Skrifture
Ether 12


Hoofstuk 12

Die profeet Ether vermaan die volk om in God te glo—Moroni vertel van die wondere en wonderbaarlikhede wat verrig is deur geloof—Geloof het die broer van Jered in staat gestel om Christus te sien—Die Here gee aan die mens swakheid sodat hulle nederig mag wees—Die broer van Jered het Berg Serin verskuif deur geloof—Geloof, hoop, en naasteliefde is noodsaaklik vir heil—Moroni het Jesus gesien van aangesig tot aangesig.

1 En dit het gebeur dat die dae van Ether in die dae van Coriantumr was; en aCoriantumr was koning oor die hele land.

2 En aEther was ’n profeet van die Here; daarom het Ether uitgekom in die dae van Coriantumr, en het begin om vir die volk te profeteer, want hy kon nie bgekeer word nie, vanweë die Gees van die Here wat in hom was.

3 Want hy het auitgeroep van die oggend tot die ondergaan van die son, en die volk vermaan om in God te glo tot bekering anders sou hulle bvernietig word, en aan hulle gesê dat deur cgeloof word alle dinge vervul—

4 Daarom, wie ook al in God glo mag met sekerheid ahoop op ’n beter wêreld, ja, en wel ’n plek aan die regterhand van God, welke hoop kom van geloof, en ’n banker maak vir die siele van mense, wat hulle sterk en standvastig sal maak, en altyd cgoeie werke doen, wat gelei word om God te dverheerlik.

5 En dit het gebeur dat Ether groot en wonderbaarlike dinge geprofeteer het vir die volk, wat hulle nie geglo het nie, omdat hulle hul nie gesien het nie.

6 En nou ek, Moroni, wil ietwat spreek aangaande hierdie dinge; ek wil aan die wêreld toon dat ageloof dinge is waarop bgehoop word en cnie gesien word nie; daarom, twyfel nie omdat julle nie sien nie, want julle ontvang geen getuienis tot ná die dbeproewing van julle geloof nie.

7 Want dit was deur geloof dat Christus Hom aan ons vaders getoon het, nadat Hy opgestaan het uit die dood; en Hy het Hom nie getoon aan hulle tot nadat hulle geloof gehad het in Hom nie; daarom, dit moet noodwendig wees dat sommige geloof gehad het in Hom, want Hy het Homself nie getoon aan die wêreld nie.

8 Maar vanweë die geloof van die mens het Hy Homself aan die wêreld getoon, en die Naam van die Vader verheerlik, en ’n weg berei sodat andere daardeur deelgenote kan wees van die hemelse gawe, sodat hulle mag hoop op daardie dinge wat hulle nie gesien het nie.

9 Daarom, mag julle ook hoop hê, en deelgenote wees van die gawe, as julle net geloof het.

10 Kyk, dit was deur geloof dat hulle van ouds ageroep is volgens die heilige orde van God.

11 Daarom, deur geloof is die wet van Moses gegee. Maar in die gawe van sy Seun het God ’n auitnemender weg berei; en dit is deur geloof dat dit vervul is.

12 Want as daar geen ageloof is onder die kinders van mense nie, kan God geen bwonderwerk verrig onder hulle nie; daarom, Hy het Homself nie getoon tot ná hulle geloof nie.

13 Kyk, dit was die geloof van Alma en Amulek wat die agevangenis laat intuimel het op die aarde.

14 Kyk, dit was die geloof van Nefi en Lehi wat die verandering onder die Lamaniete abewerkstellig het, dat hulle gedoop is met vuur en met die bHeilige Gees.

15 Kyk, dit was die geloof van aAmmon en sy broers wat so ’n groot wonderwerk bverrig het onder die Lamaniete.

16 Ja, en wel hulle almal wat awonderwerke verrig het, het hulle verrig deur bgeloof, selfs hulle wat voor Christus was, en ook hulle wat daarna was.

17 En dit was deur geloof dat die drie dissipels ’n belofte verkry het dat hulle anie die dood sou smaak nie; en hulle het nie die belofte verkry tot ná hulle geloof nie.

18 En nóg op enige tyd het enigeen wonderwerke verrig tot ná hulle geloof; daarom het hulle eers geglo in die Seun van God.

19 En daar was baie wie se geloof só uitermate sterk was, selfs avoordat Christus gekom het, wat nie teruggehou kon word van binne die bsluier nie, maar werklik met hulle eie oë die dinge gesien het wat hulle aanskou het met ’n oog van geloof, en hulle was bly.

20 En kyk, ons het gesien in hierdie kroniek dat een van hulle die broer van Jered was; want só groot was sy geloof in God, dat toe God sy avinger uitgesteek het, Hy dit nie kon verberg van die sig van die broer van Jered nie, vanweë sy woord wat Hy met hom gespreek het, welke woord hy verkry het deur geloof.

21 En nadat die broer van Jered die vinger van die Here gesien het, vanweë die abelofte wat die broer van Jered deur geloof verkry het, kon die Here nie enigiets weerhou van sy sig nie; daarom het Hy hom alle dinge getoon, want hy kon nie langer buite die bsluier gehou word nie.

