Skrifture
Alma 5


Die woorde wat Alma, die Hoëpriester volgens die heilige orde van God, aan die volk verkondig het in hulle stede en gehugte dwarsdeur die land.

Beginnende met hoofstuk 5.

Hoofstuk 5

Om heil te ontvang, moet mense bekeer en die gebooie onderhou, wedergebore word, hulle kleding reinig deur die bloed van Christus, nederig wees en hulleself stroop van hoogmoed en afguns, en die werke van regverdigheid doen—Die Goeie Herder roep sy volk—Diegene wat bose dade doen, is kinders van die duiwel—Alma getuig van die waarheid van sy leerstelling en beveel mense om te bekeer—Die name van die regverdiges sal geskryf word in die boek van die lewe. Ongeveer 83 v.C.

1 Nou dit het gebeur dat Alma begin het om die woord van aGod te bverkondig aan die volk, eers in die land Zarahemla, en daarvandaan dwarsdeur die hele land.

2 En dit is die woorde wat hy gespreek het met die volk in die kerk wat gevestig was in die stad Zarahemla, volgens sy eie kroniek, wat sê:

3 Ek, Alma, wat ageordineer is deur my vader Alma, om ’n bhoëpriester te wees oor die kerk van God, omdat hy mag en cgesag gehad het van God om hierdie dinge te doen, kyk, ek sê vir julle dat hy begin het om ’n kerk te vestig in die dland wat binne die grense was van Nefi; ja, die land wat die land Mormon genoem is; ja, en hy het sy broers gedoop in die waters van Mormon.

4 En kyk, ek sê vir julle, hulle is averlos uit die hande van die volk van koning Noag, deur die barmhartigheid en krag van God.

5 En kyk, daarna is hulle in aslawerny gebring deur die hande van die Lamaniete in die wildernis; ja, ek sê vir julle, hulle was in bslawerny, en weer het die Here hulle uit slawerny verlos deur die krag van sy woord; en ons is in hierdie land ingebring, en hier het ons begin om die kerk van God te vestig, dwarsdeur hierdie land.

6 En nou kyk, ek sê vir julle, my broers, julle wat aan hierdie kerk behoort, het julle die gevangenskap van julle vaders voldoende in herinnering gehou? Ja, en het julle voldoende in herinnering gehou sy barmhartigheid en lankmoedigheid teenoor hulle? En weer eens, het julle voldoende in herinnering gehou dat Hy hulle siele verlos het van die hel?

7 Kyk, Hy het hulle harte verander; ja, Hy het hulle gewek uit ’n diepe slaap, en hulle het ontwaak tot God. Kyk, hulle was in die midde van die duisternis; nogtans, hulle siele was verlig deur die lig van die ewigdurende woord; ja, hulle is omknel deur die abande van die dood, en die bkettings van die hel, en ’n ewigdurende verderf het gewag op hulle.

8 En nou vra ek vir julle, my broers, is hulle vernietig? Kyk, ek sê vir julle, Nee, hulle is nie.

9 En weer vra ek, is die bande van die dood verbreek, en die kettings van die hel wat hulle omring het, is hulle losgemaak? Ek sê vir julle, Ja, hulle is losgemaak, en hulle siele het geswel, en hulle het verlossende liefde gesing. En ek sê vir julle dat hulle gered is.

10 En nou vra ek vir julle op watter voorwaardes is hulle averlos? Ja, watter gronde het hulle gehad om te hoop op heil? Wat is die rede dat hulle losgemaak is van die bande van die dood, ja, en ook die kettings van die hel?

11 Kyk, ek kan julle sê—het my vader Alma nie geglo in die woorde wat deur die mond van aAbinadi gespreek is nie? En was hy nie ’n heilige profeet nie? Het hy nie die woorde van God gespreek nie, en my vader Alma hulle nie geglo nie?

12 En volgens sy geloof is daar ’n diepgaande averandering in sy hart teweeggebring. Kyk, ek sê vir julle dat dit alles waar is.

13 En kyk, hy het die woord aan julle vaders agepreek, en ’n diepgaande verandering is ook in hulle harte teweeggebring, en hulle het hulself verootmoedig en hulle bvertroue gestel in die ware en clewende God. En kyk, hulle was getrou tot die deinde; daarom is hulle gered.

14 En nou kyk, ek vra vir julle, my broers van die kerk, is julle geestelik uit God agebore? Het julle sy beeld ontvang op julle aangesigte? Het julle hierdie geweldige bverandering ondervind in julle harte?

