2019
Maak Bediening Vreugdevol
April 2019


Beeld
ministering

Beginsels van Bediening, April 2019

Maak Bediening Vreugdevol

Deur met liefde te dien, bring vreugde vir beide die gewer en die ontvanger.

Soms voel ons soeke na geluk in hierdie lewe asof ons op ʼn trapmeul hardloop. Ons hardloop en hardloop en voel nog steeds of ons nêrens kom nie. Vir sommiges voel die gedagte om ander te dien eenvoudig soos nóg meer om te doen.

Maar ons Hemelse Vader wil hê ons moet vreugde ervaar en het vir ons gesê “mense is sodat hulle vreugde mag hê” (2 Nefi 2:25). En die Saligmaker het geleer dat om ander te dien ʼn noodsaaklike deel is van hoe ons vreugde in ons lewens en dié van ander bring.

Wat is Vreugde?

Vreugde word gedefinieer as “ʼn gevoel van groot plesier en geluk.”1 Laaste Dae-profete het verduidelik waar vreugde vandaan kom en hoe dit gevind word. “Die vreugde wat ons voel het min te make met ons lewensomstandighede en alles te make met die fokus van ons lewens,” het President Russell M. Nelson gesê. “… Vreugde kom van en as gevolg van [Jesus Christus]. Hy is die oorsprong van alle vreugde.”2

Bediening bring Vreugde

Toe Lehi van die vrug van die boom van die lewe geëet het, was sy siel vervul “met uitnemende groot blydskap” (1 Nefi 8:12). Sy eerste begeerte was om hierdie vrug te deel met diegene wat hy liefgehad het.

Ons gewilligheid om ander te dien kan hierdie tipe vreugde vir ons en vir hulle bring. Die Saligmaker het sy dissipels geleer dat die vrugte wat ons voortbring wanneer ons aan Hom verbind is, help om ons ʼn volheid van vreugde te bring (sien Johannes 15:1–11). Deur sy werk te doen deur te dien en te soek om ander na Hom te bring kan ʼn vreugdevolle ervaring wees (sien Lukas 15:7; Alma 29:9; Leer en Verbonde 18:16; 50:22). Ons kan hierdie vreugde ervaar selfs in die geval van teenstand en lyding (sien 2 Korinthiërs 7:4; Kolossense 1:11).

Die Saligmaker het ons die volmaakte voorbeeld getoon dat een van die grootste bronne van ware vreugde in die sterflike lewe gevind word deur diens. Wanneer ons ons broers en susters soos die Saligmaker dien, met naasteliefde en liefde in ons harte, kan ons vreugde ervaar wat meer is as net blote geluk.

“As ons [bediening] met gewillige harte aanvaar, sal ons … nader daaraan kom om ʼn Sion-volk te word en sal ons ongeëwenaarde vreugde voel saam met diegene wat ons op die pad van dissipelskap gehelp het,” het Suster Jean B. Bingham, Verligtingsverening Algemene President, geleer.3

Hoe kan ons Bediening meer Vreugdevol Maak?

Daar is baie maniere waarop ons groter vreugde in ons bediening kan bring. Hier is ʼn paar idees:

  1. Verstaan jou doel in bediening. Daar is baie redes om te dien. Uiteindelik moet ons pogings meewerk om God se doelstellings om “die ewige lewe van die mens teweeg te bring” (Moses 1:39). As ons President Russell M. Nelson se uitnodiging om ander langs die verbondspad te help, kan ons vreugde vind deur deel te neem aan God se werk.4 (Vir meer inligting omtrent die doel van bediening, sien “Bedieningsbeginsels: Die Doel wat Ons Bediening Sal Verander,” in die Januarie 2018 Liahona.)

  2. Bediening het te make met mense en nie take nie. President Thomas S. Monson het ons dikwels herinner: “Moet nooit dat ʼn probleem wat opgelos moet word meer belangrik word as om ʼn persoon lief te hê nie.”5 Bediening het te make met liefde vir mense, nie met dinge wat gedoen moet word nie. Namate ons liefhet soos die Saligmaker gedoen het, sal ons meer ontvanklik wees vir die vreugde wat ons ervaar wanneer ons andere dien.

  3. Maak bediening eenvoudig. Ouderling M. Russell Ballard, Waarnemende President van die Kworum van die Twaalf Apostels, het vir ons gesê: “Groot dinge word teweeggebring deur eenvoudige en klein dingetjies. … Ons klein en eenvoudige handelings van liefde en diens sal ophoop in ʼn lewe gevul met liefde vir ons Hemelse Vader, toewyding tot die werk van die Here Jesus Christus en ‘n gewaarwording van vrede en vreugde elke keer wat ons uitreik na mekaar.”6

  4. Neem die stres uit bediening. Dit is nie jou verantwoordelikheid om iemand se heil te bewerkstellig nie. Dit is tussen die individu en die Here. Ons verantwoordelikheid is om hulle lief te hê en hulle te help om na Jesus Christus, wat hulle Saligmaker is, terug te keer.

