweg is, aangaande die geskiedenis van hierdie volk wat genoem is die volk van Nefi nie.

3 Want hy het gesê dat die geskiedenis van sy volk gegraveer moes word op sy ander plate, en dat ek hierdie plate moes bewaar en hulle oorhandig aan my saad, van geslag tot geslag.

4 En as daar prediking was wat heilig was, of openbaring wat groot was, of profetering, dat ek die ahoofpunte daarvan moes graveer op hierdie plate, en op hulle skryf soveel as wat dit moontlik is, om Christus ontwil, en ter wille van ons volk.

5 Want vanweë geloof en groot besorgdheid, is dit waarlik geopenbaar aan ons aangaande ons volk, watter dinge met hulle sal agebeur.

6 En ons het ook baie openbaringe gehad, en die gees van veel profesie; daarom, ons het geweet van aChristus en sy koninkryk, wat moes kom.

7 Daarom het ons ywerig gearbei onder ons volk, dat ons hulle mag oorreed om tot Christus te akom, en deel te hê aan die goedheid van God, dat hulle sy brus mag binnegaan, sodat Hy nie op enige wyse sou sweer in sy toorn dat hulle nie sou cbinnegaan nie, soos in die dverbittering in die dae van versoeking terwyl die kinders van Israel in die ewildernis was.

8 Daarom, ons wou dat God ons moes help dat ons alle mense kon oorreed om nie te arebelleer teen God, om Hom baan te hits tot woede nie, maar dat alle mense sou glo in Christus, en sy dood aanskou, en sy kruis cverduur en die skande van die wêreld dra; daarom, ek, Jakob, neem dit op my om die bevel van my broer Nefi uit te voer.

9 Nou, Nefi het begin om oud te word, en hy het gesien dat hy spoedig moes asterf; daarom, hy het ’n man bgesalf om nou ’n koning te wees en ’n heerser oor sy volk, volgens die heerskappye van die ckonings.

10 Die volk het Nefi uitermate liefgehad, omdat hy ’n groot beskermer vir hulle was, omdat hy die aswaard van Laban gebruik het tot hul verdediging, en omdat hy gearbei het in al sy dae vir hulle welsyn—

11 Daarom, die mense was begerig om sy naam in herinnering te hou. En wie ook al sou heers in sy plek, is genoem deur die volk, tweede Nefi, derde Nefi, ensovoorts, volgens die heerskappye van die konings; en so is hulle genoem deur die volk, ongeag wat hulle name was.

12 En dit het so gebeur dat Nefi gesterf het.

13 Nou, die volk wat nie aLamaniete was nie, was bNefiete; nogtans, hulle is genoem Nefiete, Jakobiete, Josefiete, cZoramiete, Lamaniete, Lemueliete, en Ismaeliete.

14 Maar ek, Jakob, sal hulle hierna nie onderskei volgens hierdie name nie, maar ek sal hulle Lamaniete anoem wat soek om die mense van Nefi te vernietig, en diegene wat vriendelik is teenoor Nefi sal ek bNefiete noem, of die cmense van Nefi, volgens die heerskappye van die konings.

15 En nou het dit gebeur dat die mense van Nefi, onder die heerskappy van die tweede koning, begin het om hard te word in hulle harte, en hulleself tot ’n mate toegegee het aan goddelose gebruike, soos met Dawid van ouds wat baie avroue en byvroue begeer het, en ook Salomo, sy seun.

16 Ja, en hulle het ook begin soek na baie goud en silwer, en begin om tot ’n mate verhef te word in hoogmoed.

17 Daarom, ek, Jakob, het aan hulle hierdie woorde gegee terwyl ek hulle in die atempel geleer het, nadat ek eers my bopdrag verkry het van die Here.

18 Want ek, Jakob, en my broer Josef, is agewy as priesters en leraars van hierdie volk, deur die hand van Nefi.

19 En ons het ons aamp verheerlik vir die Here, deur op ons die bverantwoordelikheid te neem om die sondes van die volk op ons eie hoofde te neem as ons hulle nie die woord van God geleer het met alle ywer nie; daarom, deur te arbei met ons mag, dat hulle cbloed nie op ons kleding mag kom nie; anders sou hulle bloed op ons kleding kom, en ons sou nie vlekkeloos gevind word op die laaste dag nie.