22 En dit is deur geloof dat my vaders die abelofte verkry het dat hierdie dinge na hulle broers sou kom deur die nie-Jode; daarom het die Here my gebied, ja, naamlik Jesus Christus.

23 En ek het aan Hom gesê: Here, die nie-Jode sal spot met hierdie dinge, vanweë ons aswakheid om te skryf; want Here, U het ons bmagtig gemaak in die woord deur geloof, maar U het ons nie magtig gemaak om te skryf nie; want U het hierdie hele volk gemaak sodat hulle veel kon spreek, vanweë die Heilige Gees wat U hulle gegee het;

24 En U het ons gemaak sodat ons maar min kon skryf, vanweë die onbeholpenheid van ons hande. Kyk, U het ons nie magtig gemaak in askryf soos die broer van Jered nie, want U het hom gemaak sodat die dinge wat hy geskryf het magtig was net soos U, tot die oorweldiging van die mens om hulle te lees.

25 U het ook ons woorde kragtig en groot gemaak, tot so ’n mate dat ons hulle nie kan skryf nie; daarom, wanneer ons skryf, sien ons ons swakheid, en struikel vanweë die plasing van ons woorde; en ek vrees dat die nie-Jode sal aspot met ons woorde.

26 En toe ek dit gesê het, het die Here met my gespreek, en gesê: Dwase aspot, maar hulle sal treur; en my genade is voldoende vir die sagmoediges, sodat hulle nie misbruik sal maak van julle swakheid nie;

27 En as mense na My kom, sal Ek aan hulle hul aswakheid toon. Ek bgee aan mense swakheid sodat hulle nederig mag wees; en my cgenade is genoeg vir alle mense wat hulleself dverootmoedig voor My; want as hulle hulself verootmoedig voor My, en geloof het in My, dan sal Ek eswak dinge sterk laat word vir hulle.

28 Kyk, Ek sal aan die nie-Jode hulle swakheid toon, en Ek sal aan hulle toon dat ageloof, hoop, en naasteliefde hulle na My toe bring—die fontein van alle regverdigheid.

29 En ek, Moroni, nadat ek hierdie woorde gehoor het, was getroos, en het gesê: O Here, laat U regverdige wil geskied, want ek weet dat U met die kinders van mense werk volgens hulle geloof;

30 Want die broer van Jered het aan die berg Serin gesê: aGaan weg—en dit het weggegaan. En as hy nie geloof gehad het nie, sou dit nie beweeg het nie; daarom, U werk nadat die mens geloof het.

31 Want so het U Uself getoon aan u dissipels; want nadat hulle ageloof gehad het, en in u Naam gespreek het, het U Uself getoon aan hulle met groot krag.

32 En ek onthou ook dat U gesê het dat U ’n woning berei het vir die mens, ja, en wel onder die awonings van u Vader, waarin die mens ’n uitnemender bhoop mag hê; daarom moet die mens hoop, of hy kan nie ’n erfenis ontvang in die plek wat U berei het nie.

33 En verder, ek onthou dat U gesê het dat U die wêreld aliefgehad het, tot die neerlegging van U lewe vir die wêreld, dat U dit weer mag opneem om ’n plek te berei vir die kinders van mense.

34 En nou weet ek dat hierdie aliefde wat U gehad het vir die kinders van mense, naasteliefde is; daarom, tensy die mens naasteliefde het, kan hulle nie daardie plek beërwe wat U berei het in die wonings van u Vader nie.

35 Daarom, ek weet weens hierdie ding wat U gesê het, dat as die nie-Jode nie naasteliefde het nie, vanweë ons swakheid, dat U hulle sal beproef, en hulle atalent wegneem, ja, en wel dit wat hulle ontvang het, en aan hulle gee wat meer oorvloedig sal hê.

36 En dit het gebeur dat ek gebid het tot die Here sodat Hy aan die nie-Jode agenade sal gee, dat hulle naasteliefde mag hê.

37 En dit het gebeur dat die Here aan my gesê het: As hulle nie naasteliefde het nie, maak dit nie vir jou saak nie, jy was getrou; daarom, jou kleding sal agereinig word. En omdat jy jou bswakheid gesien het, sal jy sterk gemaak word, totdat jy kan sit in die plek wat Ek berei het in die wonings van my Vader.

38 En nou ek, Moroni, sê vaarwel aan die nie-Jode, ja, en ook aan my broers vir wie ek liefhet, totdat ons sal ontmoet voor die aregterstoel van Christus, waar alle mense sal weet dat my bkleding nie bevlek is met julle bloed nie.

39 En dan sal julle weet dat ek Jesus agesien het, en dat Hy met my gespreek het van baangesig tot aangesig, en dat Hy my in duidelike ootmoed vertel het, net soos ’n mens ’n ander vertel, in my eie taal aangaande hierdie dinge;

40 En slegs ’n paar dinge het ek geskryf vanweë my swakheid om te skryf.

41 En nou, ek wil julle vermaan om hierdie Jesus te asoek van wie die profete en die apostels geskryf het, sodat die genade van God die Vader, en ook die Here Jesus Christus, en die Heilige Gees, wat bgetuig van hulle, met julle mag wees en in julle bly vir ewig. Amen.