15 Beoefen julle geloof in die verlossing van Hom wat julle ageskape het? Kyk julle vorentoe met ’n oog van geloof, en beskou hierdie sterflike liggaam wat in onsterflikheid bopgewek word, en hierdie verganklikheid wat in onverganklikheid opgewek word, om te staan voor God om cgeoordeel te word volgens die dade wat gepleeg is in die sterflike liggaam?

16 Ek sê vir julle, kan julle jul verbeel dat julle die stem van die Here hoor, wat vir julle op daardie dag sê: Kom na My toe julle ageseëndes, want kyk, julle werke was die werke van regverdigheid op die aangesig van die aarde?

17 Of verbeel julle vir julleself dat julle vir die Here kan lieg op daardie dag, en a—Here, ons werke was regverdige werke op die aangesig van die aarde—en dat Hy julle sal red?

18 Of anders, kan julle julself verbeel hoe julle voor die regterstoel van God gebring word met julle siele gevul met skuld en berou, terwyl julle al julle skuld in aherinnering hou, ja, ’n volkome herinnering het van al julle boosheid, ja, ’n herinnering dat julle die gebooie van God verontagsaam het?

19 Ek sê vir julle, kan julle op daardie dag opkyk na God met ’n suiwer hart en rein hande? Ek sê vir julle, kan julle opkyk, met die abeeld van God gegraveer op julle aangesigte?

20 Ek sê vir julle, kan julle dink om gered te word as julle julself oorgegee het om aonderdane te word van die duiwel?

21 Ek sê vir julle, julle sal op daardie dag weet dat julle nie agered kan word nie; want daar kan geen mens gered word behalwe as sy bkleding wit gewas is nie; ja, sy kleding moet cgereinig word totdat dit gesuiwer is van alle vlekke, deur die bloed van Hom van wie dit gespreek is deur ons vaders, wat sal kom om sy volk van hulle sondes te verlos.

22 En nou vra ek vir julle, my broers, hoe sal enigeen van julle voel, as julle voor die regbank van God sal staan, met julle kleding bevlek met abloed en alle soorte bvieslikheid? Kyk, wat sal hierdie dinge getuig teen julle?

23 Kyk, sal hulle nie agetuig dat julle moordenaars is, ja, en ook dat julle skuldig is aan allerlei booshede nie?

24 Kyk, my broers, veronderstel julle dat so een ’n plek kan hê om te gaan sit in die koninkryk van God, met aAbraham, met Isak, en met Jakob, en ook al die heilige profete, wie se kleding gereinig is, en vlekkeloos, suiwer en wit is?

25 Ek sê vir julle, Nee; tensy julle ons Skepper ’n leuenaar van die begin af maak, of veronderstel dat Hy ’n leuenaar is van die begin af, julle kan nie veronderstel dat sulkes plek kan hê in die koninkryk van die hemel nie; maar hulle sal uitgewerp word, want hulle is die akinders van die koninkryk van die duiwel.

26 En nou kyk, ek sê vir julle, my broers, as julle ’n averandering van hart ondergaan het, en as julle gevoel het om die blied te sing van verlossende liefde, sal ek vra, ckan julle nou so voel?

27 Het julle gewandel, en julself aonberispelik voor God gehou? Kon julle sê, as julle geroep sou word om te sterwe in hierdie tyd, in julleself, dat julle voldoende bnederig was? Dat julle kleding gereinig is en wit gemaak is deur die bloed van Christus, wat sal kom om sy volk te cverlos van hulle sondes?

28 Kyk, is julle gestroop van ahoogmoed? Ek sê vir julle, as julle nie is nie, is julle nie voorberei om God te ontmoet nie. Kyk, julle moet gou voorberei; want die koninkryk van die hemel is spoedig op hande, en so een het nie die ewige lewe nie.

29 Kyk, ek sê, is daar een onder julle wat nie gestroop is van aafguns nie? Ek sê vir julle dat so een nie voorbereid is nie; en ek wil hê dat hy gou moet voorberei, want die uur is dig op hande, en hy weet nie wanneer die tyd sal kom nie; want so een word nie skuldeloos bevind nie.

30 En verder sê ek aan julle, is daar een onder julle wat sy broer abespot, of wat vervolginge ophoop op hom?

31 Wee so een, want hy is nie voorbereid nie, en die tyd is op hande dat hy moet bekeer, of hy kan nie gered word nie!

32 Ja, en wel, wee al julle awerkers van ongeregtigheid; bekeer, bekeer, want die Here God het dit gespreek!

33 Kyk, Hy stuur ’n uitnodiging aan aalle mense, want die barms van barmhartigheid word na hulle uitgestrek, en Hy sê: Bekeer, en Ek sal julle ontvang.

