Vriend
Jesaja die Profeet
Desember 2026


“Jesaja die Profeet,” Vriend, Des. 2026, 46–47.

Maandelikse Vriend-boodskap, Desember 2026

Jesaja die Profeet

Illustrasie van Jesaja wat die Here in ʼn visioen sien

Een dag in die tempel, het die Here Jesaja geroep om ʼn profeet te wees. Jesaja het die mense liefgehad en hulle geleer oor die koms van Jesus Christus.

Illustrasie van Jesaja wat profeteer oor die geboorte van Jesus Christus

Jesaja het geleer dat Jesus Christus eendag sou kom om sy volk van sonde te red. Maar nie almal sou Hom as hulle Saligmaker erken nie. Jesaja was bedroef omdat hy geweet het dat baie mense nie in Jesus sou glo nie.

Illustrasie van Jesaja wat skryf oor die Tweede Koms van Jesus Christus

Jesaja het ook van die Tweede Koms van Jesus Christus geprofeteer. Eendag sou Hy terugkeer en die Koning van die hele aarde wees. Hy sou sy Vader se plan vervul deur goedheid en vrede vir ewig te bring. Jesaja het gesê almal sou weet dat Jesus Christus hulle Saligmaker is.

Inkleurbladsy

Jesus Christus Is in Betlehem Gebore

Inkleurbladsy PDF van Josef wat ʼn donkie lei met Maria wat daarop ry

Illustrasies deur Audrey Day. Mag slegs vir Kerkgebruik gekopieer word.

Hoe vier jy die Saligmaker se geboorte?