“Rut en Naómi,” Vriend, Sept. 2026, 46–48.
Maandelikse Vriend-boodskap, September 2026
Rut en Naómi
Naómi se familie het in Juda gewoon. As gevolg van ʼn hongersnood het hulle nie genoeg kos gehad nie, dus het hulle na Moab getrek.
In Moab het Naómi se man gesterf en haar seuns het met vroue genaamd Orpa en Rut getrou. Hulle het vir 10 jaar vir Naómi gesorg. Maar toe het Orpa en Rut se mans gesterf. Nou was die vroue alleen.
Orpa het teruggekeer huis toe. Maar Rut wou bly en vir Naómi sorg. Rut en Naómi het gehoor dat die land Juda weer oeste gehad het en hulle het daarheen gereis.
Hulle het gedurende die oestyd daar aangekom. Naómi se bloedverwant Boas het landerye besit. Hy het Rut die oorskietgraan laat neem vir voedsel. Dit was harde werk.
Boas het Rut gerespekteer omdat sy hard gewerk het en lojaal was aan Naómi en die Here.
Rut het Boas gevra om met haar te trou. Boas het geweet dat Rut ʼn lojale en deugsaame vrou was. Hy het ingestem.
Rut en Boas is getroud en het ʼn babaseuntjie gehad. Baie jare later is Jesus Christus in hierdie familielyn gebore.
Inkleurbladsy
As gevolg van Jesus Christus, Kan Ek Bekeer en Skoon Wees
Illustrasies deur Audrey Day. Mag slegs vir Kerkgebruik gekopieer word.
Wat help jou onthou om goeie keuses te maak?
© 2026 by Intellectual Reserve, Inc. All rights reserved. Gedruk in die VSA. Engelse goedkeuring: 6/19. Vertalingsgoedkeuring: 6/19. Vertaling van Monthly Friend Message, September 2026. Afrikaans. 20073 501