34 Ja, Hy sê: aKom na my, en julle sal eet van die bvrugte van die boom van die lewe; ja, julle sal cvryelik eet en drink van die dbrood en die waters van die lewe.

35 Ja, kom na my en bring voort werke van regverdigheid, en julle sal nie afgekap en in die vuur gewerp word nie—

36 Want kyk, die tyd is op hande dat wie ook al nie goeie vrugte avoortbring nie, of wie ook al nie die werke van regverdigheid doen nie, het rede om te ween en te treur.

37 O julle werkers van ongeregtigheid; julle wat opgeblase is met die aydele dinge van die wêreld, julle wat voorgegee het om die weë van regverdigheid te ken, nogtans bafgedwaal het, soos cskape wat nie ’n herder het nie, alhoewel ’n herder agter julle daangeroep het, en steeds agter julle aanroep, maar julle wil nie eag slaan op sy stem nie!

38 Kyk, ek sê vir julle, dat die goeie aherder julle tog roep; ja, en in sy eie Naam roep Hy julle, wat die Naam van Christus is; en as julle nie bsal ag slaan op die stem van die cgoeie herder nie, na die dnaam waarby julle geroep word nie, kyk, julle is nie die skape van die goeie herder nie.

39 En nou as julle nie die skape van die goeie herder is nie, van watter akudde is julle? Kyk, ek sê vir julle, dat die bduiwel julle herder is, en julle is van sy kudde; en nou, wie kan dit ontken? Kyk, ek sê vir julle, wie ook al dit ontken, is ’n cleuenaar en ’n dkind van die duiwel.

40 Want ek sê vir julle dat wat ook al agoed is, kom van God, en wat ook al boos is, kom van die duiwel.

41 Daarom, as ’n man agoeie werke voortbring, slaan hy ag op die stem van die goeie herder, en hy volg Hom; maar wie ook al bose werke voortbring, word ’n bkind van die duiwel, want hy slaan ag op sy stem, en volg hom.

42 En wie ook al dit doen, moet sy aloon van hom ontvang; daarom, as sy bloon ontvang hy die cdood, wat betref die dinge van regverdigheid, aangesien hy dood is vir alle goeie werke.

43 En nou, my broers, ek wil hê dat julle my moet hoor, want ek spreek uit die krag van my siel; want kyk, ek het duidelik met julle gespreek sodat julle nie kan misverstaan nie, of gespreek volgens die gebooie van God.

44 Want ek is geroepe om op hierdie wyse te spreek, volgens die aheilige orde van God, wat in Christus Jesus is; ja, ek word beveel om te staan en te getuig aan hierdie volk die dinge wat gespreek is deur ons vaders, aangaande die dinge wat moet kom.

45 En dit is nie al nie. Veronderstel julle nie dat ek ook self hierdie dinge aweet nie? Kyk, ek getuig aan julle dat ek wel weet dat hierdie dinge waarvan ek gespreek het, waar is. En hoe veronderstel julle dat ek weet van hulle sekerheid?

46 Kyk, ek sê vir julle dat hulle abekend gemaak word aan my deur die Heilige Gees van God. Kyk, ek het baie dae bgevas en gebid dat ek hierdie dinge vir myself mag weet. En nou weet ek vir myself dat hulle waar is; want die Here God het hulle bekend gemaak aan my deur sy Heilige Gees; en dit is die gees van copenbaring wat in my is.

47 En daarby sê ek aan julle, dat dit aldus aan my geopenbaar is, dat die woorde wat deur ons vaders gespreek is, waar is, net so volgens die gees van profesie wat in my is, wat ook deur die openbaring van die Gees van God is.

48 Ek sê vir julle dat ek vir myself weet, dat wat ek ook al aan julle sal sê, aangaande dit wat moet kom, waar is; en ek sê vir julle, dat ek weet dat Jesus Christus sal kom, ja, die Seun, die Eniggeborene van die Vader, vol genade, en barmhartigheid, en waarheid. En kyk, dit is Hy wat kom om die sondes van die wêreld weg te neem, ja, die sondes van elke mens wat standvastig glo in sy Naam.

