“Veilig in die Vuur,” Vriend, Okt. 2026, 46–48.
Maandelikse Vriend-boodskap, Oktober 2026
Veilig in die Vuur
Koning Nebukadnésar het ʼn reuse goue standbeeld gebou en sy volk gedwing om dit te aanbid. As hulle geweier het, sou hulle in ʼn vuuroond geplaas word.
Sadrag, Mesag en Abednégo het God liefgehad en wou nie die koning se valse god aanbid nie.
Die drie vriende het vir die koning gesê dat hulle slegs God sou aanbid. Hulle het geglo dat God hulle kon beskerm. Maar selfs al het Hy hulle nie gered nie, sou hulle opstaan vir dit wat hulle geglo het.
Die koning was kwaad. Hy het die vriende in die vuuroond laat gooi. Maar toe die koning in die vuuroond kyk, was hy verbaas om ʼn hemelse wese in die vuur te sien saam met die drie manne.
Die koning het na Sadrag, Mesag en Abednégo geroep, en hulle het uit die oond geloop. Die vuur het hulle nie beseer of selfs hul klere verbrand nie.
Sadrag, Mesag en Abednégo het God se gebooie gehoorsaam, selfs toe hulle lewens in gevaar was. Hulle voorbeeld het die koning gehelp om in God te glo.
Inkleurbladsy
Profete Word Geroep om die Woorde van die Here te Spreek
Illustrasies deur Audrey Day. Mag slegs vir Kerkgebruik gekopieer word.
Hoe volg jy die profeet?
© 2026 by Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, October 2026. Afrikaans. 20061 501