Moenie die Vreugde van Diens Uitstel nie

Soms is mense huiwerig om te vra om die nodige hulp, dus deur ons diens aan te bied kan dalk net wees wat hulle nodig het. Maar om ons op te dring aan mense is ook nie die antwoord nie. Om toestemming te vra voor jy bedien, is ʼn goeie idee.

Ouderling Dieter F. Uchtdorf van die Kworum van die Twaalf Apostels het vertel van ʼn enkel-moeder wat waterpokkies gekry het—en toe het haar kinders ook siek geword. Die huis wat gewoonlik silwerskoon was, het deurmekaar en vuil geword. Skottelgoed en wasgoed het opgehoop.

In ʼn oomblik toe sy totaal oorweldig gevoel het, het Verligtingsvereniging-susters aan haar deur geklop. Hulle het nie gesê: “Laat weet ons as ons kan help” nie. Toe hulle die situasie sien, het hulle aan die werk gespring.

“Hulle het die chaos opgeruim, lig en orde in die huis gebring, en ʼn vriend gevra om broodnodige kruideniersware te bring. Toe hulle uiteindelik hulle werk voltooi het en gegroet het, het hulle daardie jong moeder in trane gelaat—trane van dankbaarheid en liefde.”7

Beide die gewers en die ontvanger het die warmte van vreugde gevoel.

Kweek Vreugde in Jou Lewe

Hoe meer vreugde, vrede en tevredenheid ons in ons lewens kan kweek, hoe meer sal ons in staat wees om met ander te deel wanneer ons dien. Vreugde kom deur die Heilige Gees (sien Galásiërs 5:22 en Leer en Verbonde 11:13). Dit is iets waarvoor ons kan bid (sien Leer en Verbonde 136:29) en in ons lewens innooi. Hier is ʼn paar idees om vreugde in ons eie lewens te kweek:

  1. Tel jou seëninge. Terwyl jy jou lewe ondersoek, skryf die dinge waarmee God jou geseën het, in jou joernaal.8 Neem kennis van al die goeie dinge om jou.9 Gee aandag aan dít wat jou verhinder om vreudge te voel en skryf maniere neer om hulle op te los of beter te verstaan. Gedurende hierdie Paasseisoen, spandeer tyd om vir ʼn sterker verbintenis met die Saligmaker te soek (sien Leer en Verbonde 101:36).

  2. Beoefen bewustheid. Jy kan vreugde makliker ervaar in oomblikke van stille bepeinsing.10 Luister aandagtig na wat vir jou vreugde bring (sien 1 Kronieke 16:15). Tyd weg van media kan soms nodig wees om bewustheid te beoefen.11

  3. Probeer om nie jouself te vergelyk nie. Daar is gesê dat vergelyking die dief van vreugde is. Paulus het gewaarsku dat diegene “wat hulle met hulself meet en met hulself vergelyk, onverstandig [is]” (2 Korinthiërs 10:12).

  4. Soek persoonlike openbaring. Die Saligmaker het geleer: “As jy sal vra, sal jy openbaring op openbaring ontvang, kennis op kennis, sodat jy die verborgenhede en vredige dinge mag weet—dit wat vreugde bring, dit wat die ewige lewe bring” (Leer en Verbonde 42:61).

Uitnodiging om te Handel

Hoe kan jy die vreugde wat jy in jou lewe ervaar deur bediening vermeerder?

Notas

  1. “Joy,” en.oxforddictionaries.com

  2. Russell M. Nelson, “Joy and Spiritual Survival,” Liahona, Nov. 2016, 82.

  3. Jean B. Bingham, “Ministering as the Savior Does,” Liahona, Mei 2018, 107.

  4. Sien Russell M. Nelson, “As We Go Forward Together,” Liahona, Apr. 2018, 4–7.

  5. Thomas S. Monson, “Finding Joy in the Journey,” Liahona, Nov. 2008, 86.

  6. M. Russell Ballard, “Finding Joy through Loving Service,” Liahona, Mei 2011, 49.

  7. Sien Dieter F. Uchtdorf, “Living the Gospel Joyful,” Liahona, Nov. 2014, 120–123.

  8. Sien Henry B. Eyring, “O Remember, Remember,” Liahona, Nov. 2007, 67.

  9. Sien Jean B. Bingham, “That Your Joy Might Be Full,” Liahona, Nov. 2017, 87.

  10. Sien Dieter F. Uchtdorf, “Of Things That Matter Most,” Liahona, Nov. 2010, 21.

  11. Sien Gary E. Stevenson, “Spiritual Eclipse,” Liahona, Nov. 2017, 46.