49 En nou sê ek aan julle dat dit die aorde is waarvolgens ek geroep is, ja, om te preek vir my geliefde broers, ja, en elkeen wat woon in die land; ja, om vir almal te preek, beide oud en jonk, beide gebonde en vry; ja, ek sê vir julle die oues, en ook die middeljariges, en die opkomende geslag; ja, om tot hulle te roep dat hulle hul moet bekeer en bwedergebore word.

50 Ja, so sê die Gees: Bekeer, al julle eindes van die aarde, want die koninkryk van die hemel is spoedig op hande; ja, die Seun van God kom in sy aheerlikheid, in sy mag, majesteit, krag en heerskappy. Ja, my geliefde broers, ek sê vir julle, dat die Gees sê: Aanskou die heerlikheid van die bKoning van die hele aarde; en ook die Koning van die hemel sal binnekort sy lig laat skyn onder al die kinders van mense.

51 En ook sê die Gees aan my, ja, roep tot my met ’n magtige stem, en sê: Gaan uit en sê vir hierdie volk—Bekeer, want tensy julle bekeer, kan julle geensins die koninkryk van die ahemel beërwe nie.

52 En verder sê ek aan julle, die Gees sê: Kyk, die abyl word aan die wortel van die boom gelê; daarom sal elke boom wat nie goeie vrugte voortbring nie, bafgekap en in die vuur gewerp word, ja, ’n vuur wat nie verteer kan word nie, en wel ’n onblusbare vuur. Kyk, en onthou, die Heilige Een het dit gespreek.

53 En nou, my geliefde broers, ek sê vir julle, kan julle hierdie woorde weerstaan; ja, kan julle hierdie dinge tersyde lê, en die Heilige Een avertrap onder julle voete; ja, kan julle opgeblase wees in die bhoogmoed van julle harte; ja, sal julle nog aanhou met die dra van ckosbare kleding, en julle harte rig op die ydele dinge van die wêreld, op julle drykdom?

54 Ja, sal julle aanhou om te veronderstel dat julle beter is, die een as die ander; ja, sal julle aanhou met die vervolging van julle broers, wat hulself verootmoedig en wandel volgens die heilige orde van God, waardeur hulle ingebring is in hierdie kerk, en hulle is ageheilig deur die Heilige Gees, en hulle bring vrugte voort wat pas by bekering—

55 Ja, en sal julle aanhou om julle rûe te keer op die aarmes, en die behoeftiges, en om julle besittings terug te hou van hulle?

56 En eindelik, julle almal wat sal aanhou met julle boosheid, ek sê vir julle dat dit hulle is wat afgekap en in die vuur gewerp sal word tensy hulle spoedig bekeer.

57 En nou sê ek aan julle, julle almal wat begerig is om die stem van die agoeie herder te volg, kom julle uit onder die bose, en bsonder julle af, en raak nie hulle onreine dinge aan nie; en kyk, hulle name sal cuitgewis word, dat die name van die bose nie gereken sal word onder die name van die regverdiges nie, sodat die woord van God vervul mag word, wat sê: Die name van die bose sal nie gereken word met die name van my volk nie;

58 Want die name van die regverdiges sal geskrywe word in die aboek van die lewe, en aan hulle sal Ek ’n erfenis gee aan my regterhand. En nou, my broers, wat het julle hierteen te sê? Ek sê vir julle, as julle daarteen spreek, maak dit nie saak nie, want die woord van God moet vervul word.

59 Want watter herder is daar onder julle wat baie skape het, en hy waak nie oor hulle, sodat die wolwe nie binnekom en sy kudde verslind nie? En kyk, as ’n wolf onder sy kudde binnekom, jaag hy hom nie uit nie? Ja, en eindelik as hy kan, sal hy hom vernietig.

60 En nou sê ek aan julle, dat die goeie herder julle aanroep; en as julle sal ag slaan op sy stem, sal Hy julle inbring in sy kudde, en julle is sy skape; en Hy gebied julle dat julle geen bloeddorstige wolf toelaat om onder julle in te kom nie, sodat julle nie vernietig mag word nie.

61 En nou ek, Alma, beveel julle in die taal van aHom wat my gebied het, dat julle sorg om die woorde te onderhou wat ek met julle gespreek het.

62 Ek spreek by wyse van bevel met julle wat aan die kerk behoort; en met diegene wat nie behoort aan die kerk nie, spreek ek by wyse van uitnodiging, en sê: Kom en word gedoop tot bekering, sodat julle ook deelgenote mag wees van die vrug van die aboom van die lewe.