2013
Kan ek ʼn Boek van Mormon Deel?
Desember 2013


Jeug

Kan ek ʼn Boek van Mormon Deel?

Die skrywer woon in Wasington, VSA

Gedurende die eerste jaar van hoërskool, het my seminarie onderwyser my klas uitgenooi om afskrifte van die Boek Van Mormon aan nielede vriende te gee. Alhoewel ek ongelooflik sku was, het ek die uinodiging aanvaar.

Dit het my ʼn paar dae geneem om die moed op te bou,maar ek het uiteindelik die boek gedurende middaguur aan my vriend Britny gegee en ʼn kort getuienis gelewer. Britny het my bedank vir die boek.

Aan die einde van daardie skool jaar het Britny verhuis, maar ons het kontak behou. Sy het my van haar nuwe skool vertel en hoe byna al haar vriende lede van die Kerk was, maar sy het nooit oor enige iets geestelik met my gepraat nie.

Dit het verander voor ek op my sending vertrek het. Ek het ʼn boodskap van Britny ontvang wat gesê het dat sy groot nuus het vir my: Sy gaan gedoop word,en sy wou my bedank vir my vriendskap en vir die goeie voorbeeld wat ek was.

God het ʼn skaam 15-jarige seun gevat met geen sending ondervinding nie en hom gely om die evangelie te deel met iemand wie Hy geweet het dit sou aanvaar. Ek weet dat as ons luister na die Heilige Gees, ons almal mense rondom ons kan vind wat wag om te leer oor die gerestoureerde evangelie. Ek weet dat al bring ons net een persoon na die Here, “hoe groot [ons] vreugde saam met hom [of haar] in die koningkryk van [ons] Vader sal wees!” (L&V 18:15).