Skrifture
3 Nefi 15


Hoofstuk 15

Jesus kondig aan dat die wet van Moses in Hom vervul is—Die Nefiete is die ander skape van wie Hy gespreek het in Jerusalem—Vanweë ongeregtigheid weet die Here se volk in Jerusalem nie van die verstrooide skape van Israel nie. Ongeveer 34 n.C.

1 En nou het dit gebeur dat toe Jesus hierdie woorde beëindig het, het Hy rondomheen gekyk oor die skare, en aan hulle gesê: Kyk, julle het die dinge gehoor wat Ek geleer het voordat Ek opgevaar het na my Vader; daarom, wie ook al hierdie woorde van my onthou en hulle adoen, hom sal Ek bopwek op die laaste dag.

2 En dit het gebeur dat toe Jesus hierdie woorde gesê het, het Hy opgemerk dat daar sommiges onder hulle was wat verwonderd was, en gewonder het wat Hy wou aangaande die awet van Moses; want hulle het nie die gesegde verstaan dat ou dinge verbygegaan het, en dat alle dinge nuut geword het nie.

3 En Hy het aan hulle gesê: Verwonder julle nie dat Ek aan julle gesê het dat ou dinge verbygegaan het, en dat alle dinge nuut geword het nie.

4 Kyk, Ek sê vir julle dat die awet vervul is wat aan Moses gegee is.

5 Kyk, Ek is Hy wat die wet gegee het, en aEk is Hy wat die verbond gesluit het met my volk Israel; daarom, die wet is in My vervul, want Ek het gekom om die wet te bvervul; daarom het dit ’n einde.

6 Kyk, Ek avernietig nie die profete nie, want soveel as wat nie in My vervul is nie, voorwaar Ek sê vir julle, sal alles vervul word.

7 En omdat Ek aan julle gesê het dat ou dinge verbygegaan het, vernietig Ek nie dit wat gespreek is aangaande dinge wat moet kom nie.

8 Want kyk, die averbond wat Ek met my volk gesluit het is nie alles vervul nie; maar die wet wat gegee is aan Moses, het ’n einde in My.

9 Kyk, Ek is die awet, en die blig. Vertrou op My, en volhard tot die einde, en julle sal clewe; want aan hom wat dvolhard tot die einde sal Ek die ewige lewe gee.

10 Kyk, Ek het aan julle die agebooie gegee; daarom, onderhou my gebooie. En dit is die wet en die profete, want hulle het waarlik bgetuig van My.

11 En nou het dit gebeur dat toe Jesus hierdie woorde gespreek het, het Hy vir daardie twaalf wat Hy gekies het gesê:

12 Julle is my dissipels; en julle is ’n lig vir hierdie volk, wat ’n oorblyfsel is van die huis van aJosef.

13 En kyk, dit is die aland van julle erfenis; en die Vader het dit aan julle gegee.

14 En nooit te eniger tyd het die Vader my ’n bevel gegee dat Ek dit aan julle broers by Jerusalem moet avertel nie.

15 Nóg te eniger tyd het die Vader My bevel gegee dat Ek aan hulle moet vertel aangaande die aander stamme van die huis van Israel, wat die Vader weggelei het uit die land nie.

16 Dit het die Vader My gebied, dat ek aan hulle moet sê:

17 Dat Ek ander skape het wat nie van hierdie kudde is nie; hulle ook moet Ek bring, en hulle sal my stem hoor; en daar sal een kudde wees, en een aHerder.

18 En nou, vanweë hardnekkigheid en ongeloof het hulle my woord nie averstaan nie; daarom is Ek gebied om niks meer aangaande hierdie dinge van die Vader aan hulle te sê nie.

19 Maar, voorwaar, Ek sê vir julle, dat die Vader My gebied het, en Ek vertel dit aan julle, dat julle afgeskei is vanuit hulle midde vanweë hulle ongeregtigheid; daarom is dit vanweë hulle ongeregtigheid dat hulle nie weet van julle nie.

20 En voorwaar, Ek sê weer aan julle dat die Vader die ander stamme afgeskei het van hulle; en dit is vanweë hulle ongeregtigheid dat hulle nie van hulle weet nie.

21 En voorwaar Ek sê vir julle, dat julle hulle is van wie Ek gesê het: aAnder skape het Ek wat nie van hierdie kudde is nie; hulle ook moet Ek bring, en hulle sal my stem hoor; en daar sal een kudde wees, en een Herder.

22 En hulle het My nie verstaan nie, want hulle het veronderstel dat dit die anie-Jode was; want hulle het nie verstaan dat die nie-Jode bbekeer sou word deur hulle prediking nie.

23 En hulle het My nie verstaan toe Ek gesê het dat hulle my stem sal hoor nie; en hulle het My nie verstaan dat die anie-Jode nooit te eniger tyd my stem sou hoor nie—dat Ek My nie sou openbaar aan hulle, tensy dit deur die bHeilige Gees was nie.

24 Maar kyk, julle het beide amy stem gehoor, en My gesien; en julle is my skape, en julle word gereken onder diegene wat die Vader My bgegee het.